Verjaarsdae!

Om te verjaar is nou lankal nie meer vir my ‘n groot issue in my lewe nie.

Gister (Sondag) se verjaardag het dus sonder veel fanfare gebeur. Vir duie eerste keer het en nie veel daarvan gemaak nie, net die tyd gebruik om te reflekteer op die vorige jare se verjaardae en waar ek in my lewe was en waar ek nou is, die mense wat deel was van my lewe, en nie meer is nie, die plekke waar ek was en vandag nie meer is nie….

Asof bestel het die Kaap gister net eenvoudig die mooiste weer aangeskakel en ek kon lekker op die strand gaan ontbyt eet….. hulle se mos dis die belangrikste ete van die dag, hulle het vergeet om te se dis ook die mooiste as jy op Bloubergstrand dit geniet!

Die toekoms lyk aansienlik beter as wat die verlede gelyk het en ek is opgewonde as ek dink aan al die uitdagings wat wag.

Die Springbokke het darem weer mooi gewen Saterdag, danksy drie skitterende duikslae van Gio Aplon wie hulle mos in die Noorde se, “te klein is vir toetsrugby”.

Kan nie help om te voel daar is ‘n totale gebrek aan afrigting by die Springbokke nie, kyk maar gerus weer na die videoclip van Saterdag se toets, ek begin dink die Bokke wen ten spyte van PDV se beste pogings.

De Villiers, Gold en Muir, moet sekerlik die swakste afrigtingskorps wees wat nog ooit die voorreg gehad het om die groen en goud af te rig!

Behalwe vir de Villiers se sukses van verlede jaar toe die momentum erg deur Jake White opgebou is, het hy nog nie daarna daarin geslaag om te oortuig nie en is die blote feit dat die Springbokke nog hier en daar ‘n wedstryd wen vir ‘n teken van hoe goed die spelers is….

Dis ‘n groot en harde werk wat voorle vir my met baie dinge wat gebeur in my lewe op die oomblik. Sien uit na die uitdagings.

Groetnis

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

Comments are closed.