Poligraaf…..

Ten spyte van sekere mense se beste pogings om ‘n poligraaf toets te diskrediteer, is ek trots om te se ek het gegaan vir myne en dit geslaag sonder probleme, nie moeilik as jy die waarheid praat nie!

Ek moet erken dis nie ‘n lekker ding nie en ek wens dit graag vir my grootste vyand toe!Ek publiseer graag die verslag van my toets maar dit gaan ongelukkig eers na my regsmense toe. As mens vals aantuigings teen iemand anders in die media maak, is daar ongelukkig sekere nagevolge wat jy moet dra, daar is geen manier hoe ek dit daar gaan los nie. Die onus is nou op die ander party om te bewys dat die beweringe wat gemaak is nie opsetlik en sonder ENIGE bewyse gemaak is nie. Indien daai persoon dit nie kan doen nie moet hy maar die gevolge dra.

Hiermee sluit ek hierdie ongelukkige hoofstuk in my lewe finaal af en los dit daar behalwe vir die volgende paar stellings:

Ek het my woord gestand gedoen en myself deur ‘n poligraaf toets gesit deur die nommer 1 poligravis in die land, ja hy het in Amerika afgestudeer en was die nommer een student in sy klas, dit sal alles gesien kan word op die verslag.

Ek is NIE die stigter van die HSS blad nie, ek weet NIE wie die stigter is nie, ek het GEEN vals profiele op Facebook nie, derhalwe is ek ook NIE Pieter Smit nie, ek het NIE Radio Houtstok se Facebook blad gehack nie, Radio Houtstok skuld my agterstallige lone van nagenoeg R150 000, ek is NIE die persoon wat Carte Blanche gekontak het nie, en ek het nie Louis en Cecily se liefdesverhaal op Facebook gelek nie.

My boek is in ‘n gevorderde stadium en ‘n uitgewer het reeds met my kontak gemaak vir die verspreiding daarvan.

Ek het bewyse wat ek reeds aan die regte owerhede verskaf het tesame met tasbare bewyse in die form van dokumente en sekere eposse sowel as verklarings dat nie my of Bok Radio se personeel se lewens op hierdie stadium veilig is nie, vandaar die bykans kluisenaarsbestaan wat ek tans voer, nee ek gaan nie meer uit nie, behalwe net na baie goeie vriende toe wat ek vertrou.

Ek het dit al voorheen gese en ek se dit weer, ek het GEEN probleem met ENIGE ander radiostasie op die lug nie want ek glo in kompetisie en as ek bang was daarvoor sou ek nie gedink het Bok Radio is goed genoeg om te kompiteer nie en dit weet ons almal teen die tyd is ‘n bol snert!

Ek hoop dat ek nou toegelaat sal word om te doen wat ek die beste doen en dit is om ‘n radiostasie op die lug kan he waar daar nie ‘n donker wolk oor hang nie en wat net die beste, mees professioneelste en populerste programme aan ons luisteraars kan bied.

Die gees in die Bokspan is uitstekenend en ek sal veg vir die reg van elke omroeper by Bok Radio om vry en sonder die dreigement van fisiese leed te kan rondbeweeg en hulle werk te kan doen in die gemeenskap.

Laaste woord van waarskuwing, vat ons aan op die lug, geen probleem nie, maar tree buite die wet op en ek sal geen steen onaangeroer laat om die waarheid te laat seevier nie, as dit ‘n poligraaf toets is en ek moet myself die vernedring laat deurgaan then so be it!

Ek kan niemand dwing om dieselfde te doen nie, dis soos die poligraaf duidelik gese het, jou eie keuse. In my oe trek dit die streep tussen ongegronde halwe waarhede en feite….

My volgende blog sal wees oor iets meer aangenaam, my troue wat om die draai is! Sien uit daarna…. Die gevoel om iemand in jou lewe te he wat jou onverwaardelik ondersteun deur alles, is iets wat ek nie aan iemand kan verduidelik nie.  Dankie Natisha.

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

5 Responses to Poligraaf…..

  1. Ronelle says:

    Ek is bly dis ‘n hoofstuk wat jy kan afsluit en aanbeweeg, alhoewel ek glo dit nie die einde van die hele debakel is nie. Jy ken LB beter as ek en ek weet hy gaan weer ‘n bohaai opskop en alles ontken – ons ken hom al so!
    Voorspoed met die troue – dit alleen is al stresvol genoeg! Ek hoop al die reëlings verloop glad. Ek was die afgelope naweek op ‘n troue in Montagu – baie mooi en ons het heerlik gekuier. Die dag gaan eintlik so vinnig verby dat dit vir my sinneloos is om derduisende rande te spandeer. Hou dit eenvoudig, maar smaakvol. Ek dink die belangrikste is die blomme – dit vrolik alles op, jy het geen ander tierlantyntjies nodig nie. Sterkte!!

  2. Annemare Nortier vd Merwe says:

    Ek is wraggies ook bereid om te gaan. Dat die man se ek het die artikel gesaboteer. Nog steeds die hel in daaroor. Die manier wat hy dit geskryf het, was soos kind wat tandrum gegooi het.
    Mooi gedoen Wimpie, alles van die beste vir jou en jou malkoppie Natisha.

  3. Riette Basson says:

    LB is steeds besig om jou te probeer diskrediteer op hulle FB blad. Regtig iemand wat mens nie mee moet paaie kruis nie. Gelukkig draai die wiel gewoonlik op sulke mense, want jy kan nie vir altyd mense ‘n rat voor die oe kan draai nie. Iewers seevier die waarheid. Ek hoop regtig Carte Blanche doen weer ‘n storie oor hom en sy doen en late.

  4. Lisa says:

    Please could you let me know what is going on with the two radio stations. We just can’t get reception for 98.9, we prefer this station than 91.3.
    My husband and I are so confused. The stations go on and off. We get 98.9 in the car, but I can’t spend the day in the car. We have added an extra aerial, but still doesn’t work. Why is this happening?

    Are they working on the reception for 98.9 or can one only get it on audio streaming. Is it going to stay this way?

    Please let me know what is going on.

  5. Reuben Florence says:

    Ek dink dis tyd dat jy jou nuwe aanwins tot die bokspan bekend maak dit sal behoorlik n gesprek punt wees…