Dag een terug in Kaapstad, of sal ek se die beskawing, dis lekker om terug te wees. Hard gewerk vandag na ‘n dag wat alreeds vanoggend 04h00 begin het, eerste kos stoppie in die Kaap was weer by Snoekies, reg geraai, snoek en slaai was op die spyskaart vir aandete.
Ek staan weer in verwondering oor die prag van die mooiste Kaap en wonder vir hoe lank ek dit gaan kan weerstaan voor ek maar besluit om op te pak en boots en all hier te kom bly….
Dis net die Kapenaars bestuur regtig gevaarlik, genuine en ek dink hulle moet almal kom vir bestuurslesse. Dag een van stemtoetse was maar soos dit gewoonlik maar met oudisies gaan, baie belofte maar weinig ware talent!
Vrydag is ek miskien terug in Gauteng alhoewel ek sterk twyfel daaraan, dink ek moet maar ‘n naweek daarvan maak. So tussen die vars lug, reuk van die see en die blou berge van die Kaap gaan ek probeer om weer die legkaart van my lewe aanmekaar te sit en kyk of ek kan uitwerk wat met my lewe aangaan.
Tot later vanuit die mooiste Kaap!
Wimpie
Gister gaan fliek en Rebound gaan kyk…. seker die verkeerdste movie wat ek op hierdie stadium van my lewe kon gaan kyk het maar nou ja….
Ek is op die stadium waar ek dink aan die einde van die movie waar die ou en die girl bymekaar uitkom, moet hulle maar vir my laat verder skryf om te skryf hoe alles rerig eindig.
Liefde is ‘n pot snot en dit bestaan net eenvoudig nie, ek is nou meer oortuig daarvan as ooit tevore nadat my hart…. weer… vir die tweede keer in twee maande aan flarde op die vloer le. Die keer was ek “te” goed gewees…. ek het haar te goed behandel en het haar te veel op my hande gedra en dit het haar uitgefreak want haar eks het haar soos dinges behandel en sy weet nie hoe om dit te handle nie….WTF!
Okay so ek is nou amptelik deurmekaar en met hierdie skrywe kondig ek my uittrede vir ewig uit die dating game uit, aan…. ek is seker maar net ‘n idiot maar ek het geen idee waarvan vroumense praat nie, ek het ook geen idee wat hulle wil he nie en sal dit seker nooit weet nie.
Soos jy hier lees is ek genadiglik oppad Kaap toe vir die week, ten minste kan ek gaan misrabel wees op die beste plek op aarde om misrabel by te wees.
Ek kan nie anders as om af te sluit met die volgende nie:
Aan al die vroumense wat al ooit deel was van my lewe…. ek is jammer wat tussen ons gebeur het, dis vir my duidelik dat alles my skuld was aangesien ek geen idee het wat in julle koppe aangaan nie, dit blyk ook dat julle nie op die hande gedra wil word nie, net so min wil julle so min as moontlik van my sien terwyl dit ook nie reg was as julle my minder gesien het nie, ek is jammer oor alles dis gewis alles my skuld gewees….
Aan enigeen wat dalk daaraan dink om deel te word van my lewe…. vergeet dit, ek is uitgetree baie dankie, los my uit!
Wimpie
Wat is die punt daarvan om ‘n blog te he as jy nie 100% eerlik is met dit nie…. Okay so kom ons wees eerlik.
Ek sukkel, sommer baie, om oor ‘n ding te kom, daar gaan nie ‘n dag verby dat ek nie daaraan dink nie en dit maak my mal om te dink ek is nie so special as wat ek gedink het ek is nie, dit maak my mal om te dink dat iemand nie dieselfde mate van gevoellens het/gehad het, as wat ek het nie.
Ek sal NOOIT wel ek skryf dit hier so dis eintlik irrelevant wat ek se, laat deurskemer hoe ek voel nie, ek is stukkend binnekant, dit vreet my op en hierdie is my enigste manier van uiting gee aan dit wat ek voel, ek is gatvol verby!
