Die rugby en my sogenaamde vriende…

Nou ja, daar is die Haaie toe die konings van plaaslike rugby!

Knap gedaan aan die Durbaniete en geen verskonings van die Kapenaars nie.

Die Sharks was meer gemotifeerd, meer committed en meer honger vir die wen as wat die WP was. Hulle het ons stukkend geduik en sommer in die algemeen onwelkom in Durban laat voel en dis hoe ‘n kampioenspan dit doen.

So nee, geen verskonings van ons af nie, die skeidsregter het goed geblaas en die Sharks was regdeur die jaar die beste span, hulle het die WP se nommer gehad in bykans elke wedstryd tussen die twee spanne die jaar behalwe in die een op Nuweland wat nie rerig saak gemaak het nie.

Ek moet darem noem dat die WP se toekoms darem heelwat beter lyk as ‘n paar jaar gelede. Van onder 13 vlak tot op onder 21 vlak het die WP elke rugbybeker in die land gewen en vir die eerste keer in die geskiedenis die eindstryd van die Super 14 en die Curriebeker gehaal wat net weereens bewys rugby in die Suide is gesond en daar gaan nog baie met die WP rekening gehou moet word in die toekoms.

Maar vir die jaar behoort die sjampanje aan die Sharks en is die WP manne slegs kelners!

91.3 FM Stereo is toe nou op die lug en ons het na verskriklike groeipyne uiteindelik Donderdag amptelik die lug gesien. Dis met nie net ‘n tikkie trots nie, wat ek kan terugkyk op dit wat ek bereik het met die bou van hierdie radiostasie…. toe ek die eerste keer hier in die Kaap instap was hier niks, net ‘n kantoor en ‘n rekenaar, vandag ‘n jaar later is daar ‘n radiostasie wat kan meeding met die heel beste wat die Kaap kan bied….

Ek is baie trots, daar is geen gevoel soos die gevoel wanneer jy almal wat jou afskryf verkeerd kan bewys nie. Ek onthou nog baie goed Kobie Koen van Vonk se woorde aan my voor ek Kaap toe is…. “julle sal nooit op die lug kom nie” mmm nou ja toe, gelukkig luister ek nog altyd wat mense vir my se en maak dan my eie gevolgtrekkings.

Aan al my vorige kollegas en vriende in die musiekbedryf, met geheues so kort soos vuurhoutjies, dankie vir een ding en dis dat julle, julle ware kleure en vriendskap aan my bewys het, dinge in die lewe gebeur met ‘n doel en ek is dankbaar my oe kon oopgaan net betyds….

Toe dinge met my begin sleg gaan weens omstandighede buite my beheer, toe ek byna sewe maande sonder salaris moes klaarkom en toe al my geld uit my rekening geclone is, het al my kunstenaarsvriende en vriende in die musiekbedryf hulle rug een vir een op my gedraai en een vir een stories gaan vertel wat hulle weg wel terug na my ore gevind het.

Wel nou is die skoen aan die ander voet, ek het vasgebyt en daardeur gewerk, in die proses my God leer ken en sal nooit, ooit weer deur niemand gebruik word nie. Die mense wat my finansieel gedra het sal ek nooit vergeet nie. Daar gebeur baie dinge in mense se lewens alles met ‘n doel.

My probleem was ek kon nooit my vriende afskryf nie want ek het altyd in hulle en ons vriendskap geglo, al hierdie dinge moes gebeur vir my om te sien dat sangers jou sal gebruik om hulle musiek die eesrte keer op die radio te kry, om vir hulle bookings te reel wanneer hulle niks het nie, om vir hulle loopbane te bou, om hulle geldelik te dra om shows te reel teen groot verliese vir jouself sodat hulle kan naammaak, en jou basies kan gebruik tot hulle bo uitkom, daarna sal hulle snert van jou verkondig aan die wereld en jou probeer vertrap waar hulle kan.

Dis mooi, my ogies is oop, ek is deur die moeilike tye, ek skryf  kliphard aan my boek moenie worry nie, eendag ontmasker ek nog hierdie bedryf!

Aan almal wat by en agter my gestaan het…. thanks julle sal altyd en enige tyd op my knoppie kan druk….. maar dit weet julle reeds!

Lekker week, ek gaan nie verder blog die week nie want ek WIL seker maak almal lees hier wat dit op gemik is, jy sal weet wie en wat jy is…

Tot volgende week, hoor jou in die Kaap op 91.3FM of elders op www.913fm.co.za

Posted in Die lewe, mense en dinge | 2 Comments

Daughtry kook saam WP!

