Eina

Wat is die punt daarvan om ‘n blog te he as jy nie 100% eerlik is met dit nie…. Okay so kom ons wees eerlik.

Ek sukkel, sommer baie, om oor ‘n ding te kom, daar gaan nie ‘n dag verby dat ek nie daaraan dink nie en dit maak my mal om te dink ek is nie so special as wat ek gedink het ek is nie, dit maak my mal om te dink dat iemand nie dieselfde mate van gevoellens het/gehad het, as wat ek het nie.

Ek sal NOOIT wel ek skryf dit hier so dis eintlik irrelevant wat ek se, laat deurskemer hoe ek voel nie, ek is stukkend binnekant, dit vreet my op en hierdie is my enigste manier van uiting gee aan dit wat ek voel, ek is gatvol verby!

Daar kom seker ‘n tyd in mens se lewe wanneer jy moet grootword, dit voel net vir my asof ek daai deel in my lewe geskip het, hierdie is nie normaal nie, dis nie normaal om so te voel nie en dis nie normaal om so te wees nie. Ek het net eenvoudig geen idee hoe om in ‘n verhouding op te tree nie en ek het nog minder ‘n idee hoe om dit uit te sorteer.

Ek het tyd nodig om dit uit te werk, dis net eenvoudig asof al die planete in die sonnestelsel saamspan om my en net vir my, sielsongelukkig te maak.

Wat bly oor, ek weet nie, dis die waarheid, ek weet niks meer nie, ek het nie die antwoorde op enigiets nie…. ek is helaas nie die mens wat ek gedink het ek is nie…

Daar is niks oor om te se nie. Hierdie gaan my laaste inskrywing wees vir die week wees. Nota aan myself, onthou hierdie gevoel wat jy nou voel, werk dit uit, moenie dat dit weer gebeur nie, hou jou hart joune en net joune…

W

2 comments to Eina

  • Danie

    n goeie sielkunde student, kan n hele meestersgraad tesis oor jou doen, ek gaan egter net 1 of 2 goedjies uitlig.
    1. Almal is special…nie een mens is meer special as n ander nie.Elkeen met sy eie stel gawes en talente. Jy faal baie keer om dit raak te sien. Ons gesprek in Margate verwys…haar werk is nie so exciting soos joune, syt nie ambisie. Wat maak jou werk meer special? wats fout met iemand wat elke dag n goeie eerbare dag se werk insit en n stel talente en gawes gebruik wat vir hom/haar special is.
    2. Iemand het dieselfde mate van gevoelens gehad as jy, selfs dalk nog meer as jy, maar weereens het jy dit nie raakgesien nie.Ek gaan nie uitbrei nie, maar dink op watter verskillende maniere net met die launch van Raymond se cd sy jou bygestaan het.
    3. Dis tyd om jouself te leer ken.Ondersoek in te stel, en op te hou almal en als te blameer behalwe jy. Ek se nie jys altyd met als 100% verkeerd nie, en ja, die ander mense het ook foute, maar dis hulle probleem om hulle probleme uit te sort. Net jy kan jou eie uitsort. Los die ander, begin met jou.( Ek klink soos Michael Jackson) Ek praat hard met jou, want four five six. F*& jy wil nie hoor nie!
    4. n idee om n verhouding te hanteer- minder van jouself, meer vir die ander persoon. Jys nie al een n verhouding nie. It takes two
    5. Fokus op jou goeie punte ook. Jys funny, jy het n gawe dat mense nie lank vir jou kan kwaad wees nie,kan maklik vriende maak… wees net jouself. Moenie voorgee nie. Luister na ander, stel belang in ander, toon empatie

    Weereens, soos my laaste comment gister, wat ek weet hoekom jy dit nooit geplaas het nie…use it, dont use it…up to you

  • Teresa

    Ek kan vir jou een ding se: Luister na jou hart. Gaan terug na haar toe en kruip voor haar voete as dit nodig is. ….Dis die bottom line en jy moet doen wat jou instink vir jou duidelik wys….dis al wat jou happy gaan maak. Dis eintlik doodeenvoudig, maar mense maak hulle eie liefdeslewens vrek ingewikkeld.

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>