Die lewe, mense en dinge...
Om te staak…
Mense het sekere basiese behoeftes nodig om te kan lewe en seker die mees belangrikste ding wat mense maak “tick” is drome en hoop…. as jy dit van iemand wegvat dan vat jy sy lewe weg. Dis die hoofrede waarom ek nie sommer net veroordeel en kaalvuis onder al die stakers inklim nie, dis op die einde van die dag ook maar net mense wat moet lewe in ‘n wereld waar alles opgaan en duurder word en lewenskostes byna daagliks styg en byna onbekostigbaar word.
Wat tans besig is om in ons land te gebeur is op baie vlakke nie veel anders as wat met die Franse rewolusie gebeur het nie…. Die arm mense wat die werk doen en noodsaaklike dienste aan die gang moet hou is die mense wat kripeer van die ellende en die rykes word net al hoe ryker en iewers is daar ‘n punt waar die twee nie meer in harmonie met mekaar kan saamleef nie en dan kry jy groot probleme, veral wanneer gewone mense sien hoe hulle belastinggeld verduister word deur korrupte regeringsamptenare wat deur gewone mense verkies is…
Kom ons wees nou maar eerlik wie van ons kan met ‘n behuisingstoelaag van R850 per maand oor die weg kom?
Die teenoorgestelde is ook waar dat mense nie in poste soos die gesondheidsdienste met mede landsburgers se lewens kan dobbel ter wille van ‘n skamele R150 per maand nie. Wanneer mens in daai beroep ingaan weet jy tog dat jy nie miljoene gaan verdien nie en ek is seker vir die meerderheid verpleegsters en hospitaalpersoneel is dit nie ‘n beroep wat deur hulle gekies is nie, maar ‘n beroep wat wat HULLE gekies het.
Dis terselfdetyd teneerdrukkend om hierdie mense elke jaar te sien verarm…
Wanneer ryk mense met hulle gewone daaglikse lewe aangaan is dit moeilik vir hulle om te verstaan waaroor die bohaai gaan. Maar daar kom ‘n tyd in elkeen van ons se lewe waar ons afhanklik van hierdie selfde mense gaan wees, en waar al die geld in die wereld nie jou gesondheid vir jou gaan kan koop nie.
Dis vir my altyd lagwekkend om te sien hoe mense hulle rykdom vir hulself oppas en met niks en niemand wil deel nie, maar tog wanneer dit nie goed gaan met die gesondheid nie is almal maar te gretig om te betaal om gesond te word… dan is dit te laat…
Nou ja ek het maar net gevoel ek wil my deel bydra tot die hele debat.
Later
Wimpie
Selfaangestelde direkteure by radiostasies… pasop!
My vorige inskrywing het so bietjie geraak aan Selfone en die rewolusie wat in die radio bedryf wag binne die volgende paar maande.
Verby is die dae van luisteraars wat na ‘n radiosatsie moet luister want daar is nie ‘n ander keuse nie…
Die koms van die internet het hierdie prentjie totaal verander en soos bandwydte by ons al meer bekostigbaar en vinniger raak, so is die speelveld ook gelykgemaak vir radiostasies in Suid-Afrika….
Die internet kan nie gereguleer word nie wat beteken enigeen kan sy eie radiostasie op die internet begin teen ‘n fraksie van die koste van ‘n outydse ‘radiostasie’.
Al wat jy nodig het is ‘n mikrofoon, rekenaar en ‘n mixer saam met ‘n diensverskaffer wat jou kan laat stream en jy is in besigheid.
Al wat Suid-Afrikaners van Internet radio weghou is duur en stadige bandwydte, maar dis iets wat besig is om te verander.
Nuwe motors oorsee is reeds besig om uit te kom met Internet compatible radios, wat beteken dat jy na enige radio stasie in die wereld kan luister. Podcasts maak dit moontlik om enige program op enige stasie, enige tyd in die wereld te kan luister.
