Warm solank op…

Daar is net eenvoudig nie genoeg tyd in ‘n dag nie en ek weet dis belaglik maar ek kry net eenvoudig nie tyd om te blog nie. Soos die meeste van julle seker terdee teen die tyd bewus is, is my lewe al weer omver gegooi, die slag niks van my eie toedoen nie.

Ek kan op hierdie stadium nie veel se nie en ek kan nie uitlatings maak nie behalwe om te se ek kan niks se nie, dinge is uiters sensitief op die oomblik.

Janine pas wonderlik aan in die Kaap en ek is sommer baie trots op my dogter en haar nuutgevonde selfstandigheid en wonderlike entosiasme vir die lewe, sy gaan ‘n groot sukses van haar studies maak en die band tussen pa en dogter was nog nooit so sterk nie…

Nou ja ek voel so bietjie soos ‘n Ferrari wat staan en opwarm vir die Monaco Grand Prix, styf soos ‘n snaar gespan en reg om die wedren te tackle, laat my net los!

Ek het intussen vir my die nuwe tegnologiese wonder aangeskaf, Apple se Ipad en ek is nog nie een dag spyt nie, ek gebruik nou my skootrekenaar net vir noodgevalle….

Ek probeer weer teen Maandag bietjie blog dan vertel ek jou van U2 se konsert wat ek Vrydag hier by die Kaapstad stadion gaan bywoon, ek is nie een van daai ouens wat Bono veroordeel nie, ek het self gelees wat hy gese het en ek dink die hele ding oor Malema en die gewraakte “Kill the boer” lied is heeltemal buite verband geruk en uit konteks gepubliseer deur ‘n stukkie onverantwoordelike ¬†joernalistiek van die Sunday Times se kant af.

Lekker res van die week, gesels weer Maandag wanneer ek baie nuus sal he!

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

Comments are closed.