Liefling …. Die Flop!

Met groot verwagting en met ‘n tikkie opgewondenheid val ek toe nou gisteraand in die ry om Liefling te gaan kyk….

Wat ‘n teleurstelling. Van ‘n rolprent oogpunt is dit ‘n totale flop, vergeet daarvan dat dit waarskeinlik alle rekords by die loket gaan laat tuimel omdat die stomme Bobby van Jaarsveld een keer sy hemp uittrek….

Daar is geen storie nie, mens kry die idee dat die storie so half en half maar net ‘n bysaak is, die villian in die verhaal is onoortuigend en van akteurwerk in die rolprent is daar weinig indien enigsins sprake.

Daar is geen choreografie nie, die akteurs en die klankbaan is uit sync met mekaar…. dis soos een laaaaaang tipiese SWAK Afrikaanse musiekvideo.

Net weereens ‘n bewys dat sangers nie noodwendig goeie akteurs maak nie alhoewel ek die arme Bobby van Jaarsveld baie jammer kry, dis seker ook nie sy skuld dat hy onder sulke swak regie moes deurloop nie, die kamerawerk was beroerd, in een toneel het ek gevoel ek gaan fisies naar word want die kamera draai vir DRIE minute in die rondte….

Dit gaan nie daaroor of jy daarvan hou of nie….. die produksie is SWAK, die storie is non existant, die choreografie bestaan nie, die acting is shocking, die kamerawerk is amateuragtig, die sountrack pas nie by die fliek nie….. die akteurs se monde en die klankbaan is uit sync uit…… ‘n moerse teleurstelling om die minste te se, lyk soos ‘n tipiese SWAK Afrikaanse musiekvideo wat te lank aanhou….

Ek weet daar is mense wat daarvan gaan hou en dink dis die beste ding ooit! Maar dis dieselfde mense wat dink Da-Idi is die grootste Afrikaanse treffer ooit en Willem Botha het die stem van ‘n nagtegaal….

As jy klaar nie die gemors gaan kyk het neem weer ‘n slag Moulin Rouge of Grfease uit….. of Mamma Mia, en se my dan hoe was Liefling….

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

2 Responses to Liefling …. Die Flop!

  1. Hallo Wimpie

    Wimpie / Moulin Rouge, Grease en Mamma Mia

    VS

    Dawid / Liefling Die Movie

    Jy is onnodig oor-negatief oor Liefling Die Movie.

    Ek het nie perfeksie verwag toe ek my kaartjie vir die fliek gekoop het nie en was eintlik aangenaam verras met die kwaliteit van die fliek. Wanneer mens die storie en danstonele vergelyk met die van Grease s’n, is dit goed genoeg. Wanneer mens die sang vergelyk met die van Mamma Mia s’n, is dit goed genoeg. Die toneelspel, klankbaan, kamerawerk, choreografie en sinchronisasie het my ook nie gepla nie. Die villian, soos jy dit stel, is gepas as komedies. Liefling Die Movie is nie kunstig soos Moulin Rouge nie, maar ons albei weet die grotendeels van die volk stel nie belang in kunsflieke nie. Musicals moet pret wees.

    Ek het wel ook gevoel die fliek was te lank. Daar was te veel opeenvolgende sangtonele.

    En ek is nie ‘n aanhanger van Da-Idi nie.

    • Wimpie says:

      Ja dis seker maar ‘n geval van persoonlike smaak…… ek dink na die hype wat die fliek voorafgegaan het was dit net eenvoudig ‘n teleurstelling, maar dis my persoonlike opinie