Weg is die dae van streeksradiostasies soos Jackaranda, 94.7, KFM etc. As jy in Johannesburg na ‘n Kaapse stasie wil luister is dit so maklik soos programmeer net die URL in en daar gaan jy.
Dit kan natuurlik verrykende gevolge vir radiostasies se advertensie inkomste he…. skielik gaan sekere radiostasies nie meer net kan staatmaak op luisteraars want luisteraars in hulle streek kan niks anders opvang nie…. weg is die dae van “lewenslange” lede op gemeenskapsradiostasies se Raad van Direkteure en in is gelyke mededinging en kompetisie. Digitale radio is nog iets wat teen 2011 in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees wat ‘n horde nuwe frekwensies beskikbaar maak en die groot dinosorusse van die Suid-Afrikaanse radiobedryf, ‘n ordentlike run vir hulle geld gaan gee.
Hoewel digitale radio opwindend is, beteken dit nog steeds dat dit grootendeels gereguleer sal word en steeds nie die speelveld heeltemal gelyk sal maak nie.
Internetradio is dus die toekoms van radio as jy oop is vir kompetisie. Teen huidige bandwydte koste beloop dit so byna R4 per uur om na Internetradio te luister, wanneer bandwydte onbeperk raak gaan hierdie koste dramaties afneem.
Dis reeds vandag moontlik om deur middel van die sogenaamde “smart phones” soos die Iphone, Blackberry, Nokia ens. op Audiostreaming na enige radiostasie wat op die net bekikbaar is te luister.
Jy kan dus nou sommer in jou kar luister waarna jy wil. My Iphone het ‘n Iphone docking station in my kar waar ek net my foon inprop en instel op enige stasie wat Audiostream op die Internet. Sommer in ‘n japtrap kan ek na Howard Stern in New York in my kar luister oppad werk toe in Kaapstad.
Selfs al het jy kar nie ‘n docking station vir jou selfoon nie, is dit so maklik soos kry ‘n FM modulator wat sommer by jou sigaretaansteker inprop en op ‘n frekwensie op jou radio ingestel word en daar gaan jy.
Wat beteken dit alles vir die radio bedryf….. wel dit gaan ‘n rewolusie in die radio bedryf veroorsaak en wakker besigheidsmanne gaan ‘n fortuin maak…. Daar was nog nooit ‘n beter tyd om jou eie radio stasie te begin as nou nie. Dink maar terug so 20 jaar toe CD’s uitgekom het en die outydse plate vervang het.
Dink aan die elektroniese media waar daar geen tydskrif in die wereld bestaan wat by die elektroniese internet blogger Perez Hilton kan kers vashou nie. www.perezhilton.com
Hilton het ‘n Internet blog wat skinder oor die rykes en bekendes en kry so gemiddeld 5 miljoen trefslae per dag! Hilton het geen uitgawe vir papier en drukwerk nie en het ‘n jaarlikse inkomste van so $30 miljoen per jaar! Nie sleg vir ‘n outjie met ‘n skootrekenaar in ‘n koffiewinkel iewers in New York nie…
Dieselfde gaan met radio gebeur en ek sien uit daarna. Suid-Afrika, kry julle reg vir die groot Radio rewolusie, dis voor die deur en dit gaan vir gewone luisteraars ‘n groot veskeidenheid keuse bied…. weg is die groot mense wat julle so aan die neuse rondgelei het met wat hulle dink julle wil hoor en met koste van radio advertensie wat buitensporig is want daar is eenvoudig net nie ‘n alternatief nie….dank Vader daarvoor…. en pasop alle “lewenslange, selfaangestelde direkteure” van gemeenskapstasies en die Primedia’s van die wereld…. goeie gesonde kompetisie is uiteindelik oppad en ek is van plan om op die voorgrond daarvan te wees, soos met verskeie ander dinge, waarvan ek julle ook in die nabye toekoms meer van gaan vertel…. Tegnologie is hier om te bly… dankie Vader daarvoor!