Gisteraand gou bietjie Daughtry gaan kyk by Grandwest hier in die Kaap.

Sonder om afgesaag te raak en sonder om dieselfde obvious goedjies te herhaal, gaan ek maar net weereens my kop skud oor die stand van die grootste klug in die wereld, die Afrikaanse Musiekbedryf.

Dis nie eers meer die moeite werd om daaroor te praat nie so ek gaan nie.

Ek weet Daughtry is oppad Johannesburg toe en tree Vrydag daar op, moenie ‘n fout maak en nie gaan kyk nie, kry jou kaartjies en gaan, as mense R100 plus vir ons plaaslike mimiekkunstenaars se vertonings kan betaal, haal maar die ekstra paar rand uit vir ‘n waarlike oorspronklike kunstenaar….. o ja…. met n vol en kick ass band!

Radio Houtstok het so in die stilligheid die lug gesien gister en wel op 91.3FM Stereo, ons het baie hard gewerk en ek voel soos ‘n zombie, ek is gedaan en kan nie wag om net te gaan slaap nie.

Alles is nou in plek en na aanvanklike internet en uitsendings probleme is alles nou klopdisselboom en behoort daar geen probleme met die uitsendings te wees nie.

As jy in die Kaap se omgewing is, skakel gerus in, alternatiewelik gaan maak ‘n draai op www.913fm.co.za en jy kan enige plek in die wereld luister, die uwe is die stasie bestuurder maar ek doen ook die middagprogram van 4 tot 7 Maandag tot Vrydag saam met Maresa de Vos, ons noem dit in eg Kaapse tradisie Uitvaltyd.

Ek is baie trots op die standaard van die stasie en is tevrede met hoe ons klink. Ek dink ons gesels baie maklik met veel groter stasies saam en ons klink beter as baie ander wat baie langer op die lug is.

Op daai noot gaan ek bietjie agteroor sit vanaand en more en Saterdag kyk hoe wen die WP die Curriebeker…. Lekker om nie die Blou Bul arrogansie die jaar as deel van die pakket te he nie.

Here we go Province here we go!

Wimpie

Posted in Die lewe, mense en dinge | 1 Comment

U2 kaartjies in die hand, en Neil Diamond…

Wat ‘n naweek…. As ek terugdink daaraan dan dink ek die meeste van die naweek het ek in ‘n ry iewers spandeer!

Dit gebeur nie gereeld dat internasionale kunstenaars wat my werklik opgewonde maak ‘n draai in Suid-Afrika kom maak nie, wanneer dit dan gebeur dan moet mens seker maak jy is daar om dit te sien.

Saterdagoggend vroeg rapportteer die uwe toe voor die deur van die plaaslike Checkers so 07H15 0m seker te maak ek kry my kaartjies in die hande vir die groot U2 en Neil Diamond konserte hier in die Kaap. Toe ek daar kom staan ek maar geduldig in die ry saam met al die ander U2 fans en sien hoe 68 000 kaartjies blitsvinnig uitverkoop.

Wys jou maar net hoe uitgehonger is Suid-Afrikaners vir goeie topklas vermaak…

Ek het ook net weer gesien dat die ou verskoning van die mimetracker brigade…. dis te duur om ‘n band te he…. dra nie water nie. Die heel duurste U2 kaartjies R2500 elk is heel eerste opgeraap.

Sit ‘n ordentlike show en ‘n ordentlike band aanmekaar en Suid-Afrikaners SAL kom kyk!

Anyway ek is moeg gedebatteer daaroor ek oefen maar net my eie boikot uit en dis dit, as daar 100 ouens soos ek is sal die boodskap wel een van die dae beginne deurdring…

Gister gou gaan fietsry en toe aangemeld vir my heel eerste Kitesurfing les in my lewe. Ek staan altyd so op die strand en kyk en wonder of dit iets is wat ek sal kan doen!

Na die eerste les kan ek nog niks met sekerheid se nie, wat ek wel kan se is ek dink ek sal dit kan regkry. En dis sinneloos om so naby die see te bly as wat ek bly sonder om iets in die see te doen!

Vanmiddag rapporteer ek vir my tweede les en ek sien erg uit daarna.

Nou ja, ons wag nog steeds om lewendig op FM te gaan, sal laat weet wanneer dit gebeur.

