Weet ons ooit wat is oorlog?

Ek was verlede week weer vinnig op Johannesburg toe vir besigheid en ek moet se sonder om weer simpel te klink, Gauteng het wonderlike warm weer, en dit is nou lekker koud in die Kaap, maar ek verkies eerder die koue in die Kaap as daai drukkende hitte in Gauteng, jy weet daai tipe hitte wat mens kry voor die eerste reen val?

Be that as it may, soos die Engelse se, ek sien Absa is in die moeilikheid oor hulle met sport wil inmeng plaas van om hulle te hou by banksake.

Die eerste ding wat mense se is wat dan van ons sokkerspan wat pikswart is? Ek dis juis hier waar ek besef ons het nog ‘n baie ver en lang pad om te loop voor daar van versoening in Suid-Afrika gepraat kan word.

Feit is dat die ekonomie in Suid-Afrika heeltemal in ‘n warboel is en voor dit nie aangespreek word nie kan ons maar vergeet om op sport- en of enige ander gebied gelykheid te bereik.

Meer as 90% van die geld in ons land is in die hande van minder as 10% van die bevolking.

Dis ‘n resep vir disaster, kyk maar wat het gebeur met die onlangse staatsdiens staking, en dit gaan net erger word, solank die minderheid, en dis ‘n reuse minderheid wat die ekonomie beheer in die land, gaan die kookpot erger en erger raak en gaan daar nie enige vooruitsig op verbetering wees nie.

Die middelklas is vinnig besig om te verdwyn en mens kry bykans net ryk en arm mense in die land, en dis ‘n ongesonde toedrag van sake.

Dis ‘n wen resep vir die Malema’s van die wereld om die massas sonder veel moeite op te sweep met beloftes van nasionalisering, net soos in Zimbabwe gebeur het.

Witmense is baie vinnig om te praat van oorlog en bloed wat gaan vloei, en blah, blah, blah fispaste. Ek wonder of diegene wat so vinnig praat al oorlog gesien het soos in Mosambiek en Angola?

Dis maklik om te praat tot die bloed in die strate afloop en die “oorlog” nie meer net iets is waaroor gepraat word soos ‘n oorlogmovie uit Hollywood nie. En daar is geen Rambo om gou 40 miljoen van ons landgenote uit te wis nie!

Nee wat ek dink ons moet ophou teen die stroom swem en eerder skouer aan die wiel begin sit en saamwerk om ons probleme uit te sorteer, vinniger eerder as later.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Weet ons ooit wat is oorlog?

  1. WebMaster says:

    Net ‘n toets comment…

  2. WebMaster says:

    Flock is be… Flock is sharp!

  3. Kan jy my nie asb help met fotos van Mosambiek. Ek doen ‘n tema ete met Mosambiek maar ek het dit nodig van oorlog geteisterde dele.

    Dankie

    S