Houtstok 2…

Soms is dit beter om net stil te bly…. Vandag is egter nie so ‘n dag nie.

Die op en aanmerkings wat deur die “eienaar” van Radio Houtstok gemaak word oor die omroepers wat geloop het omdat hulle ongelukkig was oor al die beweringe teen hom en oor wanbetaling is beide lagwekkend en betreurenswaardig. Lagwekkend oor die snert wat die man verkondig en betreurenswaardig omdat daar jou werklik n groep mense is wat dit glo! Dit bewys maar net weer die mag van die media en hoekom daardie mag uit die hande van so iemand geneem moet word…. Dis wanneer sulke mense ‘n vrypas het om vir homself op sy eie platform ‘n spreekbeurt te gee wanneer mense miljoene rande verloor en die wol oor die oë getrek word….

Dit daar gelaat, kom ons deel eers gou met die jongste leuens.

Volgens die leier van die vergadering gisteraand sal die ander omroepers “skrik as hulle weet hoeveel salaris” ek sou gekry het…

‘n Stasiebestuurder by enige radio stasie se ‘begin salaris’ is so in die omgewing van nie minder nie as R30 000, vir ‘n konsultant met 12 jaar ondervinding en iemand wat ‘n hele stasie moet kom opstel kan jy verwag om tussen R80 000 en R100 000 pm te betaal.

Ek het die rol vervul van Stasiebestuurder, Programbestuurder, Tegniese bestuurder, Drive time omroeper (enige omroeper by ‘n groot stasie verdien niks minder as R15 000. Pm nie) musiekopsteller, Stelselprogrameerder en basiese ‘Jack of all trades’.

Ek het 12 ure per dag en soms sewe dae per week gewerk en is ‘n netto salaris aangebied deur LB wat ek nie dink is buitensporig nie, ek het op my onkostes Kaap toe getrek na ek die son maan en die sterre…..in daai volgorde aangebied is…..

Dat LB nie kan optel en aftrek nie is ‘n gegewe gesien in die lig van sy belaglike sommetjie in die koerant dat hy ‘net’ R380 000 op laas jaar se fees skuld, ‘n sommetjie wat ons mos nou al weet beloop baie nader aan R1.3m! Paar desibels daar verkeerd getel!

Op gisteraand se vergadering sê hy dat hy my ‘net’ R53 000 skuld, R13 000 aan salaris en R40 000 aan komm. Ten minste is ons nou by die punt waar hy erken hy skuld my geld, en dit voor getuies, mooi so Louis, goeie begin, wat nie reg is nie is die bedrag, volgens my bankstate het jy weer so R100 000 optelfoutjie begaan…. O ja en ek weet van die LB spreadsheet wat jy so lekker vir almal wys om te wys hoeveel betalings in my rekening gemaak is…. Net jammer jy versuim om die mense te vertel dat daar 4 (vier) inbetalings op my rekening was vir toerusting wat ek in Johannesburg aangekoop het! Maar nou ja as jy dan sê dit was salaris inbetalings, my bankstate wys waar dit uitbetaal is vir die toerusting…..wil ek net gou by jou hoor wanneer kan ek dan daai toerusting waarmee jy so lekker uitsaai, kom haal aangesien dit dan met my ‘salaris’ aangekoop is?

Toemaar my prokureur is reeds besig om daai een uit te sorteer! Kom ek maak jou sommer ‘n deal, betaal my dan net die R53 000 wat jy op jou vergadering vir jou volgelinge gesê het jy my skuld en dan gee ek jou die res afslag hoe’s daai! Net een voorwaarde doen dit asb teen Vrydag 12h00 want en gaan nie val vir daai “ek betaal jou na die fees” line nie, soos ek dinge uitwerk moet daai fees etlike miljoene genereer om almal te betaal wat jy belowe het jy betaal na die fees…

Nog ‘n vinnige een, AL die geld wat RH my betal het, het ek in Januarie opgemaak toe ek in een maand meer as R250 000 se advertensie vir jou ingebring het en toe nie eers my komm. betaal is daaruit nie, onthou jy Louis?