Wimpie

Posted in Die lewe, mense en dinge | 1 Comment

Brandewyn suipende tweegevrete….

Ek het die afgelope naweek weer gesien hoe vals, agteraf en pleinweg net skeinheilig mense is nie.

Ek was al baie in die moeilikheid oor goed wat ek gese het, goed wat ek nog nooit skaam was om vir jou, in jou gesig van jou te se nie. Dit pis my bitter af wanneer mense agter jou rug loop en strooi praat van jou en dink hulle is die gode en niemand gaan herhaal wat hulle van jou te se het nie.

Een van die redes hoekom ek die stof van Gauteng van my voete kom afskop het is omdat ek disillusioned geraak het met die vals skeinheilheid van Gauteng en sy mense. Asb mooenie my verkeerd verstaan nie, almal is seker nie so nie maar deksels man, he bietjie vir een keer die guts en staan agter jou eie woorde en bel my en se as jy iets te se het!

As die gewone publiek maar net weet watse tipe mense die helde en heldinne is wat hulle so deur die media leer afgode van maak het sal die meeste “kulkunstenaars”, rugbyspelers, platemaatskappye, “internetpersoonlikhede”, minnaresse, strippers, akteurs en akrises en glanspersoonlikhede maar sleg daarvan afkom.

Die Internet het ‘n bron vir hierdie mense geword om bestaansreg te he, net soos die Afrikaanse musiekbedryf ‘n klomp talentlose mense ‘n teelaarde geword het om supersterdom te bereik.

Daar is ‘n ou gesegde wat lui gee iemand wat niks in die lewe gewoond is nie bietjie iets en dan kyk jy wat maak hulle met daai mag dan kan jy sien watse tipe mens dit is…. Hoe waar is dit tog nie, en hoe kort is die sogenaamde supersterre se geheues nie, en hoe oppervlakkig is die “vriendskappe” in die vermaaklikheidsbedryf tog nie….

Dan kry jy die ander tipe, wat aan jou vassuig vir wat jy dalk vir hulle kan doen en dan as hulle op hulle eie voete staan dan sal hulle vergeet wat hulle jou skuld en sommer net besluit hulle het nou jou nie meer nodig nie en hoef ook nie die R260 000 terug te betaal wat hulle jou skuld nie!

Kak man dit stop hier en nou, no more mr. Nice guy. Geen meer gunsies en gawetjies van “ag ou Wimma, speel bietjie hierdie nuwe song van my op die radio” nie. Geen meer help bietjie hier of daar met ‘n show en help bietjie hier of daar met ‘n woordjie nie,….

Basta daarmee.

Ek word alweer opgewerk soos in die ou dae! Een ding is verseker, hierdie boerseun is klaar gebruik in sy lewe, gaan nie meer gebruik nie, en ja ek is besig om te skryf, elke dag ‘n bietjie aan ‘n boekie oor die wie is wie van wat en die ware feite, lank genoeg het ek stilgebly en toegekyk hoe valse onwaarhede die wereld in gestuur word, iewers stop dit, ek het n gevoel dis hier en nou!

Baie geluk aan die WP en die Sharks, maak nie saak hoe hard die Blou Bulle le en tjank en te kere gaan nie die beste twee spanne is in die eindstryd en dis dit!

Dit is altyd vir my verstommend hoe mense wat absoluut niks van rugby af weet hulle monde uit te spoel het oor onderwerpe van rugby waarvan hulle net mooi dadels van weet.

Kyk nou maar hoe het die brandewyn suipende gespuis die arme Bryan Habana uitgejou as ‘n “has been” terwyl ons almal maar weet dit was eintlik net die Blou Bul ondersteuners wat suurgat was omdat hy die Bulle verlaat het om in die Kaap te kom speel….. hy het seker ook deur die Pretoria sindroom van vals tweegatjakkelsgeid gesien!

Schal Burger som dit vanoggend die beste op in die koerant toe hy oor habana gevra is:

“As jy iemand se spanmaat is weet jy waartoe daai speler in staat is, ons het nog nooit aan Bryan getwyvel nie dis meer iemand wat by die huis sit en brandewyn suip wat spelers met klas uitjou”.

Daarmee gaan ek berus….

Baie werk om te doen, ons gaan Woensdag ;live op 91.3FM, as ek nie kans kry om weer die week te blog nie, vergewe maar, ek is baie besig, sal my bes doen!

Wimpie

Posted in Die lewe, mense en dinge | 1 Comment

Noord teen Suid in die koue Kaap!

