Die lewe se vrae…

Ek is maar net iemand wat nie onregverdigheid in die lewe kan handle nie, veral nie as ek self onregverdig behandel word, of gebruik word om ander mense onregverdig te behandel nie, dit beteken my gewete kla my aan en dat ek iets daaraan sal moet doen, so ‘n dag het uiteindelik vir my aangebreek…

Dat daar baie…. en groot besluite is om te neem…. met verrykende gevolge vir baie mense….. is ‘n feit, dat ek nie langer kan toelaat dat dinge verder eskuleer tot die rand van ‘n ramp nie, is ook ‘n feit. Wat my te doen staan is iets waaroor ek al geruime tyd wonder en mee worstel.

Ek het besluit om te wag, om dinge ordentlik uit te redeneer tot Vrydag toe, dan maak ek my planne bekend, tot dan kan ek niks se nie en word die status quo gehandhaaf, maar langer kan ek nie toelaat dat dinge aangaan nie…

My persoonlike lewe is in turmoil, ek staan voor die grootste uitdagings van my lewe en ek vra vrae want ek verstaan nie wat die doel van dit alles is/was/gaan wees nie.

Hoekom word mens se lewe in sekere rigtings gestuur vir alles om spectacularly rondom jou plat te val, wat is/was dan nou die doel met dit alles??

Dis alles die vrae wat ek vra en waarop die antwoorde net eenvoudig nie kom nie…

Ek blog eers weer Vrydag wanneer ek die antwoorde op die lewe se vrae het, tot dan spekuleer ek…

Later

Wimpie

1 comment to Die lewe se vrae…

  • Ina van Staden

    Wimpie, ek weet nie wat aangaan in jou lewe nie. al wat ek vir jou kan sê is staan op kyk die lewe in die oë moenie dat mense jou in die aarde in trap nie. Almal van ons verdien geluk in die lewe jy ook!!

    Al maak ons grappies oor die rugby bly jy een van my gunsteling nefies aangesien ons so lekker saam groot geword het.

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>