Die Bokke gaan bler

‘n Baie lang en soms harde pad maak vanaand om vol sirkel wanneer Bok Radio op ons eie begin uitsaai op FM in die Kaap.

Dis baie emosioneel vir my om my mede omroepers se gesigte te sien en die dringendheid in hulle gesite te bespeur soos die voorbereiding gedoen word vir die groot oomblik vanaand om 12 uur.

Wat ons almal deur is sal seker niemand ten volle kan verstaan nie behalwe ons wat deel was van die hele petalje. Dit lei ‘n nuwe era in sover Bok Radio aanbetref waar ons die geleentheid kry om te wys wat in ons steek en wat ons aan die luisteraars kan bied.

As die Bokspan weet ons lank reeds wat ons kan doen en steek dit ons soms dwars in die krop wanneer die beroep waarvoor ons so lief is en so hard in gewerk het om dit ons loopbaan te maak, soms verkrag word. Dis veral hartseer want ons weet en glo Afrikaners verdien beter…. ons glo ons kan ‘n verskil maak.

Ek is nie iemand wat meer glo daarin om te veel te praat nie. Hoe minder mense van jou besigheid af weet hoe beter. Ons is nie hier om te verdwyn of weggewens te word nie.

Sien vir julle op die lug.

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

One Response to Die Bokke gaan bler

  1. Enrico Lucas says:

    Wimpie & die Bokspan.

    Ek wil graag die 1ste persoon op die Blog wees om vir julle te se GELUK. Dit wat julle al bereik het en nog gaan bereik het julle hard voor gewerk en verdien elke sekond daarvan. Ek staan by julle deur dik en din soos julle in my en my dienste vertrou het. Wens julle alles van die beste toe.

    Enrico
    EVENTS 4 ALL