Totsiens 2010 … Vrede met Steve en almal!

Hallo almal, hierdie sal my laaste blog inskrywing wees vir 2010 aangesien ek so bietjie gaan vroeg gaan uitspan die jaar.

My kinders het alreeds kom kuier en ek dink teen die tyd weet almal hoe besig Wian kan raak so tyd sal daar nie wees vir blog nie!

Dankie aan almal wat betrokke was by ‘n ongelooflike jaar van kontraste vir my, die jaar kon nie slegter begin nie maar kon terselfde tyd nie beter eindig nie.

Die impak wat Radio Houtstok in Kaapstad het is net eenvoudig fenominaal.

Dis makliker as ek aan die hand van syfers verduidelik.

Radio Houtstok het 103 346 hits op ons webwerf gehad vanaf die 29e Oktober tot en met die 3e desember….. ons facebook fanpage het vanaf die 4e November tot die 6e Desember 5700 fans gekry en in Uitvaltyd het ons op Vrydag die 3e Desember 823 sms’e uit ‘n totaal van 1687 sms’e vir die dag behaal…. net eenvoudig fenominaal en ek weet van geen ander radiostasie wat sulke syfers in maand 1 van sy bestaan kon behaal nie….

Baie dankie aan een en almal vir die ongelooflike terugvoering.

Ek publiseer ‘n paar van die opmerkings onderaan hierdie inskrywing.

Mens kan nie jou lewe in vyandskap met iemand deurbring nie en so het ek en Steve Hofmeyr vrede gemaak Saterdagaand, die lewe is te kort en ek het 3 jaar gewag om by Steve te hoor dat hy weet ek was nie te blameer vir ons uitvalletjie nie… Die man bly ‘n legend en ‘n J&B het die vriendskap weer geseel….. thanks Steve.

Vir almal wat so nou en dan ‘n vinnige es hier gooi, baie dankie vir ‘n onvergeetlike 2010! 2011 Gaan die beste jaar wees van my lewe op alle vlakke, ek is reg daarvoor, dankie vir jou ondersteuning mag God al Sy kinders ryklik seen in 2011 en mag dit die jaar wees waar almal se deurbrake sal kom…. soos dit almal sal gelukkig maak….

Ons gesels weer in die eerste week van 2011….

Groete

Wimpie

Bietjie terugvoering:

Hannatjie Veldsman GENIET JULLE BAIE RADIO HIUTSTOK BESTE GENIET DIE MUSIEK

October 27 at 9:18am

 

Adri Vosloo baie geluk julle – hou so aan!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

7:05pm

 

Arno P Mattheus BAKGAT! Lekker afrikaanse musiek vir ons!

7:57pm

Bennie Franken Goeie stasie.

October 28 at 10:36am

Anite Botha Vd Merwe ‎…julle kook hoor ek LOVE die afrikaanse musiek vir ‘n slag!!!!Hou so aan!!!

2:52pm

Eddie Trickett Baie mooi Houtstok hou so aan met mooi muisiek.

4:37pm

Paul de Kock Afrikaanse musiek oppie radio – hoog tyd!!! Hou so aan!!!

12:43pm

Christo Le Roux Opvangs goed in bellville.Jul radiostasie is fantasties geniet dit om te luister luister nou net radio houtstok!

6:03pm

Angelique Connoway Hello julle, my man het my vertel van julle, en julle is great! Lekker musiek om na te luister en ek sal meer na julle luister, dankie

6:41pm

Angelique Connoway Die opvang in Goodwood is great, sit nou buite maak pot en luister na HOUTSTOK!!!!!!!!

6:42pm

Arno Combrinck Heerlik, heerlik!!!!

10:07pm

Andre Campher Goeie werk kerels… goeie werk! Dis HOOGTYD dat Afrikaners hul eie MUSIEK radiostasie kry!!! Hou so aan en ons staan bank vas agter julle!!!
Maak litte LOS!!!!

 8:51am

Anite Botha Vd Merwe ‎…Wow Louis ek moet jou en jou span geluk wens met ‘n stunning radio stasie, ek hoop julle is hier om te bly, want van dat Radio Houtstok op die lug is, het ek nog nie weer ‘n cd geluister in my motor nie!!!!WELL DONE Julle!!!

10:01am

Charlene Van Zyl My kar radio is nou permanent op 91.3 van Kraaifontein tot Milnerton en die sein is fine.

10:34am

Lourika Lollie Coetzee Ek het jul gister op gespoor danksy n vriendin. Ek is so bly om tehoor daar is n afr. Radio stasie :-) wat ons jong mense ok kan geniet!

10:58am

Faani Engelbrecht Fantasties! Uiteindelik!

 7:21pm

Jacques van Zyl Julle is soos glimlag skakelaars – as mens julle hoor dan skakel die glimlag aan!

11:43am

Alister Brits As dit nie vir Nico Castelyn (1 van my vriende) wat julle PABX ingesit het nie, dan het ek nooit van julle gehoor nie! Al my normale radio kanale is sopas vervang! Hou so vol en laat die Afrikaans vloei!

