Noord teen Suid in die koue Kaap!

As enigeen enigsins nog getwyfel het dat daar fout is met die weer dan hoef hulle net Kaap toe te kom en kom kyk hoe lyk die weer hier by ons, reen en koue in die middel van Oktober, wel dis ‘n skamele 15 grade vandag in die Kaap!

My kinders het kom kuier en dis soos gewoonlik weer ‘n lekker belewenis om die twee hier by my te he, Janine het ontaard in ‘n regte jong sexy dame wat die manne se koppe laat draai en sorg vir ‘n opgewondenheid waar sy ookal gaan… Daar is net eenvoudig geen beter woord om Wian te beskryf as die term “live wire” nie want dis presies wat hy is, hy is net nooit stil nie. Maar ek verkies dit so, hy is ‘n seun en seuns moet besig wees!

Daai mannetjie se gesiggie Saterdag op Nuwelund is ook iets wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie, die ogies het geskitter en hy het ge ‘Province!’ uit volle bors elke keer as die streeptruie se agterlyn aan die hardloop gegaag het.

So van die rugby gepraat, ek dink dis die jaar ‘n Noord Suid eindstryd op Nuweland en ek kan persoonlik nie meer wag nie, dit gaan awesome wees en ek dink die WP het ‘n great kans om die jaar die Curriebeker te wen, omtrent tyd ook want ons wag nou al lank!

Die rugbypendullem is verseker besig om te skuif met al die WP se spanne, onder 19/21 en senior span in die halfeind en die Amateurspan in die eindstryd van hulle onderskeie kompetisies.

91.3FM Stereo het toe nie vandag die lug gesien nie as gevolg van administratiewe rompslomp en ‘n Transmitter wat by Customs in Johannesburg in red Tape toegedraai is, ons moes toe noodgedwonge die groot aanskakel datum….. weer… met n week aanskuif! Dis nou maar die lewe.

Later

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

Comments are closed.