U2 kaartjies in die hand, en Neil Diamond…

Wat ‘n naweek…. As ek terugdink daaraan dan dink ek die meeste van die naweek het ek in ‘n ry iewers spandeer!

Dit gebeur nie gereeld dat internasionale kunstenaars wat my werklik opgewonde maak ‘n draai in Suid-Afrika kom maak nie, wanneer dit dan gebeur dan moet mens seker maak jy is daar om dit te sien.

Saterdagoggend vroeg rapportteer die uwe toe voor die deur van die plaaslike Checkers so 07H15 0m seker te maak ek kry my kaartjies in die hande vir die groot U2 en Neil Diamond konserte hier in die Kaap. Toe ek daar kom staan ek maar geduldig in die ry saam met al die ander U2 fans en sien hoe 68 000 kaartjies blitsvinnig uitverkoop.

Wys jou maar net hoe uitgehonger is Suid-Afrikaners vir goeie topklas vermaak…

Ek het ook net weer gesien dat die ou verskoning van die mimetracker brigade…. dis te duur om ‘n band te he…. dra nie water nie. Die heel duurste U2 kaartjies R2500 elk is heel eerste opgeraap.

Sit ‘n ordentlike show en ‘n ordentlike band aanmekaar en Suid-Afrikaners SAL kom kyk!

Anyway ek is moeg gedebatteer daaroor ek oefen maar net my eie boikot uit en dis dit, as daar 100 ouens soos ek is sal die boodskap wel een van die dae beginne deurdring…

Gister gou gaan fietsry en toe aangemeld vir my heel eerste Kitesurfing les in my lewe. Ek staan altyd so op die strand en kyk en wonder of dit iets is wat ek sal kan doen!

Na die eerste les kan ek nog niks met sekerheid se nie, wat ek wel kan se is ek dink ek sal dit kan regkry. En dis sinneloos om so naby die see te bly as wat ek bly sonder om iets in die see te doen!

Vanmiddag rapporteer ek vir my tweede les en ek sien erg uit daarna.

Nou ja, ons wag nog steeds om lewendig op FM te gaan, sal laat weet wanneer dit gebeur.

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

One Response to U2 kaartjies in die hand, en Neil Diamond…

  1. Niel Diamond . . . ek is baie jaloers – geniet dit vir my ook asb