Wimpie
Selfone verander Radio!
Ek wonder soms wat het ons gedoen in die dae voor selfone, ja ek is oud genoeg om die selfoonlose dae te onthou…
Selfone het ons lewens so ingrypend verander dat ek soms wonder of dit ‘n goeie ding is. Iemand se nou die dag vir my ek het jou gebel en jy antwoord nie jou foon nie. Wel miskien is daar ‘n rede vir dit. Miskien het ek nie my foon by my gehad nie, miskien was ek besig of miskien wou ek net eenvoudig nie die ding antwoord nie.
Ek dink nie daar was enige tyd in die mens se geskiedenis wat daar al ooit so ‘n aanslag op ‘n mens se privaatheid was soos nou die geval is nie! Selfone, Facebook, Twitter alles en almal wil 24 uur per dag weet waar jy is en wat jy doen, saam wie jy dit doen of hoe jy dit doen.
Waar het jy al ooit gesien ‘n ding soos ‘n selfoon kan iemand se maniere so aantas soos dit ons s’n doen. Ek staan nou die dag in ‘n winkel en die assistent is besig om my te help toe haar selfoon lui en sy so waar die vet my net daar los om haar foon te beantwoord, wie het dit al ooit etiket gemaak dat jou selfoon belangriker is as iemand wat daar by jou, in jou winkel en voor jou staan??
Ek dink ‘n selfoon is ‘n noodsaaklike euwel, maar ek dink ook dit moet nie alles oorheers en veroorsaak dat jy anti-sosiaal raak nie, okay ek weet ek het al met my foon in geselsskap gesit en facebook en ek weet dis simpel….
Selfone en tegnologie is besig om alles te verander soos ons dit ken en baie binnekort gaan die hele musiekbedryf dramaties verander en die radiobedryf is volgende.
Ek skryf volgende week oor presies hoe selfone die radiobedryf soos ons dit ken ingrypend en dramaties vir altyd gaan verander!
Tot dan
Wimpie
My naam is Wimpie … en JA ek ken rugby!
Ek het Maandag belowe ek verduidelik so bietjie my filisofie rondom rugby met julle. Jy sien vir my was rugby baie meer as net ‘n spel….. van kleins af al, ek het van Graad 1 af, toe ek die juffrou ‘n wedstryd uitgesaai het in plaas van ‘n storie vertel, reeds ‘n groot liefde vir die game ontwikkel.
Feit is ek ken elke enkele rugbyspeler wat vir elke provinsiale span uitgedraf het van 1970 tot 1985 en daarna is ek ook nie te sleg nie… Probeer bietjie die ene en nee jy kan dit nerens op die internet google nie, maar die van julle wat rugby ken sal die span dadelik herken:
Chris Luther, Keith Thorreson, Pierre Spies, Christo Wagenaar, John Knox, Len Gerber, Tommy du Plessis, Johan Marais, Thys Lourens, Piet Greyling, Moaner van Heerden, Louis Moolman, Daan du Plessis, Willie Kahts, Nick Bezuidenhout….
Dis Noord Transvaal se Curriebekerspan soos hy grootliks gelyk het in die middel jare 70’s. Jy kan dit maar gaan google en as jy ‘n website vind met hierdie info op laat weet my ook waar want jy kan dit nie kry nie. Ek ken dit uit my kop uit want dis waarin ek belanggestel het vir die grootste gedeelte van my lewe.
Kan jy nog Ian Buchannan, Danny, Delport, Ian Robertson, David Smith, Ray Mordt onthou, weet jy dat hulle die kern gevorm het van Rhodesie se rugbyspan wat in die Curriebeker hulle tuiswedstryde in Bullowayo gespeel het?
