2011, Soet en suur jaar…

Hierdie jaar le op sy rug en dis met gemengde gevoelens dat ek die jaar gaan groet.

Dit was ‘n jaar wat in so baie opsigte soveel verskillende uitdagings aan my gestel het, ek kan nie wag dat die jaar einde se kant toe staan nie.

Wat werk aanbetref was dit die geboorte van Bok Radio wat my sal bybly as die hoogtepunt alhoewel die hele Houtstok sage nog te na is om die jaar as suksesvol af te tiek….

Ons het ‘n lang en moeilike paadjie gestap om tot hier te kom, ek is dankbaar vir baie mense wat dit vir ons moontlik gemaak het om tot hier te kon kom…. die letsels wat Houtstok agtergelaat het gaan my nog lank ry, persoonlik sowel as publiek. Soos ek dinge uitgewerk het gaan dit my rofweg nog so twee jaar vat om te recover van die geldelike uitdagings en baie langer om in die openbaar weer daaroor te kan gesels. Maar dis verby en afgehandel en in die gees van versoening wens ek hulle alle sukses en voorspoed vir die toekoms toe.

Intussen het ek die liefde van my lewe raakgeloop en is ek verskriklik dankbaar vir Natisha wat gekom het en my hele denkwyse oor die liefde kom verander het, ek is oneindig lief vir haar en weet sommer ek het my sielsgenoot uiteindelik raakgeloop. Ek sien daarna uit om haar volgende jaar my vrou te maak….

‘n Paar ander dinge moes ek ook noodwendig die jaar groet en mee klaar maak, my tweede jaar in die Kaap sal in my gedagtes voortleef as een van soet en suur….

Baie dankie aan almal wat deel uitgemaak het van die storie van my lewe in 2011, mag 2012 vir almal net die heel beste inhou en mag almal se stoutste verwagtinge die jaar oortref word.

Geniet jou Kersfees en sien jou weer in die nuwe jaar!

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

3 Responses to 2011, Soet en suur jaar…

  1. Belinda says:

    hi Wimpie, waar is jy nou is jy nog in Springs?

  2. una paxton says:

    Hallo Wimpie

    Ek moet net iets van die hart af kry. Dit vreet aan my. Ek sal so dankbaar wees as jy my kan kontak. Stuur vir my ‘n epos, dan bel ek jou. sal dit regtig waardeer. Groete
    Una