Die volgende is ook gisteraand op die vergadering verkoop as die “gospel truth”,

Die omroepers is glo deur my aangestel sonder kontrakte en sou nooit betaling ontvang het nie…. Nou ja, dis so lagwekkend ek gaan dit nie eers my tyd van die dag gee nie, wie on sy gesonde verstand sal verniet en vir die “saak” kom werk as jy geen ander inkomste het nie… Hoekom het hy dan die kontrakte wat nie bestaan nie eerbiedig deur wel sommige betalings te doen aan mense wat hy dan geen verantwoordelikheid teenoor het nie, hoekom sal hy dan vir Henk van Aswegen, prokureur, opdrag gee om die omroepers se kontrakte reg te kry want hy wil “alles wettiglik” kry?

Ek het reeds met die omroepers gepraat en elkeen van hulle is bereid om be-eedigde verklarings af te lê dat hulle nie gemeenskapsdiens vir RH verrig het nie, Louis het self op menige vergadering gesê dat daar gekyk sal word om “meer” salarisse te betaal…. miskien het hy bedoel “meer” gereeld!

Hy het wel gesê dit staan al die omroepers vry om advertensies in te bring en hulle so dan komm. van 18.5% ontvang op enige adverrtensies wat hulle inbring! Nooit ooit was dit ‘n vereiste om salaris te kan kry nie!

Dan verkondig hy aan sy volgelinge dat die borge kop uitgetrek het omdat daar nie “kontrakte” in plek was nie…. Nou kom ons kyk gou wat verstaan ons vriend onder die begrip “komtrak”.

Vir my is n kontrak n wettige dokument en kan mens nie kontrakte optrek wat met die landswette bots nie…

Louis wou gehad het die adverteerders en borge moet jaar kontrakte met RH sluit wat ‘n baie goeie gedagte was…..mits jy kon waarborg dat jy ‘n jaar lank op die lug gaan wees.

Ek was nie bereid om kontrakte met mense en borge aan te gaan vir n radiostasie wat effektiewelik nie n uitsaai lisensie het nie. HS se uitsaailisensie is ‘n events lisensie wat beteken dat hulle net 45 dae op die lug MAG wees. Dan moet daar aansoek, jammer laat ek verduideli, eers weer n event opgemaak mord, en dan aansoek gedoen word vir ‘lisensie rondom daai event.

Dis nie n gegewe, en laat ek dit sommer nou duidelik stel, RH se lisensie kan enige tyd nie weer toegeken word nie, veral gesien in die lig van gebeure rondom die stasie huidiglik. Watter mens in sy gesonde verstand kan ‘n wettige kontrak met n adverteerder aangaan vir langer as die 45 dae wat jy op die lug gaan wees…. In my oë is dit bedrog en daar is geen manier dat ek dit sou gedoen het nie!

Daar is nog baie vuil wasgoed wat ek in die openbaar kan was maar ek gaan nie, ek antwoord maar net die belaglike uitlatings op hulle openbare vergadering. Daar is tans n lywige regsproses aan die gang, onder andere n aansoek vir Houtstok Entertainment se likwidasie en daarvan is my deel van die aansoek nie eers 20% van die totaal nie….

Ek is ook bewus van ander regsprosesse wat vanoggend ingedien en aanhandig gemaak is deur ander mense as ons, ek is ook bewus van pogings om my te diskrediteer en oproepe na voormalige werkgewers toe in n desperate poging om dirt op my en die ander omroepers te kry.

Ek het briewe van almal vir wanneer ek dit sou nodig kry. Daar was ook dreigemente wat by my ore uitgekom het van mense wat gereed maak om my bene te kom breek en my “buite aksie” te stel, daar is ook beweringe van lokvalle wat vir my gestel word en mense wat my gaan voorlê en en en vele ander dinge waarvan ek n verklaring by my prokureur afgelê het.

