Daughtry kook saam WP!

Gisteraand gou bietjie Daughtry gaan kyk by Grandwest hier in die Kaap.

Sonder om afgesaag te raak en sonder om dieselfde obvious goedjies te herhaal, gaan ek maar net weereens my kop skud oor die stand van die grootste klug in die wereld, die Afrikaanse Musiekbedryf.

Dis nie eers meer die moeite werd om daaroor te praat nie so ek gaan nie.

Ek weet Daughtry is oppad Johannesburg toe en tree Vrydag daar op, moenie ‘n fout maak en nie gaan kyk nie, kry jou kaartjies en gaan, as mense R100 plus vir ons plaaslike mimiekkunstenaars se vertonings kan betaal, haal maar die ekstra paar rand uit vir ‘n waarlike oorspronklike kunstenaar….. o ja…. met n vol en kick ass band!

Radio Houtstok het so in die stilligheid die lug gesien gister en wel op 91.3FM Stereo, ons het baie hard gewerk en ek voel soos ‘n zombie, ek is gedaan en kan nie wag om net te gaan slaap nie.

Alles is nou in plek en na aanvanklike internet en uitsendings probleme is alles nou klopdisselboom en behoort daar geen probleme met die uitsendings te wees nie.

As jy in die Kaap se omgewing is, skakel gerus in, alternatiewelik gaan maak ‘n draai op www.913fm.co.za en jy kan enige plek in die wereld luister, die uwe is die stasie bestuurder maar ek doen ook die middagprogram van 4 tot 7 Maandag tot Vrydag saam met Maresa de Vos, ons noem dit in eg Kaapse tradisie Uitvaltyd.

Ek is baie trots op die standaard van die stasie en is tevrede met hoe ons klink. Ek dink ons gesels baie maklik met veel groter stasies saam en ons klink beter as baie ander wat baie langer op die lug is.

Op daai noot gaan ek bietjie agteroor sit vanaand en more en Saterdag kyk hoe wen die WP die Curriebeker…. Lekker om nie die Blou Bul arrogansie die jaar as deel van die pakket te he nie.

Here we go Province here we go!

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

One Response to Daughtry kook saam WP!

  1. Seker vreeslik agter om nou eers ietsie te se hierop, maar CHRIS DAUGHTRY en sy BAND ROCK!!!! Ek is absoluut versot op hulle! Ek was bevoorreg genoeg om hulle in London te sien en het albei hul CD’s aangeskaf – selfs op American Idols was hy my wenner! Great stuff dat jy ook gaan kyk het!