Afrikaanse musiek…

Ek sien ek word in sekere sosiale media kringe gekritiseer oor ‘n inskrywing op hierdie blog op 30 Deptember 2010, twee jaar gelede…

Nou twee jaar gelede het baie dinge in my lewe gebeur, ek onthou die dag goed toe ek hierdie betrokke onskrywing gemaak het.

Ek was alreeds sewe maande in Kaapstad en was diep in ‘n geldelike krises, soos ‘n ou maar raak as jy in sewe maande so 20% van jou salaris sien!

My seun was oppad om uit sy skool gesit te word vir wanbetaling van skoolgeld, my huis was drie maande agterstallig, en my kar so vyf maande!
Om te se ek was ietwat gatvol vir die Kaap, musiek en radio is miskien bietjie van ‘n understatement!

Die dag toe ek die blog geskryf het, is ‘n CD van, kom ons se maar net twee ‘minder bekende, of minder goeie’ Kaapse sangeressies op my tafel gesit..

Miskien was ek verkeerd want een was al nommer 1 op ‘n treffersparade…. Go figure!

Ek het gedink dis gemors en geweier om dit te laai. Ek dink vandag nog daar is goeie en minder goeie Afrikaanse musiek

Twee jaar gelede was Julius Malema ‘n grootkop in die ANC en Schabir Schaick in die tronk.

Twee jaar gelede het ek die musiek en radio bedryf gehaat en sommer die Kaap ook… vandag twee jaar later haat ek dit nie meer nie.

Snaaks hoe dinge in twee jaar kan verander, wel sekere dinge!

Twee jaar gelede het ek gedink my dogter is ‘n stubborn tiener en sy het gedink haar pa is verkramp, vandag dink sy ek is okay en ek dink sy is ‘n pragtige inteligente jong vrou…

Twee jaar gelede was die wereld donker, vandag skyn die son.

Twee jaar van nou af gaan ek waarskynlik dink Heineke Meyer is ‘n great afrigter, vandag weet ek nog nie so lekker nie!

Punt is, jy kry goeie Afrikaanse musiek, jy kry slegte Afrikaanse musiek, ons probeer die goeies speel en die slegtes van ons speellys afhou! Dit het nog steeds nie verander nie, ek sal nog steeds nie sekere musiek in my kar speel nie, Engels, Afrikaans, Rock maak nie saak nie, goeie musiek is goeie musiek, gemors is gemors, maak nie saak waste baadjie jy daarvoor aantrek nie!

Sela….

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

2 Responses to Afrikaanse musiek…

  1. Dakkie Swanepoel says:

    Wimpie jy is so reg wat jy daar se !!! Party mense KAN natuurlik nie verander nie soos ‘n gewoonte misdadiger, dit is sy natuur om te steel, so is daar ook ‘n persoon/e wat geld verduister, hulle kan nie hul hande van ander mense se geld af hou nie en gebruik dit vir EIE gewin….. en so kan ons aangaan, MAAR dan kry jy die mense wat werklik verander en dit is wat jy gedoen het en jy het bewys ‘n mens KAN verander !!!

  2. Piet Bokbraai Bernardo says:

    Elke persoon is geregtig op sy eie opinie! In elk geval stem ek 110% saam met jou wat jy hierbo se. Weet nie hoekom jy jou eers steur aan sulke kritiek nie. Baie van ons was al in dieselfde bootjie, maar ten minste kan jy met trots se dat jy deur die drif is, en n wyser/sterker mens is as 2 terug. Ek (en duisende ander) is trots op jou…en die’ wat jou so die heeltyd wil kritiseer, vermoed ek, is die heeltyd dieselfde persoon/e. Daar is nie baie wat kan se hulle lewe het so’ verbeter in 2 jaar se tyd nie. Dan doen jy mos IETS reg. Nee wat, tjomma. Solank jy vir ons het wat agter jou staan en jou ondersteun, hoef jy jou oor niks te bekommer nie.