weer en weer…

Dit voel soos ‘n ewigheid sedert ek laas hier geskryf het, wel dit is seker….

Soos soveel keer vantevore le my hart weer aan skerwe voor my voete, die keer nie iemand wat dit gebreek het nie, eerder sommer maar net die verloop van die lewe in die algemeen. Een van die grootste uitdagings van my lewe was die tydperk van die laaste paar maande.

Dis ‘n tyd waar ek moes van voor af leer van die mense, lewe en dinge, en seker die mees belangrikste van myself, van weer mens word, wie en wat ek is, wat ek probeer bereik en wie is die mense wat ek saam my wil vat op hierdie ongelooflike journey van die lewe….

Soos ek nou al gewoond geraak het, leer ek weer daagliks nuwe dinge en verdubbel my kennis van die lewe byna op ‘n daaglikse basis. Ek voel soms of ek die donker met my kaal hande uitmekaar wil skeur en of ek net nerens kom op my persoonlike journey om myself te probeer vind in ‘n doolhoof van emosies en gevoellens.

Ek besef weer van voor af wat dit is om ‘n pa te wees….. die ongelooflike groot verantwoordelikheid wat God mens mee opsaal, daar is seker maar verskillende maniere om dinge te doen en kinders groot te maak kan ook op verskillende maniere gedoen word.\

Ek probeer Janine met soveel kennis as moontlik te bewapen sodat sy haar eie besluite in die lewe kan neem en dat ek nie hoef bekommerd te wees oor die besluite wat sy neem nie want ek vertrou haar judgement al is dit soms moeilik om te doen… Ek wil nie he y moet eendag terugkyk op haar lewe en ongelukkig wees met die lewe wat EK vir haar uitgekerf het nie….. Sy moet terug kan kyk en se dit was alles ek, my keuses, my besluite en ultimately…..MY LEWE!

Dis ongelooflik hoe judgemental mense kan wees, dis ongelooflik watse invloed ‘n simpel ding soos ‘n radioprogram op mense se lewens kan he…. Hoeveel mense sit en kyk 7e Laan en glo die mense bestaan werklik of is werklik soos die karakters wat hulle vertolk…

Hoe oordeel mens iemand as jy nog nooit in jou lewe die persoon ontmoet het of twee woorde of vyf minute mee spandeer het nie, dis seker mense se swakste eienskap…. hoe gaan mense doelbewus uit hulle pad om ander mense se lewens negatief te beinvloed of om die wereld so moeilik as moontlik vir iemand te maak….. iemand moet dit vir my verduidelik want ek verstaan dit nie, ek kan nie my mind om dit kry nie.

Nog een keer moet ek die storms van die lewe face en myself die vraag afvra of dit die moeite werd is, kan dinge vir altyd en ‘n dag so aangaan of is dit moontlik dat die bad luck een of ander tyd gaan ophou….

Unlucky in love, guess that’s me….. tot die gety eendag draai…. wanneer is daai dag….. vet weet, hopelik gou, nog ‘n dag nog ‘n naweek, nog ‘n maand en nog ‘n jaar aan en aan soos die nimmereindigende branders wat ek van my braaiplekkie af hoor….. aan en aan en aan en aan….

Ek gaan meer skryf in die toekoms….. terapeuties…

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

One Response to weer en weer…

  1. Johan says:

    Jis ou Wimpie, dis amazing hoeveel manne met dieselfde ding/e stoei!! Ek verstaan 100% wat jy se. Daai gevoel van wat nog, wat nou weer, hoe lank gaan dit goedgaan voor die band vir die soveelste keer bars en hy weer ge-”patch” moet word. En die ding is daar is nie meer plek vir nog patches op die flippen wiel nie!!!

    Jy’s so reg… ons oordeel ander mense so maklik aan wat ons van die persoon sien op TV of hoor op die radio en hang dan die bordjie van ons waarneming om hulle nekke – goed of sleg. Jy praat van iets “eenvoudig” soos ‘n radiostasie wat mens se lewe so impakteer. Laat ek vir jou se, wat jy kom doen het, eers met daai ander stasie en nou met Bok Radio, is geen geringe of eenvoudige ding nie. Ek ken jou nie persoonlik nie en ook nie jou persoonlike omstandighede en die dinge waarna jy verwys wat jou so terugslaan nie, maar een ding wil ek jou verseker, jy het, deur radio, vir ander mense wat voel soos jy beskryf jy voel, ‘n ander perspektief op hulleself en die lewe kom gee.

    Ek weet nie eintlik wat ek vir jou kan se nie, behalwe dat ek hoor wat jy se en dat ek dink ek verstaan, want ek is ook nou al moeg vir opstaan na elke platslaan… gee whizzz, dit tap soveel energie om elke keer weer op te staan terwyl jy weet daar is iets of iemand wat net vir die regte tyd sit en wag om weer jou voete onder jou uit te haal. Ek is nie ‘n bekende radioman of kunstenaar nie, so ek kan verstaan dat die druk en fokus op jou soveel meer is, want almal hou jou so fyn dop.

    Sterke my vriend, jy doen ‘n uitstekende stuk werk met Bok Radio. Daar is mense wat op die loer le en wag dat jy moet misluk, maar daar is net te veel mense wat jou harde werk en durf waardeer!!

    Groete
    Johan Botha