Die naweek wat verby is was weer een van die rustigheid vanself, ek het vrede gemaak met alleenwees en weet wat ek weet en dit is dat die Here op die regte tyd die REGTE persoon op my pad sal stuur…
Ek het so ‘n gevoel dis alreeds besig om te gebeur. Meer gaan ek nie se nie…
Saterdag het ek bietjie tyd saam met Wian spandeer, ons het bietjie gaan shop by die Menlyn Mall na hy kaskarresies by die skool gehad het, daar is ‘n storie aan verbonde oor vyf onderbroeke wat ek miskien eendag sal vertel maar nie vandag nie….
Daarna het pa en seun die rugby gekyk, eers die Bulle en toe die Stormers. Dis lekker om met jou seun te kan bond veral toe hy my men met armdruk na ek die “truuk” van armdruk aan hom verduidelik het!
Dit het my mind afgehaal van die lewe wat soms maar druk en van my liefdesteleurstellings wat ophoop soos die skoene in my kas wat ek nie meer dra nie…. Daar is verskeie dinge aan die gebeur in my lewe, nie die minste nie is my kar wat die gees gegee het, ek het gister uiteindelik die turby teruggekry en hopelik kan ek so teen die naweek se kant weer my eie wiele he, daar is natuurlik net die eenvoudige probleempie van die belaglike bedrag wat dit kos om ‘n Renault te herstel!
Nodeloos om te se het dit my cashflow weer ‘n stewige knou toegedien, maar wat kan mens doen, jy moet ‘n kar he. Om my kar te verkoop is ook nie ‘n opsie voor hy reg is nie!
Ek spandeer my oggende in die gym en is trots om te se ek is seker tans in die beste shape van my lewe, nie net wat my liggaam aanbetref nie, maar ook my gesondheid, dis moeilik om te glo ek het so gesukkel met my bloeddruk meer as ‘n jaar terug toe ek nog gerook het. (Nota aan myself, onthou om nooit weet ‘n girl te date wat rook nie)
My bloeddruk was Vrydag 126/74, die gevolg van die 4km wat ek elke dag hardloop, en natuurlik ook te danke aan die feit dat ek meer as ‘n jaar gelede opgehou rook het. Intussen het ek met ‘n paar girls uitgegaan wat rook en ek wonder of hulle besef hoe voel dit vir ‘n nie roker om ‘n roker te soen…. as jy gewonder het hoekom die soenery al minder word in so ‘n verhouding, vat eendag ‘n asbakkie vol as en stompies en probeer hom uitlek!
Nou ja daar is baie werk die week om te doen en baie besluite om te neem en baie dinge om uit te sorteer. Kom ons begin!
Wimpie







Nuutste Opmerkings