Daar kom seker ‘n tyd in mens se lewe wanneer jy moet grootword, dit voel net vir my asof ek daai deel in my lewe geskip het, hierdie is nie normaal nie, dis nie normaal om so te voel nie en dis nie normaal om so te wees nie. Ek het net eenvoudig geen idee hoe om in ‘n verhouding op te tree nie en ek het nog minder ‘n idee hoe om dit uit te sorteer.
Ek het tyd nodig om dit uit te werk, dis net eenvoudig asof al die planete in die sonnestelsel saamspan om my en net vir my, sielsongelukkig te maak.
Wat bly oor, ek weet nie, dis die waarheid, ek weet niks meer nie, ek het nie die antwoorde op enigiets nie…. ek is helaas nie die mens wat ek gedink het ek is nie…
Daar is niks oor om te se nie. Hierdie gaan my laaste inskrywing wees vir die week wees. Nota aan myself, onthou hierdie gevoel wat jy nou voel, werk dit uit, moenie dat dit weer gebeur nie, hou jou hart joune en net joune…
W
Dit was nou ‘n ordentlike cheat naweek, ek het alles ge-eet wat ek nie moes nie so more gaan ek weer moet suffer in die gym om op te maak vir al die sondes wat ek die naweek aangevang het!
Vrydagaand ‘n lang en interessante gesprek gehad met Thys die Bosveldklong oor branding, bemarking en alles wat daarmee gepaart gaan, die ou is ‘n kranige besigheidsman wat weet waarvan hy praat en het my behoorlik verbaas. Tjaila-Tyd sien uit daarna om bietjie meer besigheid met Thys te kan doen in die nabye toekoms, maar meer daarvan later.
Saterdagaand het ek lekker gekuier by die Liedjieboer om Hennie se verjaardag saam met hom te vier. Baie geluk Hennie mens word net eek keer 50, dis erg….dink ek!
Bring my by waaroor ek eintlik wil gesels. Wanneer mens soos ek van Januarie af, ‘n groot verandering in jou lewensstyl aanbring, kom dit met sekere aanpassings wat mens moet maak, die meeste daarvan is goed, maar soos die geval is met Simply Slim wat ek sien deesdae erg in die nuus is en die polisie wat beslag gele het op ‘n besending pille.
Ek het destyds toe ek nog met die x uitgegaan het ook besluit om Simply Slim te probeer, ek het opgegee na net twee weke omdat ek massiewe hoofpyne gekry het. Bring my by die punt dat almal verskillend is met verkillende liggame, ek het gekies om te begin ernstig oefen en USN te gebruik om my te help. Nerens waarsku USN dat Phedra Cut jou kop mal maak as jy dit saam met whiskey drink nie, wel glo my dit doen!
Ek het amper van Midrand Springs toe gestap….uhm so 90km ver ja!
Anyway oppas vir dit as jy dalk besluit om te begin dieet!
Dankie aan Hansie Claassen van Hansie Slim vir die lekker kuier, ek moes eers gou verduidelik ek het hom nie op Facebook delete nie, ek het net met ‘n jaloerse girl uitgegaan wat my hele profile delete het…. maar dankie Hansie bly om te hoor jy lees nog nou en dan my blog!
MD Greyling en Hugo het ‘n awesome accoustic show gedoen en ek sal nog lank hulle weergawe van Tha Gambler onthou.
Later die week vertel ek meer van ons planne saam met Thys, bly ingeskakel! Ek vertrek die week weer Kaap toe, sal foto’s neem.
 Corine.... ja sy dra 'n nommer 6!
So almal wil weet wie is die nuwe meisie in my lewe en hoe sy lyk, wel hier is sy. Sy is die rede dat daar deesdae weer ‘n permanente glimlag op my gesig is en ja sy bring ook die HEEL BESTE in my uit! Ek het altyd gedink dis sommer nonsens dat iemand anders die beste in jou kan uitbring maar dis tog die waarheid. Ek behandel iemand soos hulle my behandel dis die bottomline…. Corine…. wel sy behandel my great en dis hoe ek met haar is. Dankie bokkie dat jy so goed is vir my en in die woorde van Heinz Winkler “Ek kan weer in liefde glo” baie dankie!
o ja dis die waarheid soos ek altyd op die radio gese het, die perfekte vroumens se lyfie pas perfek in ‘n size 6 in…. en hare doen!
