Die laaste paar weke was ‘n beproewing vir my…. in die ergste graad.
Daar kom ‘n tyd in jou lewe :”where something’s gotta give”. By so ‘n tyd het ek nou gekom, wat dit is weet ek nie op die stadium nie, wat die toekoms inhou weet ek nog minder, wat ek wel weet is dat alles sal uitwerk soos dit moet, ek het nog steeds daai geloof.
Genoeg daarvan, ek sal later uitspel presies wat aangaan en wat gaan verder gebeur sodra ek self meer weet, op hierdie stadium is alles bespiegelings.
Sokkergees loop nog steeds hoog in Kaapstad alhoewel ek gister nie kon help om te wonder presies hoeveel mense het geld verloor met die aanbieding van die wereldbeker nie. Die algemene gevoel in Kaapstad is een van teleurstelling aangesien die hoeveelheid besoekers nie heeltemal aan die verwagtinge voldoen het nie.
Dat daar wel ‘n horde besoekers aan die land is, is ‘n feit en mens hoef net ‘n draai te gaan stap by die Waterfront om dit te besef, talle mense loop in hulle spanne se kleure getooi die hele waterfront vol…
Nie almal is so opgewonde oor die sokkermafia…. FIFA… se doen en late nie.
Vra maar die verkoopsmense van TV’s wat nie die HD (high devinision) funksie aan voornemende kopers kan demonstreer nie want hulle kan nie die televisie op die sokker sit nie want Fifa laat dit nie toe nie…. dis belaglik…
Ek wonder presies hoeveel geld Fifa maak en hoeveel geld die land wat dit aanbied maak…. sal interessant wees om daai syfers te sien!
Alle geval ek het Saterdag vir die eerste keer in my lewe verkies om ‘n sokkerwedstryd bo ‘n rugbytoets te kyk…. almal het tog geweet die Springbokke gaan nie teen Italie verloor nie en Holland het dieselfde tyd teen Japan gespeel…. ek het verkies om die sokker te kyk.
So van Holland gepraat, hulle is van die begin af my gunsteling om die beker te wen en het Saterdag die eeste span geword om te kwalifiseer vir die tweede rondte…
Brasil en Holland vir die eindstryd…
Nou ja, baie dinge gaan vandag gebeur, ek hoop en vertrou alles gaan reg uitwerk…. indien nie is dit tyd om te vertel wat aangaan…..
Later
Wimpie







Hi, hoop jy het darem ‘n lekker vadersdag gehad….
Sterkte vir jou op jou pad voorentoe. Net soos jy glo ek alles sal vir jou uitwerk soos dit moet. Moed hou!!