Brandewyn suipende tweegevrete….

Ek het die afgelope naweek weer gesien hoe vals, agteraf en pleinweg net skeinheilig mense is nie.

Ek was al baie in die moeilikheid oor goed wat ek gese het, goed wat ek nog nooit skaam was om vir jou, in jou gesig van jou te se nie. Dit pis my bitter af wanneer mense agter jou rug loop en strooi praat van jou en dink hulle is die gode en niemand gaan herhaal wat hulle van jou te se het nie.

Een van die redes hoekom ek die stof van Gauteng van my voete kom afskop het is omdat ek disillusioned geraak het met die vals skeinheilheid van Gauteng en sy mense. Asb mooenie my verkeerd verstaan nie, almal is seker nie so nie maar deksels man, he bietjie vir een keer die guts en staan agter jou eie woorde en bel my en se as jy iets te se het!

As die gewone publiek maar net weet watse tipe mense die helde en heldinne is wat hulle so deur die media leer afgode van maak het sal die meeste “kulkunstenaars”, rugbyspelers, platemaatskappye, “internetpersoonlikhede”, minnaresse, strippers, akteurs en akrises en glanspersoonlikhede maar sleg daarvan afkom.

Die Internet het ‘n bron vir hierdie mense geword om bestaansreg te he, net soos die Afrikaanse musiekbedryf ‘n klomp talentlose mense ‘n teelaarde geword het om supersterdom te bereik.

Daar is ‘n ou gesegde wat lui gee iemand wat niks in die lewe gewoond is nie bietjie iets en dan kyk jy wat maak hulle met daai mag dan kan jy sien watse tipe mens dit is…. Hoe waar is dit tog nie, en hoe kort is die sogenaamde supersterre se geheues nie, en hoe oppervlakkig is die “vriendskappe” in die vermaaklikheidsbedryf tog nie….

Dan kry jy die ander tipe, wat aan jou vassuig vir wat jy dalk vir hulle kan doen en dan as hulle op hulle eie voete staan dan sal hulle vergeet wat hulle jou skuld en sommer net besluit hulle het nou jou nie meer nodig nie en hoef ook nie die R260 000 terug te betaal wat hulle jou skuld nie!

Kak man dit stop hier en nou, no more mr. Nice guy. Geen meer gunsies en gawetjies van “ag ou Wimma, speel bietjie hierdie nuwe song van my op die radio” nie. Geen meer help bietjie hier of daar met ‘n show en help bietjie hier of daar met ‘n woordjie nie,….

Basta daarmee.

Ek word alweer opgewerk soos in die ou dae! Een ding is verseker, hierdie boerseun is klaar gebruik in sy lewe, gaan nie meer gebruik nie, en ja ek is besig om te skryf, elke dag ‘n bietjie aan ‘n boekie oor die wie is wie van wat en die ware feite, lank genoeg het ek stilgebly en toegekyk hoe valse onwaarhede die wereld in gestuur word, iewers stop dit, ek het n gevoel dis hier en nou!

Baie geluk aan die WP en die Sharks, maak nie saak hoe hard die Blou Bulle le en tjank en te kere gaan nie die beste twee spanne is in die eindstryd en dis dit!

Dit is altyd vir my verstommend hoe mense wat absoluut niks van rugby af weet hulle monde uit te spoel het oor onderwerpe van rugby waarvan hulle net mooi dadels van weet.

Kyk nou maar hoe het die brandewyn suipende gespuis die arme Bryan Habana uitgejou as ‘n “has been” terwyl ons almal maar weet dit was eintlik net die Blou Bul ondersteuners wat suurgat was omdat hy die Bulle verlaat het om in die Kaap te kom speel….. hy het seker ook deur die Pretoria sindroom van vals tweegatjakkelsgeid gesien!

Schal Burger som dit vanoggend die beste op in die koerant toe hy oor habana gevra is:

“As jy iemand se spanmaat is weet jy waartoe daai speler in staat is, ons het nog nooit aan Bryan getwyvel nie dis meer iemand wat by die huis sit en brandewyn suip wat spelers met klas uitjou”.

Daarmee gaan ek berus….

Baie werk om te doen, ons gaan Woensdag ;live op 91.3FM, as ek nie kans kry om weer die week te blog nie, vergewe maar, ek is baie besig, sal my bes doen!

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

One Response to Brandewyn suipende tweegevrete….

  1. Jy klink nogals heel kwaai…..maar wel gesteld! En ek moet se dat jy nogals ‘n baie waardevolle punt daar beet het van die bul ondersteuners. Want sodra hulle sien een van hulle spelers doen goed iewers anders begin hulle weer met daai “BOO” mentaliteit van hulle….kak losers!!! Eks self ‘n Sharks supporter en ek se nie nou net kak loser omdat due Sharks hulle gewen het Saterdag nie maar net omdat die helfte van die Bulle spelers en supporters nou weer sit en sulk en swak verskonings soek omdat hulle vir ‘n slag op hul eie spel patroon op hul moer gekry het! Stry….maar die beste span het gewen.

    Wil maar net se ek like jou blog storie nogal “ou Wimma”…..by the way….wanne gaan vat ons weer saam ‘n glasie rooi wyn of ‘n quervotjie???

    Cheers vir eers!