Wel die sokker is verby vir Suid-Afrika maar die spelers het die land trots gemaak!
Behalwe vir die teleurstellende tweede wedstryd van die toernooi het die Suid-Afrikaners hulle baie goed van hulle taak gekwyt en gewys hulle kan met die bestes in die wereld saamgesels.
Dit was lekker om Bafana te ondersteun en is iets wat ek gewis meer in die toekoms gaan doen. Die wereldbeker is nie verby nie en my ondersteuning le van nou af by Nederland.
Dit bly maar lekker om ‘n Suid-Afrikaner te wees en ek hoop al die bitterbekke het ‘n les geleer en sal in die toekoms twee keer dink voor hulle ons span slegmaak.
Die hartseerste ding van gister se wedstryd was die swak sportmangees van die Franse se afrigter wat geweier het om ons afrigter se hand te skud na die wedstryd en net weer gewys het hoekom die Franse seker die mees gehate span tans in wereldsokker is!
Op ‘n persoonlike front het ek ‘n paar besluite geneem die laaste twee dae.
Ek vertel ‘n volgende keer meer hieroor.
Wimpie







Nuutste Opmerkings