12:16am

Melani Geyer Wat gaan ek nou met al my CD’s maak :-) Julle is super cool!! Ek love die Afrikaanse musiek en natuurlik die oldies wat julle tussen in ook speel, al is dit engels, mens hoor dit nie op ander stasies nie :-) Julle rock!!! Speel biekie Wasserfal as julle het….. neem my op vlerke :-)

10:20am

Ian du Plessis Dankie tog,hoe lank SMAG ek al na n radio stasie wat n mens kan na luister,nie die gemors wat elke dag speel en wat klink na n gekerm,soos mense in pyn. Dit is mos wat die Kaap lankal nodig het! Is dit dalk die herlewing van vroeer jare se Radio Kontrei,dit was die beste sender oot! Wens julle baie sterkte toe!

2:30pm

Teresa Eygelaar Baie dankie vir hierdie radiostasie, ek sit stoksielalleen in my studeerkamer, en hierdie bied nou heerlike musiek en sommer als … Hou van die omroepers, hulle klink sommer vriendelik!

4:00pm

Jaco Swart baie geluk julle. Dit is tyd dat daar goeie Afriakaanse musiek gespeel word met goeie omroepers. Ek het die ander Afr. stasie vir julle verruil. DANKIE

6:15pm

Petro Van Eeden Geniet julle musiek vreeslik, het almal wat ek ken vertel van julle, nadat my vriend my gese het om na julle te luister, is ek gehook!!!

 9:35pm

..:: MTN Varing Musiekfees ::..  Luister jy na Radio Houtstok op 91.3FM?? Lekker Afrikaanse musiek al die pad! Stel sommer nou jou radio in!!

November 4 at 9:54am

 

Ernest Albert Salvage uitstekende radio stasie /lekker op die oor .hou so aan

4:01pm

Annette Mostert Sharp Love die nuwe stasie!

 4:23pm

Elma van Rensburg Julle stasie ROCK…het reeds al my FB vriende vertel van julle en almal like julle kwaai..!! Hou so aan!

 6:05pm

Gabriella Casaleggio Matrieks van Stellenberg smaak houtstok dik stukke! Tussendeur die swot luister ons lekker!

 6:21pm

Platkuif Van Bosparra well done wimpie en jou team!

 6:22pm

Martin Coetzee MOENIE VERANDER NIE !!!!
91.3…….. is GREAT !

 6:50pm

Elre du Plessis Radio Houtstok julle is die beste!! Ek wil hallo sè aan al my chommas van Stellenberg! Julle is awesome!

6:53pm

Francois Kotze Wow, vadag uitgevind van julle… Awesome, al wat die Kaap nodig gehad het! Dankie julle!!

 11:35pm

Jacoba van Rensburg Wow, julle is great. Sal julle my glo as ek julle sê dat ons Saterdagaand lekker gebraai en gekuier het, net op Houtstok se musiek??? Ons Afrikaners het al so lank gewag vir so iets om te gebeur.

 11:52pm

Anneke Pieterse van Zyl My dogter het my gisteraand van julle vertel en nou kan ek nie ophou luister na julle nie. Julle is SUPER GREAT!!!!! Afrikaans bly maar net die BESTE!!!!

9:55am

Sonja Jordaan Houtstok jou leka ding!!!

10:35am

Gerrit Mnr Nel net bly ek hoef nie meer CD’s te gaan koop om bydie werk te Luister nie. die Musiek wat jul speel is GREAT!! sit my sommer in die GEES vir die naweek. HOU SO AAN!!!

11:12am

Enrico Kobus Redelinghuys like julle meer as my branewyn op n vrydag aand!!!! JULLE ROCK!

11:16am

Christo van Jaarsveldt Ek laaik julle kwaai, hou aan met die lekker musiek

2:42pm

Louise Greyling-Nelson As ek nie na julle kan luister nie bly my radio af ek het geen behoefte om na ‘n ander radio stasie te luister nie! Behou asseblief die wye verskeidenheid wat julle op die oomblik speel! Dankie Louise

 3:34pm

Magda Visser Houtstok julle rock!

3:57pm

Lindi Kessell Lekker om weer n slag afrikaans te kan luister. Dankie julle!

 7:16pm

A L van Rensburg O die wonder van tegnologie. Dankie vir die lekker luister tot hier in Christchurch,NZ!! Houtstok BO!!

12:21am

Zelna Du Toit Ek en my man is verslaaf aan julle stasie. Ons radio in die huis is op 91.3 ingestel en so ook ons motorradios. Dis so lekker om na die al die Afr musiek te luister terwyl jy in die motor ry en die lekker gesels saam met julle. Julle is almal fantasties.

 9:57am

Danie Du Toit JULLE IS AWESOME. HOU SO AAN EN GAAN GROOT. DIE SEIN IS ‘N BYSAAK OP DIE OOMBLIK. KOEBAAI KFM 94.5

10:17am

Malcolm Moore Radio Houtstok, julle is awesome!

