Die rugby en my sogenaamde vriende…

Nou ja, daar is die Haaie toe die konings van plaaslike rugby!

Knap gedaan aan die Durbaniete en geen verskonings van die Kapenaars nie.

Die Sharks was meer gemotifeerd, meer committed en meer honger vir die wen as wat die WP was. Hulle het ons stukkend geduik en sommer in die algemeen onwelkom in Durban laat voel en dis hoe ‘n kampioenspan dit doen.

So nee, geen verskonings van ons af nie, die skeidsregter het goed geblaas en die Sharks was regdeur die jaar die beste span, hulle het die WP se nommer gehad in bykans elke wedstryd tussen die twee spanne die jaar behalwe in die een op Nuweland wat nie rerig saak gemaak het nie.

Ek moet darem noem dat die WP se toekoms darem heelwat beter lyk as ‘n paar jaar gelede. Van onder 13 vlak tot op onder 21 vlak het die WP elke rugbybeker in die land gewen en vir die eerste keer in die geskiedenis die eindstryd van die Super 14 en die Curriebeker gehaal wat net weereens bewys rugby in die Suide is gesond en daar gaan nog baie met die WP rekening gehou moet word in die toekoms.

Maar vir die jaar behoort die sjampanje aan die Sharks en is die WP manne slegs kelners!

91.3 FM Stereo is toe nou op die lug en ons het na verskriklike groeipyne uiteindelik Donderdag amptelik die lug gesien. Dis met nie net ‘n tikkie trots nie, wat ek kan terugkyk op dit wat ek bereik het met die bou van hierdie radiostasie…. toe ek die eerste keer hier in die Kaap instap was hier niks, net ‘n kantoor en ‘n rekenaar, vandag ‘n jaar later is daar ‘n radiostasie wat kan meeding met die heel beste wat die Kaap kan bied….

Ek is baie trots, daar is geen gevoel soos die gevoel wanneer jy almal wat jou afskryf verkeerd kan bewys nie. Ek onthou nog baie goed Kobie Koen van Vonk se woorde aan my voor ek Kaap toe is…. “julle sal nooit op die lug kom nie” mmm nou ja toe, gelukkig luister ek nog altyd wat mense vir my se en maak dan my eie gevolgtrekkings.

Aan al my vorige kollegas en vriende in die musiekbedryf, met geheues so kort soos vuurhoutjies, dankie vir een ding en dis dat julle, julle ware kleure en vriendskap aan my bewys het, dinge in die lewe gebeur met ‘n doel en ek is dankbaar my oe kon oopgaan net betyds….

Toe dinge met my begin sleg gaan weens omstandighede buite my beheer, toe ek byna sewe maande sonder salaris moes klaarkom en toe al my geld uit my rekening geclone is, het al my kunstenaarsvriende en vriende in die musiekbedryf hulle rug een vir een op my gedraai en een vir een stories gaan vertel wat hulle weg wel terug na my ore gevind het.

Wel nou is die skoen aan die ander voet, ek het vasgebyt en daardeur gewerk, in die proses my God leer ken en sal nooit, ooit weer deur niemand gebruik word nie. Die mense wat my finansieel gedra het sal ek nooit vergeet nie. Daar gebeur baie dinge in mense se lewens alles met ‘n doel.

My probleem was ek kon nooit my vriende afskryf nie want ek het altyd in hulle en ons vriendskap geglo, al hierdie dinge moes gebeur vir my om te sien dat sangers jou sal gebruik om hulle musiek die eesrte keer op die radio te kry, om vir hulle bookings te reel wanneer hulle niks het nie, om vir hulle loopbane te bou, om hulle geldelik te dra om shows te reel teen groot verliese vir jouself sodat hulle kan naammaak, en jou basies kan gebruik tot hulle bo uitkom, daarna sal hulle snert van jou verkondig aan die wereld en jou probeer vertrap waar hulle kan.

Dis mooi, my ogies is oop, ek is deur die moeilike tye, ek skryf  kliphard aan my boek moenie worry nie, eendag ontmasker ek nog hierdie bedryf!

Aan almal wat by en agter my gestaan het…. thanks julle sal altyd en enige tyd op my knoppie kan druk….. maar dit weet julle reeds!

Lekker week, ek gaan nie verder blog die week nie want ek WIL seker maak almal lees hier wat dit op gemik is, jy sal weet wie en wat jy is…

Tot volgende week, hoor jou in die Kaap op 91.3FM of elders op www.913fm.co.za

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

2 Responses to Die rugby en my sogenaamde vriende…

  1. Ina says:

    Hi Wimpie,

    Ek kry eers vandag kans om op tevang met jou en Danie se blogs. Ek wil net vir jou se, jy kan met reg trots voel op wat jy vermag het. Ons almal het maar klippies in die pad en skoen wat moet uit geskop word. Die lewe gaan aan en ek is trots om te se jy is my nefie. Ek se weer jy leef jou kinder droom en ek glo daai boek gaan nog baie mense laat regop sit.

  2. Neels says:

    Helloooooo Wimpie
    … en toe vra my dogter vir my so oor die etenstafel vanmiddag terwyl ons aan ma se hoender smul of ek weet van Radio Houtstok en ek sê toe ietwat huiwerig ja, want ek het so iets gehoor. Nou ja, na die hoendertjie afgesluk is met ‘n swart koffietjie toe verdwyn ek so bietjie om te gaan luister na jou produk – en dis voorwaar sommer so ‘n lekker gevoel om ‘n slag na ‘n geen nonsens Radio stasie in my eie taal – afgewissel met my anner taal se musiek – te luister. Doen so voort en bou lekker op die nuwe vriendskappe!!

    Groetnis
    Neels