Hiermee sluit ek hierdie ongelukkige hoofstuk in my lewe af en gaan ek die sage tot ruste lê, my aanbod staan nog Louis, betaal die R53 000 wat jy erken jy skuld my voor Vrydag en gee my die toerusting dan gee ek jou die res afslag! Dink nie dit gaan gebeur nie…

Paar ander goed wat ek ook nie dink gaan gebeur nie, maar dit daar gelaat…

Sterkte aan die volk!

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

24 Responses to Houtstok 2…

  1. capetownfly says:

    Mooi. Se wat moet gese word en laat dit daar. Daar is nou beter dinge wat jou aandag soek, soos bok radio. Los die LB se k@k met jou prokereur.

    Knap gedaan. Ek dink die ander persoon se dae is getel.

  2. Karin says:

    Jis Wimpie, ek laaik jou stukke!. Kom ons kyk wat hy nouweer hieroor op die “open mic” “per ongeluk” gaan kwyt raak!
    PS: Hoop hy betaal jou wel die R53000, dan is die braai by jou huis Paasnaweek, maar dink ook nie dit gaan gebeur nie! Sterkte en well said.

  3. Marelize says:

    Sjoe ek wonder nog al die tyd wat by RH gebeur het en luister tot en met gister nog na die stasie maar sal nou def. nie hulle verder ondersteun nie.

    Kan nie wag vir Bok radio om op die lug te kom nie!!!!

  4. Eugene says:

    BRA SE NET VIR DAAI VOKKER JY KEN OOK MENSE WAT MENSE KEN WAT MEER KAN DOEN AS BENE BREEK STERKTE DAAR EN PAS JOU OP

  5. SO BEK KORT JAM!!!!! Dit is so sad dat iemand kan lieg & bedrieg, hoer & remoer …. EN dan nog glo hy het niks verkeerd gedoen nie!!!
    Al wat ek weet is die WIEL DRAAI …..
    Sterkte Mater
    Jy is ‘n WENNER & daar is BAIE wat agter jou staan!!!
    Jou Vriendin
    Ekke

  6. Sjoe, Wimpie!!!

    Well said!!!

  7. John says:

    Hi Wimpie, ek kan nie wag vir Radio Bok op die lug golwe nie. Ek is van voor af weer opgewonde, soos ek was toe Radio Houtstok begin het.
    Ek is opgewonde oor die toekoms van Afrikaanse musiek en die Afrikaner. Ek verstaan jou kwessie en frustrasie met “die uwe” LB en glo my ek sou ook gewees het. Maar ek voel dis hier waar jy groter moet wees, jy het Houtstok maak werk nie LB nie. Gee hom genoeg tou dat hy homself hang. Ek weet dis moeilik om terug te sit en kyk hoe iemand jou naam beswadder.
    Dalk is dit nou net my opinie maar hou jou kant skoon en bly weg van ‘n modder gooiery oor die internet want daar is niks wat jy daarby kan baat nie. Daar is ‘n engelse gesegde wat se: “Never argue with an idiot, because they will drag you down to their level and beat you with experience.”

    Ek kan nie wag vir die Bok om oor FM te bler nie.

    Sterkte

  8. Wimpie my maat, n mens kan nie glo dat LB nog toegelaat word om sy stem te laat hoor op HT, die beste wat hulle kan doen is FIRE HOM. Hy is werklik groot idiot, jammer n mens kry sulke afrikaners!!
    Maar Wimpie onthou net jy het baie mense wat agter jou staan, en ek glo dat jy en al die ander oproepers nou beter af is by BOKRADIO as HT. Laat LB homself OPHANG met sy mooi woordjties, ewe onskulding die IDIOT. STERKTE MET BOKRADIO ons is 200% agter julle!!
    Corrie Rautenbach

    • Elize says:

      Heeltemal reg Corrie, ek stem heelhartig met jou saam. IDIOOT, IN EKSTRA GROOT HOOFLETTERS, BOLD AND UNDERLINED !!! :-)

  9. Grant says:

    Ek is aan jou kant Wimpie. Waarom sal al die omroepers so gelytydig uitloop? Niemand sal net so uitloop uit hul werk sonder rede nie.
    Louis wil sy lyf net rondswaai met ‘n jong bokkie wat sy kind kon gewees het. Sterkte vir jou nuwe BOK stasie.