Onthou jy Jackie en Dawie Snyman, Roy en Ian McCullum, Chris Pope, Peter Whipp, Hennie Bekker, Div Visser en Neil Huge, Robert Cockrell, almal die kern van WP se span. Dan was daar Salty du Rand, Corrie Pypers, Kevin de Klerk, Dave Frederickson, Paul Bayvel, Gerald Bosch, Polla Fourie almal Transvaal.
Ons kan aangaan oor die Vrystaat se Pikkie du Toit, Wouter Huge, Ross van Reenen, Hansie Dercksen, De Wet Ras, Barry Wolmerans, Hermanus Potgieter, Gerrie Germishuys, Edrich Krantz en Gysie Pienaar.
Dan was daar Wynand Claassen wat sy loopbaan saam met Tommy Bedford en Alfie Cox in Natal begin het wat destyds maar B-Afdeling gespeel het.
Oos Transvaal of die Rooi Duiwels het sterre opgelewer soos Skip Henderson, Boet Mulder (Japie Mulder se oom), Jan Els (Die amper Springbok wat uit die span gelaat is vir Errol Tobias om ‘n donker gesig in die span te kry) Ertjies Durrheim, Piet Stofberg, Danie Nortje, Boesman Wilkenson en Kleinboet Fourie.
Daar was spanne soos Noord-Oos Kaap, Suidwestelike Distrikte, Suidoos - Transvaal, Griekwaland-Wes en Suidwes-Afrika, man dit was die dae, rugby was koning en ek het elke span, speler, afrigter en skeidsregter uit my kop uit geken, ek het geweet watter spanne speel tien man rugby wie speel totale hardlooprugby, ek het tot die toerspanne wat hier kom speel het uit my kop geken, doen tot vandag toe nog.
Onthou jy nog Andy Lesie se All Black toerspan van 1976? Onthou jy manne soos Bryan Williams, Doug Bruce, Grant Batty, Bruce Robertson, Syf Going, Ian Kirkpatrick en Billy Bush?
Die onoorwinlike 1974 Leeus wat net een wedstryd op toer nie kom wen nie en dit was die 13 elk gelykop laaste toets teen die Springbokke?? JJ Williams, JPR Williams, Andy Irvine, McGeegan, Phil Bennett, Gareth Edwards, Willie - John McBride, onthou jy die opgestopte Leeutjie wat hulle altyd op die veld mee gehardloop het? Weet jy waar is die Leeu tans?
Dan praat ek nie eers van die 1981 betogertoer in Nieu Seeland waar die wedstryd teen Waikato na twee ure se betogings afgelas is en waar ek en my broer 4 uur die oggend voor die TV vasgenael was on die game te kyk wat toe nooit plaasgevind het nie.
Kan jy onthou van die briljantheid van Naas, Botha, Divan Serfontein, Johan Heunis, Cqalla Scholtz, Jan Boland Coetzee en Jan Ellis om nie eers van ouens soos Morne du Plessis, Robbie Blair, Jan Schlebush of die du Plessis boeties te praat nie.
Ek het rugby ge-eet, geslaap en gedrink, ek weet dat WP die beker vyf jaar in ‘n ry gewen het en dat Noord-Transvaal in die 70’s die naaste daaraan gekom het toe hulle dit 4 keer in ‘n ry gewen het.
Na skool wou ek niks anders as sportjoernalis word nie en het Quintus van Rooyen, jy weet seker wie is hy ne! Rygbyskrywer van die Beeld en die amptelike houer van SA Rugby se statistiek, se assistent as statistiekhouer geword vir ‘n wyle, dit het behels om alle rugby te volg en telleings te dokumenteer en wie die punte aangesteken het, Klubrugby, skolerugby en provinsiaal en JA, internasionaal!
Op daai vlak ken jy die ouens op die punte van jou vingers wat meer van rugby af weet as jy, die ouens wat meer geweet het as el was Neil Steyn, Quintus van Rooyen, Johan Volschenk, Andre Bester en miskien nog so ‘n handjievol manne wat baie ;langer as ek in die land was.
