Dag 4

Verandering is ‘n goeie ding in ‘n mens se lewe, ek het my mind daarop gesit en beplan om daarby te bly. Gister was vir my ‘n goeie vuurdoop toe ‘n paar vriende kom kuier het en ‘n paar drankies kom drink het. Aanvanklik was ek bang ek was nie seker hoe ek sou reageer nie, ek doen toe maar die reguit ding en se reguit aan die begin van die kuier ek het opgehou kuier so verstaan asb as ek saam kuier, sonder die kuier, ek het anyway ‘n paar glase water om deur te werk….

Almal het lekker gelag en dit was dit, geen pressure en almal het lekker saam gekuier. Nie so moeilik nie, ek dink ek gaan hierdiekan doen en stick by my verskeie beloftes aan myself.

Ek was nog altyd ‘n uitgesproke mens en sal dit altyd bly. Die misdaadsituasie in die land, met die wereldbeker om die draai is besig om my morbied te maak, miskien is dit net die media wat meer daarop konsentreer, ek weet nie maar dit lyk my dit raak erger.

Die feit dat die president weier om sowat 26 000 briewe van Suid-Afrikaners oor misdaad in ontvangs te neem, is ‘n klap in die gesig van daardie Suid-Afrikaner wat die moeite gedoen het om hulle vrese te verwoord en ‘n public relations disaster van die presidensie se kantoor wat die afgelope twee weke steier onder gerugte van owespel, seks, buite egtelike kinders en korrupsie.

Om te lag is goeie medisyne vir die siel en die gemoed. Wanneer laas het jy lekker gelag, ek probeer deesdae rede vind om te lag, lekker en sommer so uit die maag uit. Doen jouself ‘n guns as jy wil lag, kyk gerus weer die movie housesitter wat deesdae op DSTV wys, dis genesing vir die siel om lekker te lag.

Nou ja ek is in dag 4 van my nuwe lewe, so far so good, ek voel beter oor myself, oor my lewe en sommer oor alles in die lewe.

Later

Wimpie

2 comments to Dag 4

  • Danie

    Die vriende wat sal oorbly, jou support, en nie pressurize nie…dis die ware vriende wat 200km sal ry in die middel van die nag om vir jou petrol te bring

  • Janine

    Ek is baie, baie, baie…nee wag, BAIE trots op jou!
    You go boy! En soos jou boet se, jy sal nou sien wie is ware vriende!

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>