10:26am

James Donald Caswell Dis nou die regte stasie wat die kaap nodig gehaat het. Radio Houtstok is bevonk.

 10:43am

Ernest Albert Salvage LEKKERRRRRR JULLE MAG MAAR

 at 3:59pm

Jaco Maritz ek moet se, ek ht altyd kfm geluister, dag n nag. ek werk vnand nagskof en ek kuister net na julle. dt n gatskop radio stasie met lekker musiek. dankie vir n awesome stasie. afrikaans bly die beste. hou so aan, julle hou my wakker deur die nag. julle rock.

4:13am

Jeantell J V Rensburg Bye KFM hello HOUTSTOK.

11:21am

Hanneke Engelbrecht Ek het lank gesoek na ‘n radiostasie wat my tipe musiek speel… nou het ek dit gekry!!! Thanks Houtstok

10:58pm

Annette Smal Lerm Radio Houtstok, julle is great. Dit is ‘n fees om na julle musiek te luister, hou so aan!!!

11:30am

Gavin Shaw Houtstok is kwaai man

12:37pm

Nico de Bod Uit Eindelik !!!!!!!!! iets om na te luister…… Baie Dankie aan julle almal. Groete

1:02pm

Lana Crafford Soos ek vanoggend gesê het julle is soos ‘n Lucky Packet elke song is ‘n verassing dis so lekker ek sit elke oggend omtrent 3/4 uur in verkeer op die minste en ek stress nie meer nie sing lekker saam. Ek glo en vertrou die sein gaan gou gou uitgesort word dan gaan dit sommer nog beter klink, ai kan nie wag nie. Hou net so aan asseblief, baie dankie.

 1:27pm

Anita Le Roux Ek is mal oor die stasie, ek was verlede week oppad werk toe en ek was in ‘n baie slegte bui, volgende oomblik toe speel julle Heeltyd Speeltyd en die liedjie het my sommer weer lus gemaak vir die dag, wys net watter positiewe uitwerking het Afrikaanse musiek op ‘n mens, dankie julle.

 

Riaan Geers Great stasie. Gisteroggend het ek gaan offroad ry by melkbos en oppad huistoe so 10 uur het julle jukebox hero van Foreigner gespeel. CLASSIC. Nog nooit op n ander radiostasie gehoor nie. 80′s en afrikaanse musiek rock. Ek se al lankal ons het so n stasie nodig. Nou kan ek my cd’s en MP3 speler bere. Hou dit asb net so…!!! Dis great om iets het om na te luister.

See More

Lucas Smith Houtstok….. julle is windgat verby!!!

 

Antoinette Nettie Vd Merwe Radio Houtsok…Nee wat nou is KFM retig nie meer n kompetiesie nie.Almal gaan nou probeer Afrikaans praat op radio stasies..Dink hulle is n bietjie te laat ..AFRIKAANS GAAN NOU GROTER AS GROOT

Amanda Bosman Radio Houtstok is no 1 – KFM is history – Dis rerig n amaizing stasie met lekker musiek, my dag was natuurlik gemaak toe julle vandig vir Dewald Louw speel. Bou so voort

 

Lonita Lollies de Lange Laaaaank gewag vir ‘n stasie soos julle! Trots Suid-Afrikaans!

Annamarie van Dyk Vir die eerste keer in n lang tyd luister ons radio en sit die tv af

Harry Giliomee Dit is n baie wonderlike musiek stasie.Hou so aan dit kan net beter word en al die ander musiek stasie uit stof.

Brenda Litzke I live in New York, USA (previously Brackenfell) and my sister-in-law mentioned your link on Facebook. We have internet radio all set up here, ons luister RSG, KFM, you name it. We put in your website 913fm.co.za and voila… you are heard all the way to America :-)

 

 

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

2 Responses to Totsiens 2010 … Vrede met Steve en almal!

  1. Ek is so bly jy & my ander “Boyfriend” het “vrede” gemaak!!!!
    Ek jubel & juig van blydskap daaroor!!!
    Ek is SO BLY ek het mooi geluister en die blog raak geloop!!!!
    Nou kan ek dit ook volg!!!
    So intressant om die dinge van jou te volg!
    Wimpie, ek het al vele van jou goeters gelees, & is besonders TROTS op jou!!!
    Jy het vir jouself al ‘n mooi padjie oopgeteer, glo jy gaan nog “grondpad” op jou padjie kry, maar dit maak jou as mens net soveel sterker!!!
    Jou kinders kan met trots sê, jy is hulle Dad!!
    Ek glo julle het ook ‘n sooper dooper lekker tydjie saam gehad die vakansie!!! Dit is sulke waardevolle tye saam!!!

    Chat weer Mnr. vd Sandt.
    UItvaltyd se Blou Oog Nooi
    Monique Kalcher
    (**,)

  2. Ron says:

    Wimpie hoop julle het jul welverdiende af tyd geniet, ek kan glo dat jul werk redelik uitputtent moet wees.