  10. Grant says:

    Wimpie gee ons LB se adres, want ons luisteraars sal sy bene breek as hy naby jou kom en dan sing hy seker “hou jou hanne van my lyf af”, want dit is al lietjie wat hy ken. LOL

  11. JACO ERASMUS says:

    HOEKOM MOET ALLES OOR GELD GAAN?
    ENIGE ONDERNEMING KOU BENE MET DIE STAANSPOOR.
    AS JY ‘N PASSIE HET VIR JOU NAASTE,SAL JY IETS DOEN VIR VOLKSLIEFDE EN MET DIE DOEL OM ANDER TE HELP. GELD EN SELFSUG HET BAIE VOLKE LAAT STEIER.
    JESUS HET GEEN GELD GEVRA OM ENIGE EEN TE HELP NIE,LAAT DIT VIR ONS ‘N VOORBEELD WEES. WWJD?

    • Tossi says:

      Passie en volksliefde sit nie kos op die tafel nie, ou!!!

    • Grant says:

      Jaco as jy ‘n werk en famielie het om te onderhou en Kaap toe getrek het op eie onkostes sou jy verniet kom werk het as jou nuwe maatskappy vir jou ‘n sekere bedrag aangebied het. Word wakker Jaco, want dit lyk vir my iemand anders sorg vir jou as jy nie geld het nie. Wil jy nou wragtig vir my vertel dat Wimpie op straat moet sit sonder geld. Sou jy Jaco in die straat slaap?

    • Hi Jaco, jy het n goeie punt en ek is ook n volgeling van Jesus,
      maar jy moet verstaan dat n mens moet vir jou selfsorg en dan
      word daar vir jou by gesit deur Onse Vader.
      Wimpie het die regtig ding gedoen, die bybel leer jou om jou nie
      met vuilles te meng nie. Ons afrikaanse nasie is altyd gou om fout te
      find by die wat reg doen!!! Kom ons staan agter Wimpie, as n nasie!!

    • Johan says:

      Jy’s duidelik van die boot af meneer. Watse vermetelheid om Jesus by die storie te betrek?

  12. Luna says:

    Dit is so jammer al die goete gebeur.
    Ek persoonlik voel dat LB groot genoeg moes wees om terug te staan toe die ding van Carte Blanche op die lappe gekom het. Ja hy is nog nie skuldig bevind nie maar ook darem nie onskuldig nie. En waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie.
    Al die dinge het sy ontstaan deurdat die borge onttrek het en daar geen genoegsame inkomste was nie. Het ek dit reg?
    Nou sit ons weereens met Afrikaners wat nie kan saamstaan nie.
    Dis so jammer.
    Maar ek volg al die goed in stilte…..
    Ek skaar my aan Wimpie en die ander omroepers se kant.
    Ek is mal oor Bakradio se professionele aanbieding en lekker musiek.
    Sterkte!!

  13. Ernie says:

    Hi Wimpie,

    Wil net se dat as enige iemand in sy nugter verstand nie kan sien waarmee hierdie man (LB) besig is nie, dan behoort daardie persoon/persone n dokter te gaan sien, want die nugter alleen weet.

    Ek kan nou al vir jou se jy het genoegsame ondersteuning om die “nuwe” paaitjie aan te vat en met n geruste hart elke aand te gaan slaap, wetende dat jy nie nie leed aan mense doen nie. In teendeel jy en die span veskaf ontsettende genot, dus die rede vir HS se sukses!!!!!! Die bewyse is alreeds daar met die nuwe taak waarmee julle al klaar n masiewe ondersteuners basis het.