Later
Wimpie
Die beste idees kom soms uit jou eie lewensondervinding.
Raymond moet begin opneem vir sy nuwe CD en is bietjie onder druk om liedjies klaar te kry. Die uiteinde is ek sleep my partner Rudi Muller bietjie nader om my te help skryf, ons het darem al immers een of twee liedjies saam geskryf oor ‘n bottel rooiwyn wat op sy vorige CD was.
Ons skryf oor dit wat maklik kom en dis ondervinding uit my lewe uit. Twee songs, die een gaan oor ‘n meisie wat ewig trou sweer aan ‘n ou, sonder om te veel weg te gee oor die song, die lierieke gaan iets soos, jy se jy sweer ewig trou, maar vir jou is ‘n ewigheid skaars twee jaar…. maak soos jou kop, laat jou voete raas, raas, raas… Die ou besef die girl gaan sy hartjie breek en hy vry haar om eerder maar haar voete te laat raas voor sy dit regkry om st kop te laat raas. Julle sal verstaan as julle die liedjie hoor dis ‘n lekker pop/rock song met slim lirieke, as julle skelmpie van sy vorige CD ken sal jy kan dink in watse styl dit is.
Die tweede song is uit meer onlangse ondervinding in my lewe en gaan oor ‘n kode wat jy vir iemand op sms kan stuur “stuur my 1-4-1, I-l-o-v-e, U en ek sal reply met ‘n 2-1, m-e-2!
Slim al moet ek dit self se… gaan twee treffers wees, Raymond begin volgende week opneem maar het al die guide track vir 1-4-1 opgeneem, ek gaan probeer dit teen vrydag op my blog laai.
So tussen die liedjies skryf deur is ek druk besig met Radio Houtstok en Tjaila-Tyd en kry skaars tyd om op myself te spandeer, dis maar hoe die lewe is.
Onthou om in te kom loer vir Raymond se nuwe song!
Wimpie
Naweke is veronderstel om luilekker en relaxing te wees. Nie in my geval nie, my brein is besig om te overdose op idees, gedagtes, werk, gym, diets, regte kos, balans handhaaf en en en en en …..
Ons is besig met Raymond Ray se nuwe CD, die dringendheid is baie groter by my as by Raymond en ek het besluit om hom te laat begaan op sy eie tyd en te kyk of ons sometime die jaar ‘n nuwe CD kan uitreik, ek sal nie geld daarop sit nie…. nee dis seker nie heeltemal so erg nie maar jy kan op beste van dae ‘n eier in my hol kook, so vir my is dit louter torture.
My broer is die afgelope naweek 17 jaar getroud, bewys dat die probleem nie 100% by my le nie, verdere bewys is dat my ma-le 45 jaar getroud was Sondag…. miskien het ek maar net die gawe gehad om die malletjies te pick, hehehe ek sal nie weet nie!
Die uiteinde van my besoek aan die dokter is dat ek moet gaan gaan vir ‘n operasie in my oog om ‘n ding wat in my oog groei uit te sny, ek gaan die afgelope naweek deur foto’s op my foon en kom op ‘n besering af van ‘n rukkie gelede aan my oog, toevallig dieselfde oog en ek wonder hoe dit alles verband hou met mekaar?…
Die mag van die media is toe nou nie so magtig as wat mense soos Steve en Joost en andere wil voorgee dit is nie… As die media so magtig is/was/wil wees, hoekom na die een onthulling na die ander is Shabier nog op vrye voet? Hoekom kan die ANC aandele he in ‘n maatskappy wat krag moet help voorsien aan Eskom, en dit na die media daarteen uitvaar, bottomline is mense het kortstondige geheues en wat jou nie persoonlik raak nie is maar net van verbygaande aard.
Ek het die naweek weer ‘n oomblik of twee gehad waar ek iemad gemis het wat dit nie werd was nie, gelukkig kom ek myself vinnig daaruit kry, ek is nie die een op die rebound nie herrinner ek myself gereeld en ek hoef nie mense se stupid vrae te antwoord nie.