Jy weet jy weet alles wat daar te weet is wanneer die manne jou 2uur, drie uur of 4 uur in die oggend uit die kroeg uit bel om te vra wie was nou weer daai ou wat senter vir Transvaal gespeel het en toe seergekry het en toe nooit weer gespeel het nie? “Jy weet mos daai ou met die donker hare, buitesenter hy was langerig gewees, ek het vir die ouens gese as daar een ou is wat weet is dit jy en daar is ‘n hengse weddenskap daaroor aan die gang, kom nou Wimpie man wie was dit nou weer” Uhm dit was Heinrich Fuls…. “JA!!”
Okay dis hoekom ek rugby ken, dis hoekom dit nie iets is wat jy net weet omdat jy die Blou Bulle of die Vrystaat of die WP support nie….. dis kennis wat jy opdoen wanneer jy rugby eet, slaap en drink….
Ja fokker, ek ken my rugby, ek weet waarvan ek praat en jy wat skaars ses ouens in jou eie span ken wil my persoonlik kom aanvat en my vertel ek weet niks van rugby af nie…. Hehehe, ek gaan beter wees as dit en net glimlag, maar voor jy weer ‘n comment oor iets so heiligs soos rugby op ‘n openbare forum soos Facebook waag skryf….. Lees eers gou weer die stukkie hierbo en besluit hoeveel weet jy rerig van rugby af en skryf dan jou groot wyshede vir ons neer toe!
JA EK IS WIMPIE VAN DER SANDT, STUDENT VAN DIE SPEL RUGBY, EN JA EK KAN PRAAT WANT EK KEN RUGBY! AS JY IETS WIL WEET VRA MY VOOR JY DIT WEER DURF WAAG OM MY OP FACEBOOK TE VLOEK OOR JY BOGGEROL VAN DIE GAME AF WEET NIE!!
Wimpie
Bittersoet nawekie…
En so gebeur daar gereeld dinge in die lewe wat mens herinner aan hoe vergangbaar alles is wat ons as vanselfsprekend aanvaar…
Wat veronderstel was om ‘n luilekker naweek van Golf en pret saam vriende te wees, ontaard toe in ‘n koue nat en hartseer naweek. Ek is gelukkig genoeg om al goeie vriende in die Kaap te gemaak het die afgelope paar maande wat ek hier bly.
Wanneer die dood sommer so skielik toeslaan en ‘n donker wolk oor ‘n andersins lekker naweek gooi dan dink ‘n mens onwillekeurig aan hoe verganklik alles in die lewe is. In letterlik ‘n kwessie van ‘n oogwink kan alles wat jy as vanselfwsprekend aanvaar, van jou weggeneem word. Een van ons vriendinne se kerel is Vrydagaand in P.E doodgery toe hy van sy motorfiets af gery is toe hy by ‘n verkeerslig gestaan het, die motor het hom 100 meter ver gesleep en nie stilgehou nie…
Dis baie hartseer aangesien ons al ‘n paar keer saamgekuier het en ek van hom gehou het, hy was een van daai ouens wat net eenvoudig likeable was en hy en die meisie het planne gemaak en sy sou P.E toe verhuis het in die toekoms…
En so maak ons planne en leef eintlik maar ‘n baie vergane lewe sonder dat ons dit besef en jaag alles na wat net eenvoudig in ‘n oogwink van ons weggeneem kan word.
En weer het ek besef hoe belangrik dit is om vir ander mense te leef en nie net vir jouself nie, die lewe is sooo kort dat ons dit nie altyd besef nie…
Wat die rugby van die naweek aanbetref was dit maar ‘n hartseer storie gewees… Die Springbokke het met passie gespeel en die feit dat hulle verloor het, het net weer bewys dat passie en talent alleen nie genoeg is nie. Die hele span moet op standaard wees om die bestes in die wereld te kan klop en ons skiet tans tekort wat die afrigtingspan aanbetref.
