Welkom in 2011…

Wel ek is terug en ek lees net so vinnig oor my laaste inskrywing van 12 Desember en ek kan steeds nie glo watse impak Radio Houtstok op die Kaapse luggolwe het nie. In my laaste inskrywing het ek genoem ons staan op 103 000 hits op die webwerf en ons staan op 5700 fans op Facebook….. wel in ‘n maand het daai syfers gegroei na 1016 000 en meer as 13 000 fans.

Wat dit alles beteken is dat ons iets reg doen en selfs met omroepers met min en/of niks ondervinding in sommige gevalle, die regte formaat het om ‘n ongekende golf in die Kaap te veroorsaak.

Dit wat tans besig is om te gebeur het nog nooit in Suid-Afrikaanse radio gebeur nie. Geen radio stasie het nog ooit ons tipe syfers binne 6 weke behaal nie. Volgens ingeligte bronne het ons groot sukses behaal en ons grootste kompiteerder in Kaapstad, het ‘n daling van 21% die afgelope maand in luisteraarsyfers aangeteken, ‘n daling van so nagenoeg 270 000 luisteraars.

Ek kan sien die skole hier in die Kaap het vandag weer begin want dit het my vanoggend 90 minute gevat om 14.4 km te ry! Janine is by die hotelskool en het haar eerste werksopdrag gehad om te doen die naweek… welkom in die grootmens wereld.

Ek kry myself maar so stadig maar seker in die nuwe werkjaar in en ek gaan gevolglik meer volledig blog later die week.

Groetnis

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

Comments are closed.