    Ek kan nie glo dat HS nog bestaan nie, want die vader alleen weet, so verslaaf soos wat aan daai radiostasie was, so begin ek myself te distansieer…..en dis n pitty, want Afrikaans is tog waaroor dit gaan. Met julle ongelooflike persoonlikhede het julle darem ten minste aan Afrikaans nog n dimensie gevoeg.

    Ek is passievol oor dit waarmee jy en jou span besig is en wil regtig jou/julle hartlik bedank vir dit wat julle tot dusver vermag en verskaf het aan ons Afrikaans sprekendes.

  14. Michelle says:

    Wimpie, I am behind you 100% and I hope you get back what is rightfully yours and even if you don’t get what is yours, so what? They will loose so much more because at the end of the day, you aren’t the one throwing the mud pies and effectively, you are giving them more than enough rope to hang themselves. With all the support you have, you will become the person you deserve to be. Wishing you all the luck and best wishes. Bok Radio BO!

  15. Hi Wimpie
    Jy weet ek is van dag een af een van jou grootste fans. Dis reg, JOU fan. Dit beteken dat ek jou ondersteun, omdat jy ‘n uitstekende en professionele omroeper is. Jy weet wanneer om wat te sê en wanneer om stil te bly (op die lug). So dit maak nie saak by watter radio stasie jy betrokkie is nie, ek hou daarvan om na jou te luister. Ja mense, ek weet dit gaan oor Afrikaans, maar nie ten koste van ander mense nie. Ek wens jou alle sterkte toe en weet Bokradio gaan nog gatskop!! xxx Anne-Marie

  16. Dit is tog so hartseer dat jy het ‘n sukses resep beet om van RH die Nr 1 Radiostasie te maak, maar as geld jou denke oortref en jy nie weet hoe om jouself uit die gemors te kry nie, is die enigste oplossing seker maar vir LB om snert te versprei en almal rondom hom die skuld te gee vir wat verkeerd gaan. As hy meer “guts” gehad het sou hy soos ‘n man opstaan en erken hy’t ‘n fout gemaak en julle almal vra om terug te kom en hy bly van die lug af. Hy het wel geld belê in die stasie, maar julle het ook, as jy kyk in die lig van jul salarisse wat nie betaal is nie, hy kan mos ‘n “silent partner” bly en nog steeds deel in die winste van die stasie soos wat dit groei. Wel as jy met ‘n meisie deurmekaar is wat netsowel sy dogter kon gewees het, dink ek nie hy het hier sy verstand gebruik nie, maar wel iets anders. Ek wens jul ouens sterkte toe en als wat mooi is vir julle. Dankie aan jou en jou span wat die stasie gebring het waar is was.

  17. Lance says:

    Hoop nie Taaibos spring weer uit n gebou uit nie..jammer hy het soveel fans, dit se nie veel van ons Afrikaners nie.

    Bok Radio sal die nr 1 Afrikaanse rediostasie in SA word, no doubt.

    HHH, wat eet ons vannaand?

    Groete,

    • Marita says:

      Ek was ook ‘n slaafse Houtstok luisteraar, totdat al die politiek gekom het en vandat Bok Radio die rekenaar “getref” het, luister ek nèt dit. Kan net nie wag dat julle op die lug begin uitsaai nie! Dit voel asof iets “missing” is as ek ná werk in my motor klim.☺ Wanneeeeer????

  18. Elize says:

    Hallo Wimpie … ja, ek het ook baie oor die man gewonder – kan nie eens 5 woorde se sonder om ‘n fout te maak nie, soveel so dat ek sommer die nuus afgeskakel het omdat dit my ore so seergemaak het as ek hoor hoe verkeerd hy ons taal lees. En toe ek ek nog iemand op RH se Facebook iets te se het oor hoe onprofessioneel die stasie is, het hy summier vir my van sy Facebook blad afgehaal. Dankie tog – en ek luister ook nie meer RH nie – ek gaan so nou en dan na die kanaal net om te hoor of hulle nog nie terug is nie, maar dit lyk of hulle nooit weer terugkom nie !! Nou wag ek om te hoor wanneer ons na Bok Radio sal kan luister. Kan nie meer wag nie !!