Die storie vervolg…

Snaaks hoe dinge uitwerk as mens ‘n besluit geneem het. Ek wens ek kan ‘n manier kry om dit wat met my besig is om te gebeur te verwoord…

Gisteraand, platgeslaan oor iemand weer vir my gelieg het, en ek het so geglo dis bestem vir ons om dinge uit te werk en dis belangrik vir my om vrede te maak met iets in my verlede want ek voel op my hart ek het ‘n boodskap om aan haar te gee wat sy moet hoor, en met my geloof in haar geskud tot in sy fondamente, besluit ek oppad huis toe om gou by die golfklub te stop.

Nee ek het nie daar gaan stop om myself stukkend te drink nie, ek het daar gestop om bietjie met ‘n paar vriende te kuier…. mens kan dit doen sonder om stukkend dronk te word, en om my mind skoon te maak van die teleurstelling van iemand wat weer vir my gelieg het ten spyte van my geloof in haar, en ek het ‘n hele kontrak gehad om te doen waaroor ek later meer sal vertel, en ek het gevoel ek wil net bietjie afskakel voor ek die kontrak aanvat.

Daar gekom is daar iemand met wie ek ‘n sielestryd gehad het drie jaar gelede, ons het mekaar gehaat en dit was alles onnodig, vandag, drie jaar later kon ons met ander insigte terugkyk en gisteraand ons vrede maak. Ek is nie hier om te oordeel nie, en ek gaan dit nie doen nie. Dit wat drie jaar terug gebeur het was ‘n hoofstuk in my boek wat ek tot en met gister nog nooit kon toemaak nie, dit was iets wat aan my gevreet het soos kanker en alhoewel ons mekaar baie daarna nog gesien het, het ons nooit daaroor gepraat nie en altyd die onderwerp geignoreer.

Gisteraand het ek die eerste keer die vrymoedigheid gehad om met hom daaroor te praat en dit van ma hart af te kry, dis nou verby en afgehandel en ek voel stukke beter daaroor, So glo ek gaan elke stukkie van die legkaart van my lewe uiteindelik sy plekkie kry waar hy inpas en so glo ek gaan ek uiteindelik vrede maak met alles en almal in my lewe.

Ek het gisteroggend ook met iemand gepraat wat lank gelede ‘n groot deel van my lewe was en vir wie ek oneindig baie lief is, op ‘n mooi manier, sy is vandag gelukkig getroud en ongelukkig is sy bietjie siek. Ek dink aan jou, ek wil he jy moet dit weet, dankie vir jou mooi woorde vir my al gaan dit nie met jou so goed nie, weet net ek dink baie aan jou, ek is so bly jy het geluk gevind en ek WEET jy gaan okay wees!

Almal weet nou al seker teen die tyd van my kar wat die gees gegee het, hopelik vandag kan ek die laaste parte betaal wat nodig is om my wiele weer terug te kry. Kom ons maar net se my budget het ‘n stewige klap weg met hierdie onverwagte uitgawe en waar magtelose woede my twee weke gelede oorval het, is ek vandag gemaklik met wat ek ookal moet spandeer om my kar weer aan die gang te kry, ek weet dit gaan okay wees, ek weet nog nie hoe nie, maar ek weet dit gaan okay wees…

Later

Wimpie

5 comments to Die storie vervolg…

  • Ina van Staden

    Ek is soooo baie trots op jou. Dit is baie nodig om self ondersoek te doen en te besef die fout lê soms by ons self. Dit is werklik waar so dat as ons nie kan vergewe nie kan ons nie regtig geluk vind nie en as ons nie kan vergewe nie hoe verwag ons die God ons moet vergewe. Jy moet bietjie die DVD the Lazarus effect kyk dit is nogal baie insig gewend.

    Sterkte vir jou en moenie dat die ou duiwel nou weer nonsies in jou kop kry nie wan hy is beslis baie listig en sal enige iets op jou pad sit om jou te toets.

    Stuur liefde vir jou ma en pa

  • Danie

    Jy gaan sien hoe alles so in plek gaan val, en alles so een vir een uitgesort word. Hou by dit! You can do it ! Redeem jouself teenoor almal wat al ooit n skewe woord van jou gese het, almal wat al ooit gese het jys n a&&hole, of vloeke oor jou gespreek het. Hulle sal vinnig baie klein en skuldig voel

  • Morras

    Hi Wimpie, Ek is bly dinge gaan so goed met jou. Hier is iets wat jy kan print en erens plak waar jy dit daagliks kan uitspreek. Dit laat ‘n mens besef wie en wat jy werklik is.
    Spreek die volgende Daagliks uit !!!
    Ek is wie God sê, ek is!
    Ek het wat God sê, ek het!
    Ek kan doen wat God sê, ek kan doen!
    Ek is nou eenmaal die geseënde van die Here!
    Ek het die guns van God in my lewe!
    Alles wat my hand sal aanslaan is geseënd!
    Ek is die kop en nie die stert nie!
    God glo in my, en ek in God!
    My skure is vol!
    Ek het oorvloed!
    My vyande is oorwin!
    Ek is geseënd!
    Hierdie is my erfdeel in die Here Jesus Christus!

  • Rene

    You go boy… Lankal tyd vir jou om jou lewe te leef.
    Sal graag self weer eendag met jou wil sit en chat oor die goeie tye saam. Al het ons albei aanbeweeg en al het daar soveel gebeur.. Ek mis jou nogsteeds baie en ek glo so ook baie van die ander op jou pad hetsy girls of vriende.
    Lekker naweek

  • ek wonder of jy die rene is wat ek aan dink…. anyway dis altyd wat mense nie verstaan nie, jy hoef nie kwaai vriende met jou ekse te wees nie, as dit nie uitgewerk het nie beteken dit nie skielik jy moet hulle haat nie!

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>