Wel dit moes seker een of ander stadium in my lewe ook met my gebeur. Dit is tyd om lank en ernstig na myself in die spieel te kyk en besluit of ek hou waarvan ek so baie sien…
Wel so ‘n geleentheid het homself die afgelope naweek voorgedoen tydens Valentynsdag, ek het genoeg tyd gehad om te besluit oor dinge wat ek in die lewe wil he en nie wil he nie, hoe ek onthou wil word en hoe ek wil he my kinders moet my eendag onthou.
Mens kan nie eenvoudig deur die lewe slinger van een dronk partytjie na die volgende een in ‘n waas van lee memories omdat jy die helfte van die aand nie kan onthou nie, en dan more doen jy dit weer…
Ek het ‘n gesprek met my broer en sy vriend gehad Saterdagaand na die rugby oor godsdiens, my persepsie daarvan en hoekom ek nie net alles kan aanvaar wat in ‘n boek opgeteken staan nie.
Dis ‘n gesprek wat al ‘n lang pad kom, nie net met my broer nie maar ook met myself. Jy sien ek ken soms die pad goed genoeg om te weet wanneer ek te ver van hom afgedwaal het….. Dis soos die ou gesegde dat mens nie hoef kitaar te speel 0m te hoor wanneer iemand vals speel nie.
Ek het harde woorde met my broer gepraat oor massa hipnose, geld se rol in die kerk en hoe kerkmense optree. Hy het een ding gese wat vir my ‘n openbaring was sonder dat hy dit weet want ek het dit al vantevore gehoor, en dit was nie by ‘n mens nie dit was in my eie kop in een van my eie privaatgesprekke met Wimpie, en die ding is my broer het dit gese presies soos dit in my kop opgekom het….. lank gelede al en woord vir woord.
Ek gaan nie se ek het die lig gesien nie, kom ons se maar eerder die grond het water en kunsmis gekry en is reg om in geplant te word….. kan dit wees??
Wel ek weet nie, kom ons se maar net ek is gereed om baba treetjies te gee….. een op ‘n slag….. eerste een is iets wat ek anyway lankal besluit het en dis om die jaar op te hou drink….. nie heeltemal nie, maar op te hou partytjie tot die volgende oggend en dat ander mense my moet vertel wat ek gedoen het…. daar sal perke wees, een of twee en dis dit, en niks meer shooters nie en, en en…
Ek weet nie of dit ‘n groot stap is nie, maar dis ‘n stap en dis myne, ek is ook klaar met vroumense, die regte een sal kom, ek gaan nie meer soek nie, ek is seker iemand sal oor my pad kom of iemand wat reeds daar was sal terugkom, ek weet nie hoe, wie, wat of waar nie maar ek gaan nog ‘n stap neem en glo dit gaan gebeur.
En ek gaan ‘n tiende van my geld skenk, weet nog nie aan wie of wat nie maar ek gaan, kom ons kyk wat gebeur, dis ‘n mondvol, dis nie veel nie, maar dis wat ek gaan doen. Maak vas die sitplekgordels, ons gaan bietjie ry….
Right, ek het vir die eerste keer in ‘n lang tyd in my lewe spiere, die resultaat van oefen, oefen, reg eet, hardloop en baie water, ek kan ook een van die dae foto’s sonder my hemp laat neem, ek dink ek lyk die beste wat ek nog in my lewe gelyk het en het vandag selfs twee keer gaan oefen….. hey ek het 15 maande al opgehou rook, ek het nou opgehou drink en ek oefen en eet reg…..mmm enige vrou se droom hehehe. Hey maar ek soek nie, sy sal kom…. so se almal vir my!
Wimpie







Halle vrekken lujah!! JY MOET jou sitplekgordels vasmaak, want dis n ride wat jy nie gaan glo nie. O, en weet maar verseker jy gaan baie aanvalle van die duiwel kry, hy wil glad nie he dit moet gebeur nie! Onthou net minder van jou- meer van Hom, en gee n tiende sonder om iets te verwag, en met n blye hart. dis stap 1. Los die res vir God, maar laat Hom toe. Ons bid steeds
Trots op jou!!