Kap dit af!

Dis met groot trots dat ek sal kan terugdank aan 91.3FM en wat ek vermag het om vir die eerste keer in my lewe ‘n radiostasie van scratch af te vat en op te bou om die Kaap storm te loop soos seker geen ander stasie voorheen dit reggekry het nie.

Die opvolgmomentum moet dit nou verder vat en die radiostasie vestig as een van die rol spelers in die Kaap. My werk hier is gedoen.

As mens terugkyk op jou lewe moet mens dit kan doen met ‘n gevoel van trots en met ‘n gevoel dat jy iets bereik het. Ek kan vandag se dat ek dit deesdae kan doen sonder om te twyfel.

Verder het die lesse van die lewe my geleer om nooit op te gee nie en nooit brue te brand nie want jy weet nie wanneer jy weer oor daai bruggie moet loop nie, en so het die bitterheid teenoor sommige mense wat ek gevoel het my te nagekom het, ook plek gemaak vir lewensvreugde en ‘n rustigheid in die wete dat dit nie my plek is om te oordeel en/of klippe te gooi nie.

Wat mens aan ander doen vat soms ‘n rukkie maar dit kom terug na jou toe.

Verder staan daar in die Bybel as jou arm jou pla kap dit af, daarmee moet mens ook jou bande afkap met dit wat jou pla en terughou in die lewe, die tyd vir afkap is hier!

Geniet die week, dit gaan ‘n grote wees, en ek gaan probeer om meer as net die een keer die week te blog!

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

Comments are closed.