Verkeerde besluite en keuses van Peter de Villiers en kie het ons al vier toetse die jaar gekos. Div sal moet begin besef hy staan pa vir wat met die span op die veld gebeur en moet verantwoordelikheid aanvaar.
Niemand hou van verloor nie en verloor raak baie vinnig ‘n kultuur, een waaruit jy moeilik ontsnap. Die besluite wat hy neem laat my net eenvoudig na my asem snak. Wat kan die logika daaragter wees om Francois Hougaard, VIER minute voor die einde, met Ricky Jauary te vervang??
Die skeidsregter was weereens ons nie goed gesind nie en het beslis weer ‘n voorentoe aangee gemis wat gelei het tot ‘n All Black drie op ‘n kritieke stadium wat hulle die momentum gegee het om die wedstryd in die laaste twee minute te beklink, dat daai drie deur Ritchie McCaw gedruk is, is sout in die rou wonde van Springbokondersteuners!
Ek het geen probleem met die Sharks se oorwinning oor die WP nie, inteendeel ek het al verlede week probleme gesien toe WP die Blou Bulle getroef het, WP moes die Bulle baie verder geklop het maar die gebrek aan afronding is iets waaraan die streeptruie sal moet werk as hulle die septer die jaar wil swaai.
Op die oomblik is die WP en die Sharks egter ligjare voor die ander spanne in die Curriebeker en sal net ‘n dwaas sy geld verwed teen ‘n Sharks en WP eindstryd.
So dit was my naweek … bittersoet.
Later
Wimpie
PS. Later die week verduidelik ek wanneer mens kan kritiek lewer oor rugby en wanneer jy dit liefs nie te ernstig moet opneem en in onderonsies betrokke moet raak wat jou bietjie stupid laat lyk nie…
Die verskil is!
My tydjie in Johannesburg was soos gewoonlik weer kort maar ek het darem tyd gemaak om kwaliteit tyd saam met my kinders te spandeer. ‘n Mens se legacy is nou maar net een maal jou kinders, en ek het twee van die bestes wat daar is!
Wian, ondeund en hiperaktief en met ogies wat jou hart laat smelt voor jy nog kan dink jy is kwaad vir hom, en dan is daar Janine, beeldskoon en met ‘n volwassenheid wat jou onverwags sal betrap.
Hulle is werklik twee kinders om op trots te wees en dit is presies wat ek is.
My tydjie in Johannesburg het my net opnuut weer laat besef ek is, ten spyte van die feit dat my kinders daar bly, klaar met daai plek.
Dis so ‘n ander gevoel waarmee ek vandag op die lughawe geland het, meesal ‘n gevoel van verligting… moenie my verkeerd verstaan nie, ek weet waar is my roots, en nee die Kaap is by verre nie volmaak nie, maar dis vir my volmaak, presies wat ek wil he en waar ek wil oud word en waar ek wil bly vir nou.
Ja die Kapenaars lewe op ‘n ander planeet, nee hulle kan nie kar bestuur nie en hulle is totaal onvoorbereid vir dit wat in die land gebeur, maar hulle is vriendelik, by verre nie so opgestress soos die res van die land nie en hulle is rustig en naief, en aanpasbaar, en druk nie om elke hoek en draai ‘n middelvinger in jou gesig nie!
Die Kapenaars leer nie hulle kinders van die gevare van die land nie en ook nie van besigheid nie, maar dis juis daai onskuld wat my bekoor, en hulle het goeie maniere… wel die wat ek ken ten minste!
Dis naweek en daar le ‘n golfgame, die eerste in meer as n jaar vir my en wag die naweek, by Erinvale nogal, en natuurlik baie rugby, die WP/Sharks en dan die klein wedstrydjie tussen die Bokke en die All Blacks in Soweto!