As enigeen enigsins nog getwyfel het dat daar fout is met die weer dan hoef hulle net Kaap toe te kom en kom kyk hoe lyk die weer hier by ons, reen en koue in die middel van Oktober, wel dis ‘n skamele 15 grade vandag in die Kaap!

My kinders het kom kuier en dis soos gewoonlik weer ‘n lekker belewenis om die twee hier by my te he, Janine het ontaard in ‘n regte jong sexy dame wat die manne se koppe laat draai en sorg vir ‘n opgewondenheid waar sy ookal gaan… Daar is net eenvoudig geen beter woord om Wian te beskryf as die term “live wire” nie want dis presies wat hy is, hy is net nooit stil nie. Maar ek verkies dit so, hy is ‘n seun en seuns moet besig wees!

Daai mannetjie se gesiggie Saterdag op Nuwelund is ook iets wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie, die ogies het geskitter en hy het ge ‘Province!’ uit volle bors elke keer as die streeptruie se agterlyn aan die hardloop gegaag het.

So van die rugby gepraat, ek dink dis die jaar ‘n Noord Suid eindstryd op Nuweland en ek kan persoonlik nie meer wag nie, dit gaan awesome wees en ek dink die WP het ‘n great kans om die jaar die Curriebeker te wen, omtrent tyd ook want ons wag nou al lank!

Die rugbypendullem is verseker besig om te skuif met al die WP se spanne, onder 19/21 en senior span in die halfeind en die Amateurspan in die eindstryd van hulle onderskeie kompetisies.

91.3FM Stereo het toe nie vandag die lug gesien nie as gevolg van administratiewe rompslomp en ‘n Transmitter wat by Customs in Johannesburg in red Tape toegedraai is, ons moes toe noodgedwonge die groot aanskakel datum….. weer… met n week aanskuif! Dis nou maar die lewe.

Later

Wimpie

Posted in Die lewe, mense en dinge | Opmerkings Afgeskakel

Baie besig…

Vanoggend toe ek wakker word het ek gou gaan gym en oppad soontoe ry ek sommer so in die vlakwater verby ‘n walvis wat in die see hier in die vlakwater le en ek besef net weer hoe ‘n great plek ek in bly en hoe bevoorreg ek is om hier te wees.

Dit terwyl die skote klap in Johanneburg by die Malls en ek moet worry oor my geliefdes in daai oorlogsone!

Anyway, as jy dink ek is bietjie stil geblog dan is jy reg, daar is twee redes daarvoor, eerstens is ek besig met my storie oor die Afrikaanse musiekbedryf en tweedens is ek besig, geweldig besig, met die groot aanskakel van 91.3FM Stereo hier in Kaapstad volgende week Maandag die 11e om 06H00 die oggend.

Net n paar interessante feite, ons skakel aan op 1.3 kilowatt wat beteken ons gaan ‘n reikwydte he van so nagenoeg 250 km wat beteken daar is niemand in Kaapstad wat ons nie sal hoor nie.

Jy kan inskakel op 91.3 FM en dan sal jy ons hoor, gaan maak gerus ‘n draai op ons webwerf by www.radiohoutstok.co.za vir program besonderhede en so aan, onthou ook sommer www.913fm.co.za vir toekomstige verwysing om op ons webwerf uit te kom.

So daar’s hy, sien uit daarna, die uwe skuif weer agter die mikrofoon in van Maandagmiddag om 16H00 vir die middag drive show!

Later

Wimpie

Posted in Die lewe, mense en dinge | Opmerkings Afgeskakel

Die musiekbedryf…. vervolg!

Ek is besig om nog al my feite mooi agtermekaar te kry so wees asb. nog ‘n rukkie geduldig, ek plaas binnekort al die “feite”.

Die nuutste trend in die “oorspronklike” Afrikaanse musiekbedryf…. of sal ek se in die “oorspronklike” Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is….. ja wag vir dit…. een siel het aan die blink gedagte gedink om ‘n musiekrolprent met sangsterre te maak en raai wat gebeur, waar daar geen of hoogstens ‘n Leon Schuster movie elke jaar Desember verskyn het, het ons wonder bo wonder weereens danksy die mense met die tjekboeke wat so mooi na-aap die jaar sommer nie minder nie as mmm ek weet nie eers hoeveel musiekrolprente nie…

Jakkalsdraai, the Racist, Hannah of montanna of something, Susanna van Biljon en ja ook Liefling…. sommer vyf in ‘n ry, want dit het vir een gewerk so kom ons jump daai bandwagon en maak musiekrolprente dat die sop spat in plaas daarvan om ons eie ding uit te dink!

