Houtstok…..uhm nommer…. whatever!

Ek is seker hierdie blog gaan more die mees geleeste een wees in die geskiedenis.

laat ek dit gou duidelik maak, die boek wat ek besig is om te skryf gaan ALLE antwoorde bevat op alles wat te doen het met die Baartmans en met Houtstok.

Ek sal laat weet wanneer ek my inskrywing more sal maak aangesien ek gou more ‘n poligraaf  toets gaan laat doen om die jongste kaf wat Louis aan die media opdis te bewys as versinsels en leuens.

Ek vertel in my boek ALLES van die begin tot nou, hoekom ek vandag byna ‘n jaar na Radio Houtstok nog steeds skuld afbetaal wat ek nie sou gehad het as dit nie vir Louis Baartman was nie, teen September die jaar beplan ek om my laaste “houtstokskuld” af te betaal. Ek is een van die gelukkiges wat dit darem kon doen……. vele ander was nie so gelukkig nie.

Die jongste beskuldigings deur Baartman oor my is dat ek die Radio Houtstok fb blad gehach het, dat ek die stigter is, en weet wie saam my agter die Houtstok Sirkus blad staan, dat ek verskeie vals profiele op facebook het, dat hy my GEEN salaris skuld nie, dat Bok Radio die rede is hoekom Houtstok so swaar kry en dat ek iemand met die naam Pieter Smit op die Houtstok Sirkus Blad is.

Ek het reeds ‘n onafhanklike poligraaf toets gereel wat Maandagoggend om 10h00 by onafhanklike mense gedoen word. Die volgende vrae sal aan my gevra word:

1. Is ek die stigter van die HSS blad.

2. Weet ek wie die stigter van die blad is?

3. Het ek Radio Houtstok se blad gehack?

4. Het ek of enige Bok Radio personeellid enigiets met die sogenaamde gehackery van Radio Houtstok se blad uit te waai?

5. Het ek ENIGE vals profiele op facebook?

6. Is ek Pieter Smit of enige ander karakter op Houtstok Sirkus of enige ander karakter op enige ander blad?

7. Is ek op ‘n slegte voet weg by Oos Rand Stereo?

8. Skuld ek enige gelde aan Anton Goosen of Steve Hofmeyr?

9. Is ek die dryfveer agter enige komplot teen Radio Houtstok?

10. Skuld Louis Baartman my R168 000 in onbetaalde salarisse en kommissies?

11. Is ek die persoon wat Carte Blanche gekontak het?

12. Weet ek wie die persoon is wat Carte Blanche gekontak het?

13. Het ek sy skype gesprek met Cecily aan Houtstok Sirkus laat uitlek?

Ek maak nou in die openbaar die volgende aantuigings teen Louis Baartman.

Hy het aan ICASA gese ons tree “fruadulantly” (sic) op in ‘n poging om seker te maak Bok Radio moet van die lug afgaan. Verder het hy mense geld aangebied om my en van my mede omroepers ernstig te beseer. Hy het ook aan ‘n Radio Houtstok omroeper gese hy gaan iemand reel om my “uit die weg te ruim” Verder het hy my beskuldig daarvan dat ek Carte Blanche op sy spoor gesit het, terwyl ek vir hom gewerk het.

Indien enige van hierdie stellings onwaar is daag ek Louis Baartman uit om ‘n poligraaf toets te laat doen en ek wil net die volgende vrae he hy moet beantwoord dan sal ek ‘n onvoorwaardelike verskoning aanbied vir my uitlatings:

1. Het jy enige vals facebook profiele?

2. Gebruik jy enige vals facebook profiele om skinderstories oor Bok Radio te versprei?

3. Het jy ‘n skrywe aan Icasa gerig om Bok Radio te diskrediteur en van die lug af te haal?

4. Het jy gedreig om Wimpie van der Sandt te laat doodmaak?

5. Het jy iemand geld aangebied om Wimpie van der Sandt en ander Bok Radio omroepers aan te rand, leed aan te doen of te beseer?

6. Was jy op enige stadium besig om ‘n set te stel vir Wimpie van der Sandt of enige Bok Radio personeellid om toegesluit te word vir dronkbestuur?

7. Het jy op enige stadium opdrag gegee dat dreig en naamlose oproepe na Wimpie van der Sandt gemaak moet word?

Kom ou louis, ontwoord vir ons daai vragies dan antwoord ek myne dat die waarheid kan uitkom, dis tog wat ons almal wil weet is dit nie?

Ek doen my poligraaf more oggend om 10H00 en vat drie onafhanklike lede van die gemeenskap saam as getuies…. daarna Louis dagvaag ek jou vir naamskending.

Groete

Ekke!

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

9 Responses to Houtstok…..uhm nommer…. whatever!

  1. Goed so Wimpie. Dit is hoog tyd.

  2. Heide Botha says:

    Wimpie, sterkte – ons staan agter jou. Ek dink ons almal hoop dat die ding nou kan einde kry & jy jou lewe & toekoms met Natisha & Bokradio in vrede & vreugde kan geniet. Ons dink aan jou.

  3. Rihan Kleyn says:

    NICE. Alle sterkte

  4. Gert says:

    Hi daar Wimpie

    My stuiwer in die armbeurs.

    Wees versigtig dat hierdie bakleiery tussen jou en LB nie hand uitruk nie. Hierdie ding kan netsowel in albei van julle se gesigte ontplof en ek weet van talle mense, nes ek, wat glad nie meer na Houtstok of Bok Radio luister nie…juis as gevolg van hierdie vete tussen julle. Dis onsmaaklik.

    Ek hoop van harte hierdie ding word bitter vinnig opgelos. Bok Radio en Houtstok is veronderstel om trots Afrikaans te wees. Hierdie ding skeur tans Afrikaanse luisteraars in twee en dis gaan teen die grein van wat dit regtig beteken om “trots afrikaans te wees”. Ek maan jou, en dit is regtig met die beste bedoelinge voorgestel, om hierdie ding stil te hou, julle neuse skoon te hou en die ding agter die skerms uit te sorteer.

    Voorspoed Wimpie

  5. Riette Basson says:

    Hoog tyd, Wimpie! Die man is ‘n opperste skelm. Kan nie glo hy geniet steeds ‘n aanhang nie – party mense is regtig blind as dit by swendelaars kom.

  6. Yolanda says:

    GO Wimma!!! Ons staan bankvas agter jou en weet net die waarheid kom altyd HARD en EERLIK uit… Sterk staan ou mater!!

  7. Ronelle says:

    Vat so! Dis hoog tyd dat hy ordentlik vasgevat word. My mond hang eenvoudig oop as ek sien hoe mense hom (LB) nog steeds ondersteun en hom verdedig! Sterkte vir jou!

  8. Maritza says:

    Sjoe dat jy so lank kon uitgehou het slaan my verstand te bowe! Hkm los die man jou net nie uit! Hel man die hele storie raak nou n sirkus wat hy skep! Van dag 1 af het hy n skelm uitdrukking op sy gesig gehad en 90% van die mense rondom my stem saam! Laat die nodige voor in dag kom Wimpie laat hierdie hoofstuk finaal afgesluit kan word! Hel man gun hy dan nie geluk vir jou kyk wat het jy als al bereik in so n kort tydjie!!!!! Alle sterkte hoor! Jy het baie baie mense wat agter jou staan!

  9. Michelle says:

    Sterkte Wimpie. Jy is en was nog altyd iemand wat nie op jou laat loop nie. Ek wens jou alle sukses toe en indien die waarheid verdraai word deur ander mense is dit jou reg om agter die kap van die byl te kom.

    Sterkte.