Die lewe het ‘n manier om ‘n paadjie met ‘n mens te stap, soms hard en genadeloos, soms vol beloftes, soms sommer maar net, maar altyd ‘n paadjie…
Daar is ‘n gesegde wat se “dont judge a man before you’ve walked a mile in his shoes”. Waarskynlik die grootste waarheid wat ek nog ooit gehoor het. Persepsies is die grootste culprit in die vernietiger van mense verhoudings wat daar bestaan, ek verstaan dit vandag, miskien vir die eerste keer in my lewe, beter as ooit tevore.
Persepsies verander mense en verander karakters en is die enkele grootste oorsaak van verpletterde verhoudings en drome….
Ek het dit die afgelope naweek besef, vir die eerste keer in my lewe en so duidelik soos dagbreek en dit is net eenvoudig so hartseer, mens voel magteloos….. soms… as jy verstaan hoe dinge uitwerk maar jy kan dit met niemand deel nie, jy kan nie die persepsie verander sonder om jouself weg te gee nie, en in die proses nog ander mense se drome en toekoms op die spel te sit nie, dis dan wanneer jy maar op jou onderlip byt en net aangaan en verstaan dat daardie mense wat daardie persepsie het nooit weer dieselfde met jou gaan wees nie, die hartseer ding is daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie, behalwe die waarheid te vertel wat weer mense se persepsie van ander mense en dinge gaan beinvloed, en dis dan wanneer jy maar vasbyt en dit verdra….. al vreet dit jou op aan die binnekant en al maak dit hoe seer…
Dit is hartseer hoe verhoudings en mense gaan van intimate met mekaar, fisies en emosioneel, vriendskappe en besigheid, na net eenvoudig niks…. dikwels sonder dat hulle dit agterkom, dis hoe vinnig dit kan gebeur…
Ek meen hoeveel mense wat jy in jou leeftyd mee in aanraking kom het ooit rerig betekenis in jou lewe? En dan skielik is daar net geen meer kontak nie, jy is klaar gebruik en dis dit….. dis hartseer…
Dis van die dinge wat ek mee worstel die naweek, vandag, gister, altyd….
Waar los dit my? Steeds besig om te byt, baie hard, op my onderlip…..
Wimpie







Ek wil vir jou een ding se-vra Wimpie : moenie toelaat dat mense persepsies oor jou jou opinie oor jouself besoedel nie. Glo in jouself soos jy nog altyd kon - jy’t ‘n goeie hart, en as mense nie lank genoeg wil rondhang om dit agter te kom en die beste uit jou te bring nie, lig jy jou kop op en se “NEXT”.
My eie harde pad die afgelope tien jaar het my dit geleer. Die lewe is nie regverdig nie. That’s it. Mense sal altyd praat - en dis asof ons lewens soos TV-sepies geraak het - mense verlustig en verskinder hulle absoluut in ander mense se foute, teleurstellings en tekortkominge… vir een rede: dan hoef hulle nie hulle eie gemors elke dag in die gesig te staar of iets daaraan te doen nie… want hulle is te besig met ander mense s’n. Dis ‘n vermorising van kosbare positiewe energie (maar hulle sal eendag wakker word en dit self agterkom!)
Ek is ook die opvreettipe - maar ek moet ‘n liggie byvoeg : dit het al so baie keer gebeur dat die mense wat my agteraf die grootste skade met hulle skindertonge aangerig het (terwyl ek my onderlip vasgebyt het en stilgebly het) bakhand teruggekom het om om verskoning te vra. En dan het ek NIE lekker gekry nie - want ek kon sien hulle kry dan net so swaar soos wat ek kort tevore gekry het - en dan het ek ‘n goue geleentheid gekry om my ware kleure uit te bring en te se: “Dis OK … jy’t my seergemaak, maar ek vergewe jou.” Dan is dit die ander een se beurt om die onderlip te byt…
So. Wees jouself. Jy’s great. Glo in jouself - en wees die go-getter wat jy nog altyd was. En moet nooit jou tonne energie verloor nie. Niemand anders is dit werd nie - spandeer dit aan jouself!
jy is en was nog altyd ‘n ster…. dankie Marthie vir die mooi woorde!
J moet dalk net biki my tyd vat en dalk moet jy biki dieper kyk… dalk is jou verlange dieper en verder terug as wat jy voel. ?Dalk is dit die een met wie jy die minste gedink het dit gaan werk.. dalk nie die mooiste lyfie nie.. dalk die een wat jou lief het vir wie en wat jy is, by wie jy jouself kon wees. En nee dis beslis nie ek nie. Maar ek weet van n paar van die girls in jou lewe wat regtig n tydjie daar was nie net n one night stand of vinnige fling nie met wie jy MEER as net die memories het.. Ek ken jou nie super goed nie maar ek weet jy is n go getter en ek weet jy sal weer liefde vind. Soos ek se soek dalk net dieper.
Later