Solank daar een of ander spog uithanggeleentheid, verkieslik by ‘n trendy Fashion Cafe waar ons celebs hulle nuutste designer outfits kan afshow saam met die jongste aanhangsel aan die arm…. verkieslik tien tot vyftien jaar jonger as jy…

Nou ja ek skryf lustig voort aan my expose…. dis oppad!

Die naweek is weer groot rugby wanneer die Noord/Suid derby hervat word as die WP en die Bulle mekaar op Loftus pak, ek sien baie uit daarna! Die Blou Bulle Rugby Unie moet erkenning kry vir hulle inisiatief om meer as 67 kamaras by Loftus te installeer om die bullebakke, belhamels en dronkaards in toom te hou.

Ek het baie in my lewe rugby gaan kyk by Loftus toe ek nog in Gauteng gebly het, ek het op ‘n stadium besluit om nie meer te gaan nie oor al die dronk ouens wat daar uithang en jou ma, kinders en meisie vloek…. in daai volgorde…

Well done Bulle om te probeer om ontslae te raak van die belhamels en om te probeer die stadium ‘n familie plek te maak, die beste ondervindinge van enige jong kannetjie se lewe is daai rugbygames om jou helde in aksie te sien saam met jou pa.

Dis ongelooflik hoe breindood mense kan wees sonder om aan ander mense en veral kinders te dink nie!

Later

Wimpie

Posted in Die lewe, mense en dinge | 1 Comment

Die sluier oor die Afrikaanse musiekbedryf…. gelig!

Nou ja as jy gister hier ‘n draai gemaak het sou jy gesien het ek het ‘n paar veranderinge laat aanbring aan my webwerf. Dankie Jaco.

As jy hou van wat jy sien, stuur my ‘n epos en ek sal jou met hulle in kontak sit!

Donderdagaand gaan maak ek toe vinnig ‘n draai by die Barnyard teater hier in Bellville om die absolute 80′s show te gaan kyk….. met vyf sangers…. en ‘n vol band!

Die feit dat hulle musiek so uit my era gesing het, het natuurlik heelwat daarmee uit te waai gehad dat ek die show terdee geniet het, maar die sangers was kookwater en die band ook!  Al vyf die kunstenaars wat gesing het sou die top 10 Idols laat bloos het en hulle sou sweerlik van eerste tot vyfde geindig het in die realiteitsprogram.

Ek is natuurlik die afgelope paar weke met my eie boikot van Afrikaanse musiek besig en dis omdat dit ‘n kulspul is van talentlose sangers en sangeresse wat nie een op ‘n verhoorg hoort nie, maar hulle bemarkingspanne hoort op die wereldkampioenskap van bemarkers!

Ek is van plan om ‘n expose te skryf oor Afrikaanse “kulkunstenaars” wat liedjies oorsee gaan leen, en net bloot in Afrikaans vertaal, of Afrikaanse woorde skryf vir sulke liedjies en dit aan die publiek afsmeer, en ons is tog te gretig om die gemors te koop en dan vergaan ware kunstenaars van die ellende en miskenning in hulle eie land.

Ek gaan jou so bietjie vertel wat gaan agter die skerms aan in ons musiekbedryf…. vertel van die gay mafia wat die vermaaklikheidsbedryf in die land beheer, ek gaan jou vertel hoe drie…. ja drie ‘kulkunstenaars’ dieselfde liedjie opneem, dis nou dieselfde wysie…. met drie verskillende stelle woorde, van drie verskillende platemaatskappye…

Ek gaan dinge bekend maak wat jy nie gaan glo nie!

Bottomline is jy kan nie bekostig om die ware geskiedenis van Afrikaanse musiek hier op my webwerf mis te loop nie. So bly net waar jy is, die volgende paar weke lig ek bietjie die sluier oor die siekte wat ek die Afrikaanse musiekbedryf noem!

Ons gaan kyk wie call die shots, die ware wie is wie, hoe kry mense dit reg om miljoene rande se gratis advertensies te kry, en hoe word die mededinging net eenvoudig deur mense in magsposissies by radio en tv kanale verpletter.

Is jy nuuskierig? Wel boekmerk hierdie webwerf en vertel jou vriende hiervan, so bietjie later die week dan begin ons sommer met die storie van die drie verskillende weergawes van “Dis Verby”, “as jy wil” en “eine Stern”….