Intussen is ek besig om reg te maak om weer Kaap toe te gaan, ek dink al hoe meer dis waar ek hoort, een van die dae is dit weer ek en die radio, die see en die berg!
Vandag (Sondag) is ‘n cheat dag wat die diet aanbetref, ek het my eerste week van ernstig gym agter die blad en kan reeds ‘n duidelike verskil sien aan my klere, ek kon weer lekker ou klere wat lank nie gepas het nie, uit die kas gaan grawe, die help as jou girlfriend ‘n gymfreak is wat in ‘n nommer 6 broek pas met bene van hier tot in die hemel en dan besef jy, jy moet maar aanpas, ek hou by, ek hou by, onthou net ek is nie meer 27 nie hoor!
Blessings
Wimpie
PS. Ek blog min ek weet, ek gaan die week probeer opvang!
Wel so gebeur dinge sonder dat jy dit eers agterkom en voor jy die dinges uit jou oe vee het jy ‘n probleem.
So ‘n week of wat gelede kom ek agter my linkeroog raak effens rooi en jeukerig, seker maar min slaap of iets dink ek. Verlede week se iemand vir my iets lyk snaaks aan my oog, ek gaan kyk toe en dit lyk of daar ‘n gat in my oog is by my pupil. My oog begin toe sommer dadelik jeuk en brand maar dit kan miskien seker net sielkundig wees…
‘n Doktervriend het my verwys na ‘n oogarts wat ek vandag moet gaan sien maar volgens my vriend lyk dit nie goed nie, dit raak al hoe erger, ek raak al hoe meer bekommerd…
Anyway die lewe gaan aan. Gister ‘n oomblik gehad by Tjaila-Tyd toe ons besluit om ‘n sound system aan te le en die drade deur die dak te trek tot op die stoep buite. Rudi Muller se idee…. ons kry toe iemand om in die ceiling op te klim om die drade deur te trek, min wetend dis blykbaar ‘n hangceiling, wat dit ookal beteken, reg geraai, die ou het reg deur ons plafon geval tot binne in die restaurant in, dit was nogal snaaks en op ‘n bisare manier lagwekkend.
Almal het dit oorleef sonder enige blywende skade, behalwe nou vir die plafon wat vandag herstel word.
Dit lyk my Tjaila-Tyd gaan nog ‘n ekstra tak bykry by die nuwe mall in Nigel, maar meer daaroor later.
Vir vandag het ek ‘n oog om oor bekommerd te wees.
Later
Wimpie
Dit was ‘n interessante naweek, so bietjie gister die Sondag blues gehad maar seker niks te ernstig nie. Daar is bietjie ‘n probleem met die gesondheid maar ek gaan eerder niks se voor ek nie more by die oogarts was nie…. scary om te dink, ek gaan eerder nie daaraan dink nie…
Het gister so bietjie American Idol gekyk, ek moet se ek hou van die Amerikaners se weergawe van die reeks.
Die bekommernis oor my oog pla so bietjie en dis so asof ek nie op ander dinge kan konsentreer nie, ook nie op hierdie blog vir nou nie, kom ek gee maar op vir ‘n bad job en probeer weer more, lekker dag almal…
Wimpie
Dit is so mooi in die Kaap, ek heroorweeg rerig my toekoms in Gauteng baie ernstig. Ek wou nog altyd terugkom Kaap toe en wie weet, miskien is dit nou die breek waarvoor ek gewag het om juis dit te kan doen.
Deesdae met die goedkoper vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad kan ek nog steeds na [...]
Ek besef weer vanoggend toe ek my oe in die mooiste Kaap oopmaak hoe bevoorreg is hierdie blerrie Kapenaars en hulle besef dit nie eers nie.
Wat ‘n voorreg om wakker te word en jou daaglikse 3km draf sessie sommer langs die see te gaan doen met die uitsig van Tafelberg, die see en Robbeneiland wat [...]
|
|
Nuutste Opmerkings