Gedink ek gooi bietjie ‘n foto in. Lanklaas vir myself gekyk hehehe.
Dit was vir my ‘n hengse week wat agter die rug is, ek is bly wat gebeur het, het gebeur, ek voel soos ‘n nuwe mens en ek het soveel dinge om na uit te sien. Daar is voorwaar baie om voor dankbaar te wees.
Na soveel teleurstellings van die afgelope tyd is dit net genuine lekker om my te verloor in die wete dat ek weet wie en wat ek is en waarnatoe ek oppad is. Ek is nie iemand wat hou van preek nie, ek los dit vir my broer! maar ek voel tog ek wil iets se oor prioriteite, of miskien moet ek eerder nie want dit sal soos ‘n preek klink….
Op die einde van die dag is ons elkeen die outeur van ons eie ellende, ons is die kaptein van ons eie skippie en dit help nie ons dink aan hoe graag ons dit en dat wil doen en hoe ons eintlik ‘n beter mens wil wees, maar ons doen dit nie….. dan wil jy nie rerig ‘n beter mens wees nie, jy hou van wat jy in die spieel sien….. en dis hartseer!
Hierdie woorde het my lewe verander….. lees dit, miskien doen dit iets vir jou:
In die vier hoeke van die spieel, sien ek dinge wat my pla, dinge wat my pla, ek sien ‘n refleksie van my siel in hierdie eindelose, spieel, die wereld se spieel. So soek my anderkant die maan vanaand, want ek kry skaam, skaam oor dinge wat ek sien, in hierdie eindelose… spieeltjie, spieeltjie se vir my, hoe sien die ander mense my, sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry….spieeltjie in my hand, hoekom vat jou antwoord lank, ek wens ek was in ‘n feeverhaal uit sprokiesland. In die vier hoeke van die spieel kry ek iemand wat my vra, wat’s jou naam?, wat’s jou naam? in hierdie prentjie in my spieel is daar ‘n onbekende siel, maar dit bly MY spieel…..
As jy vanoggend in die spieel kyk en jy sien leuens, skelm verhoudings, drank, losbandigheid en dinge waarvan jy nie hou nie, dan moet JY dit self regmaak, jy kan…..maar jy moet wil…. anders gaan jy nooit hou van die spieel nie…
Klaar gepreek…. vir jou…. en vir my…
Sterkte aan die Stormers, geniet jou naweek!
Wian het sy eerste rugbywedstryd saam sy pa gaan kyk toe die Stormers die leeus getrap het, hier is hy (regs) en my broer se seuntjie Danie (links) by die groot gebeurtenis…







Nuutste Opmerkings