Kom kuier weer…. jy sal wil!

Posted in Die lewe, mense en dinge | 4 Comments

Weet ons ooit wat is oorlog?

Ek was verlede week weer vinnig op Johannesburg toe vir besigheid en ek moet se sonder om weer simpel te klink, Gauteng het wonderlike warm weer, en dit is nou lekker koud in die Kaap, maar ek verkies eerder die koue in die Kaap as daai drukkende hitte in Gauteng, jy weet daai tipe hitte wat mens kry voor die eerste reen val?

Be that as it may, soos die Engelse se, ek sien Absa is in die moeilikheid oor hulle met sport wil inmeng plaas van om hulle te hou by banksake.

Die eerste ding wat mense se is wat dan van ons sokkerspan wat pikswart is? Ek dis juis hier waar ek besef ons het nog ‘n baie ver en lang pad om te loop voor daar van versoening in Suid-Afrika gepraat kan word.

Feit is dat die ekonomie in Suid-Afrika heeltemal in ‘n warboel is en voor dit nie aangespreek word nie kan ons maar vergeet om op sport- en of enige ander gebied gelykheid te bereik.

Meer as 90% van die geld in ons land is in die hande van minder as 10% van die bevolking.

Dis ‘n resep vir disaster, kyk maar wat het gebeur met die onlangse staatsdiens staking, en dit gaan net erger word, solank die minderheid, en dis ‘n reuse minderheid wat die ekonomie beheer in die land, gaan die kookpot erger en erger raak en gaan daar nie enige vooruitsig op verbetering wees nie.

Die middelklas is vinnig besig om te verdwyn en mens kry bykans net ryk en arm mense in die land, en dis ‘n ongesonde toedrag van sake.

Dis ‘n wen resep vir die Malema’s van die wereld om die massas sonder veel moeite op te sweep met beloftes van nasionalisering, net soos in Zimbabwe gebeur het.

Witmense is baie vinnig om te praat van oorlog en bloed wat gaan vloei, en blah, blah, blah fispaste. Ek wonder of diegene wat so vinnig praat al oorlog gesien het soos in Mosambiek en Angola?

Dis maklik om te praat tot die bloed in die strate afloop en die “oorlog” nie meer net iets is waaroor gepraat word soos ‘n oorlogmovie uit Hollywood nie. En daar is geen Rambo om gou 40 miljoen van ons landgenote uit te wis nie!

Nee wat ek dink ons moet ophou teen die stroom swem en eerder skouer aan die wiel begin sit en saamwerk om ons probleme uit te sorteer, vinniger eerder as later.

Wimpie

Posted in Uncategorized | 4 Comments

Opgepomp…

Ek is opgewerk vandag…. erg.

Dink hierdie kan jou dalk ook opwerk!

We Weren’t Born To Follow lyrics
Songwriters: Bon Jovi, Jon; Sambora, Richie;

This one goes out to the man who mines for miracles
This one goes out to the ones in need
This one goes out to the sinner and the cynical
This ain’t about no apology

This road was paved by the hopeless and the hungry
This road was paved by the winds of change
Walking beside the guilty and the innocent
How will you raise your hand when they call your name?

Yeah, yeah, yeah

We weren’t born to follow
Come on and get up off your knees
When life is a bitter pill to swallow
You gotta hold on to what you believe

Believe that the sun will shine tomorrow
And that your saints and sinners bleed
We weren’t born to follow
You gotta stand up for what you believe

Let me hear you say yeah, yeah, yeah, oh yeah

This one’s about anyone who does it differently
This one’s about the one who cusses and spits
This ain’t about our livin’ in a fantasy
This ain’t about givin’ up or givin’ in

Yeah, yeah, yeah

We weren’t born to follow
Come on and get up off your knees
When life is a bitter pill to swallow
You gotta hold on to what you believe

Believe that the sun will shine tomorrow
And that your saints and sinners bleed
We weren’t born to follow
You gotta stand up for what you believe

Let me hear you say yeah, yeah, yeah, oh yeah
Let me hear you say yeah, yeah, yeah, oh yeah

We weren’t born to follow
Come on and get up off your knees
When life is a bitter pill to swallow
You gotta hold on to what you believe

Believe that the sun will shine tomorrow
And that your saints and sinners bleed
We weren’t born to follow
You gotta stand up for what you believe

Wimpie

Posted in Uncategorized | Opmerkings Afgeskakel