Dit gaan ‘n lekker naweek wees, ek het soveel om na uit te sien….. en dankbaar te wees! Geniet joune!
Wimpie
Anti Gauteng!
‘n Mens sal dink dat jy net een keer in jou lewe jou kop sal stamp en dan doen mens dit jouwerklikwaar nog ‘n keer. Die uwe het homself alweer stukkend verbrand, die keer in ‘n tancan, en binne net tien minute, nee regtig dis nie snaaks nie en is net pleinweg flippen seer!
Dit daar gelaat, ek is gou die week vinnig in Centurion vir twee dae om besigheid af te handel en sal weer Donderdag in die Kaap wees, die ding is, ek wil rerig nie meer in Gauteng wees nie, ja ek is bederf met die mooiste Kaap, waar dit altyd groen is, ek weet nie meer wat dit is om stof oral te he nie, ek is ook nioe meer gewoond aan die droogheid van die lug hier in Gauteng nie, en ek kan ook nie meer die mense se ongeskikgeid handle nie.
Die mense in die Kaap is net eenvoudig vriendeliker as die mense in Gauteng en is meer tolerant teenoor hulle medemens. Sommer binne die eerste vyf minute hier draai twee mense voor my in en groet my met ‘n middelvinger, ek glimlag maar net en troos my daaraan dat en net twee dae hier MOET wees en dan kan ek wees teruggaan, dankie tog!
Hoekom is  en in Gauteng? Wel ek is besig met ‘n baie opwindende projek en iets waarna ek vreeslik uitsien, iets uniek en iets wat die hele land onkant gaan vang. Wat dit is gaan ek uit vrye keuse nie nou vertel nie, ek het al te veel geleer in my lewe om nie sommer net meer al my planne uit te blaker nie.
Kom ons se maar net ek is tans op ‘n goeie plek in my lewe wat alles aanbetref, alles in my lewe is besig om in plek te val en ek voorsien binne die volgende drie maande om uit die donkerte en in die lig te wees!
Ek kan nie glo hoe alles binne ‘n oogwink kan verander nie…. ek wonder as mense wat selfmoord plees, weet hoe vinnig dinge kan verander hoeveel van hulle sou dit nog gedoen het en hoeveel van hulle se uitkoms was om die draai, maar hulle het nie hulslelf toegelaat om hoop te he nie.
Moet nooit tou opgooi nie, hou altyd aan tot die bitter einde, uitkoms is daar wanneer jy dit die minste verwag…. die nag is op sy donkerste net voor die son begin opkom!
Nou ja, ek blog weer as ek in die Kaap se helder skoon lug is!
Wimpie
Nuweland toe met jou!
Nou ja, vir ‘n kort week was dit nogal ‘n lang week gewees….
Wat doen ‘n WP aanhanger wat nou onlangs Kaap toe getrek het as die WP teen die Blou Bulle op Nuweland speel… jy sorg dat jy ten alle koste ‘n kaartjie in die hande kry, nou dis presies wat ek gedoen het en ek sal more op die stadion wees as ons ‘n roemryke oorwinning oor die Bulle behaal!
Hierdie week was ook die week waar ek amptelik my hertoetrede tot die gym gemaak het en besluit het om ontslae te raak van al die ekstra gewiggies wat so saam met die winter hand aan hand gaan! Ek is gedaan en het sommer gou gesien hoe sleg mens in die winter kan raak, gelukkig het ons tans die mooiste weer in die Kaap.
Dis nie te warm nie, so tussen 22 en 24 in die dag en in die aande nooit onder 13 nie, my tipe weer, ek hou nie van die drukkende hitte van die somer nie!
So dis naweek, dis ‘n epiese titaniese stryd tussen Noord en Suid, en ek kan nie wag nie…. hier is ‘n lusmaker!
Wimpie
Hoop en geloof!
