Is die publiek dom….. rerig? Ek dink nie so nie….oppas!

Wanneer ‘n mens ‘n besluit neem oor jou lewe is dit belangrik om te probeer onderskei tussen emosie en realiteit, dis natuurlik makliker om emosie te kies en die realiteit van die lewe eenkant te skuif want mense reageer op emosie.

Ek probeer al geruime tyd om die emosie eenkant toe te skuif wanneer ek besluite neem. Dis veral moeilik wanneer mens nou betrokke is by ‘n saak soos ek obviously is.

Dit breek my hart om te sien hoe my omroepers wat so hard werk getug moet word terwyl ander “omroepers” en ek gebruik die woord baie los….. wegkom met moord, nie net op die lug nie maar ook van die lug af….

Wanneer jy aan iemand naby my vat, dan vat jy aan my, die tyd om te praat sal kom maar niemand is verhewe bo radio nie en van die sogenaamde kunstenaars in die Kaap is om die minste te se, swak ambassadeurs nie net vir Afrikaans nie maar vir die bedryf in die geheel.

Wanneer mense hulle posissie misbruik, wat hulle anyway nie verdien nie, om die lewe vir mede-kunstenaars ondraaglik te maak, net omdat hulle nie ‘n radiostasie ondersteun nie…. dan sien ek ROOI en sal ek uit my pad gaan om te sorg dat ek alles moontlik doen om my eie mense te bevorder…

Die waarheid is ‘n bliksem en om los daarmee om te gaan voorspel niks goed vir diegene wat verkies om dit so te doen nie. Die publiek het almal verstand gekry en die dag wat ek bekend maak wat van hierdie mense se ware KLEURE is gaan die poppe dans. Die publiek verdra nie onregverdigheid nie….. EK OOK NIE!

Moenie my…. of die publiek onderskat nie!

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

3 Responses to Is die publiek dom….. rerig? Ek dink nie so nie….oppas!

  1. suzette says:

    miskien moet ons as publiek begin kla by die uitsaai kommissie. Al hoe ons dit kan stuit is om te kla. Ek weet presies van die insidente waarvan waarna jy tussen die lyne verwys… sekerlik behoort jou slaapkamer by die huis en blaker jy dit nie vir die publiek uit nie(om daarop te comment ook nie),en dan praat ons nie van die sekuele kommente wat op die radio geopenbaar word nie.. Ek luister na alby afrikaanse radio stasies omdat daar niks anders is om op die oomblik na te luister nie, maar moet jou ook ‘n pluimpie gee vir die werk wat jy en jou span doen, julle probeer om dit so proffesioneel as moonlik te doen omdat dit ‘n gesins radio stasie is en moet ook sê julle slaag 99.9% daaraan, maar kan ongelukkig nie dieselfde sê van die ander stasie nie.

  2. Yolanda says:

    Hi Wimpie,

    Ek het so vaagweg ‘n idee waarvan jy praat en stem volkome met jou saam… Huidiglik luister ek glad nie meer na 13h00 in die middag nie – Juis omdat daar geen profesionaliteit is nie en die gesprekke om die simpelste goed draai, BAIE waarvan onder die belt is!!! Dis siek en BAIE irriterend!!!

    Dankie dat jy nog altyd by jou woord bly staan het en dat julle vir ons ‘n stunning radio stasie met dierbare BAIE profesionele omroepers wat actually werklik omgee vir hul luisteraars… Ek weet dit help dalk nie nou nie, maar die wiel draai en die eerlike regverdige mense sal bo uitkom!! Vasbyt – Julle is amper daar!!!

  3. Anrietta says:

    Hi Wimpie

    Ek dink daar is baie luisteraars wat so voel en bly is dat daardie era uiteindelik verby is. Ons moet almal saam staan en klagtes indien sodat hulle nooit weer terug kan kom nie. Dis eenvoudig nie bevorderlik vir Afrikaans nie in in elk geval was daar soveel dinge gesê wat teen die uitsaaikodes is, wat julle sekerlik almal moes teken, voordat jy op die lug mag uitsaai. Hoe hy so lank daarmee kon wegkom is verbeisterend. Kan jy asb vir ons die adres weer deurgee sodat ons almal ‘n gesamentlike poging kan aanwend om hom te stuit. Die Kaap is ‘n vreedsame plek en ons het nie hierdie steurnisse en onaangenaamdhede in ons lewens nodig nie.