Ek voel nie lekker vandag nie, ek kan nie my vinger daarop sit nie, ek het ‘n dreigende kopseer en voel net eenvoudig tam, dink miskien moet ek vandag net eenvoudig eet wat ek wil….
Dit was ‘n baie interessante naweek gewees, een waar hegte bande gesmee is en een waar ou vriendskappe weer herleef het. Snaaks hoe mens kontak met mense verloor en dan as jy weer kontak met daai mense maak dan verstaan jy nie hoekom het jy in die eerste plek kontak verloor nie!
Ek en my broer het so ‘n rukkie gelede rumours gehoor dat ons moontlik ‘n sussie het wat hier rond is, die rumours is bevestig en danksy my broer se inisiatief het ons ‘n instant braai met haar gereel om op te vang en te probeer bepaal wat het gebeur en dink ons, ons kan in die toekoms familie wees?
Vir die twee boeties is daar nie veel wat verander nie, ek bly die oudste en Danie bly die jongste al verskil is ons het nou net ‘n sussie wat in die middel inskuif. Dis makliker as wat ek gedink het, welkom in die family en dis lekker om nog iemand te he wat jy nooit vantevore gehad het nie, ek is net jammer oor al die verlore jare.
Ek sal moet vinnig leer wat is ‘n ouboet se pligte teenoor ‘n sussie, hoeveel boyfriends moet ek uitsort en so aan!
Nou ja dis baie om te absorbeer, ek werk daaraan!
Later
Wimpie







Sjoe, kry ek sommer n knop in my keel. Dis great dat ons mekaar gevind het, dit is net jammer dat ons so baie jare gemis het, maar ek glo dat dit tyd nou reg is, en dat ons heel waarskynlik nie die situasie sou kon hanteer het op n vroer stadium nie. Ons word gegee wat ons kan hanteer, en wanneer ons dit kan hanteer, ek is oortuig daarvan. Dis net so exciting om te dink ons moet mekaar totaal en al leer ken, hoe awesome is dit. Dankie dat julle my toelaat in julle lewens. Ek sal die boyfriend na jou toe stuur vir goedkeuring, maar wees gerus, op die oomblik is daar niemand, nie eers op die kaarte nie!!!
Hoop jy voel gou beter ouboet, en miskien moet jy net let go en vandag eet wat jy wil, jou liggaam het dit dalk nodig.
Sterkte vir jou week!!
Susan