Ek het nou weer gesien dat mens se tyd is eintlik maar niks as jy die groter prentjie in ag neem nie, ons tyd en wanneer ons wil he dinge moet gebeur tel eintlik eenvoudig net nie, daar is groter en beter dinge vir ons bestem as enigiets wat jy op die oomblik deurgaan, dis net ‘n geval van glo dit en dan sal die wonderlikste dinge met jou gebeur.
Waar ek skaars ‘n paar maande gelede op moedverloor se vlakte was en my toekoms ernstig moes besin besef ek nou dit was alles net eenvoudig iets wat ek moes deurmaak om te help met my groeiproses, die groeiproses van die lewe, en vandag kan ek werklik se dis moontlik om mens se lewe binne ‘n paar dae om te swaai.
Daar het so baie opwindende goed oor my pad gekom die laaste wel, kom ons se maar die laaste week, dat dit moeilik is om te verstaan hoekom ek so na aan opgee was ‘n paar weke gelede…. moenie my verkeeerd verstaan nie, alles is nog nie 100% reg nie, en dit gaan ook nie 100% reg wees voor November of miskien self Desember nie, maar ek verstaan nou baie beter waaroor alles gaan.
Die ergste ding wat mens aan iemand kan doen is om hoop van ‘n persoon af weg te vat, hoop en geloof want sonder dit is ons maar eintlik niks nie.
Ek glo weer aan die toekoms en is betrokke by baie groot projekte wat my weer laat tick en wat my uit my huidige probleme binne enkele maande sal kry. En dit is al waarvoor mens kan vra!
Wat al hierdie dinge is sal ek so mettertyd bekend maak…. jy sien nog iets wat ek uit hierdie hele proses geleer het is geduld…. so alles sal weldrae bekend word, wees geduldig…… maar dis die moeite werd, intussen gaan ek ook een van die dae groot nuus oor die radio stasie he waar ek tans stasiebestuurder en middag drive show omroeper is, en glo vir my, dis GROOT nuus en ek is die opgewondenheid vanself….. maar meer daaroor later!
Wimpie
Mense en kopwurms…
Die laaste paar maande in my lewe het gesorg dat ek belangrike lesse leer oor die lewe, mense en dinge.
Die eerste en mees belangrikste les is om nie met mense se lewens te speel nie, almal is maar emosionele wesens en almal sal veg as hulle bestaan bedreig word, dis alles maar net die feite van die lewe en hoe dinge werk.
Mense is interessante kriature op die beste van tye en is soms warm en soms koud. Wat maak mense tick? Wel verskillende goed is die beste antwoord waarby ek kan uitkom, vir party is dit seks, vir ander geld, vir ander mag, maar vir almal van ons is dit erkenning. Erkenning vir dit wat jy gaan doen, gedoen het of sommer net vir wat en wie jy is.
Ons het nodig om verseker te word van ons stand in die samelewing en waar ons inpas. Ek weet nie wat die rede is hoekom ek vandag so voel nie, dis maar net weer een van daai dae waar ek dink dis belangrik om te gesels met die mense in jou lewe en vir almal te verseker van hulle belangrikheid in die ekosisteem wat jou lewe is.
Soms doen ek maar dinge soos ek voel ek moet dit doen dis nie beplan nie, ek skryf soos dit in my kop inkom, ek weet baie mense het die afgelope tyd op my staatgemaak en ek weet as gevolg van omstandighede totaal buite my beheer, kon ek net eenvoudig nie almal gelukkig maak nie.
Dis die grootste teleurstelling wanneer jy mense teleurstel wat jy rerig nie wou nie en jy het nie beheer daaroor nie. Op die einde van die dag is daar net een persoon wat dit kan regstel en dit is jyself. Die beste wat jy kan doen is om te vertel wat aangaan en dan maar dinge in plek te stel om alles te probeer regmaak, meer as dit kan mens nie doen nie.
So gaan vandag en vertel vir die mense na aan jou waar pas hulle in jou lewe in!
Wimpie