Terug en op die oorlogspad!

Vir almal wat gedink het ek het van die aardbol af verdwyn, en wie in die stilte dankbaar daaroor was, slegte nuus, ek is terug!

Het net bietjie ‘n paar goedjies gehad om uit te sorteer maar ek is nou terug.

In die week wat ek af was het ek bietjie tyd gehad om te ontsnap van Facebook, blogging, die internet en sommer net alles wat met ‘n rekenaar uit te waai het, en dit was sommer baie lekker… Ek het ook tyd gehad om te reflekteer op die lewe, wat maak my gelukkig, wat doen nie, waarheen is ek oppad en hoe wil ek daar uitkom, wat irriteer my en wat doen nie.

Ek het nooit gedink die dag sal aanbreek dat ek op die punt kom waar ek sou se Afrikaanse musiek is een van die dinge wat my irriteer nie, maar ek het nou daar gekom.

Substandaard is die woord waarmee ek kan opkom wat Afrikaanse musiek aanbetref, dis net eenvoudig skokkend hoe talentlose en substandaard musiek aan die publiek opgedis word en ons vreet dit vir soetkoek op.

En dis uit en uit ons eie skuld dat dit gebeur, ons het dit aanvaar en ons sit nou met die gebakte pere!

Wel nie langer meer vir my nie, ek is klaar met die middelmatige gemors wat ons sogenaamde kunstenaars vir ons opdis, dis alles ‘n klomp snert en dis grootliks te danke aan die feit dat die mense wat dit aan ons opdis dieselfde kliek in die musiekbedryf is al vir jare!

Hoe een “groep” mense ‘n hele bedryf so kan beheer is bo my vuurmaakplek, hoe ons dit kan toelaat….. is onvergeefbaar!

Twee dinge het die naweek gebeur way my mind opgemaak het vir my.

images4Eerstens het ek Vrydag die opening van die T20 krieketreeks op televisie dopgehou van die Wanderers af. Enrique Iglesias het seker die gulde geleentheid gehad om met ‘n backtrack op te tree. Hy het net nodig gehad om twee vinnige liedjies te sing, tien minute op die verhoog, en Suid-Afrikaners sou sekerlik tevrede gewees het met ‘n saammime op ‘n backtrack en almal sou gese het wonderlik en hoe goed was dit nie, maar aikona.

Soos ‘n ster betaam het hy met oorgawe alles gedoen, vol band, backing vocalists, great klank, en daar was seker nie eers ‘n tiende van die hoeveelheid mense voor wie hy gewoonlik optree nie!

Die tweede ding was toe ek Saterdagaand “Thriller Live” by die Grandwest Casino gaan kyk het en net weereens besef het daar is geen verskoning vir die drek wat in Suid-Afrika aan ons afgesmeer word nie!

Die show was ‘n skouspel en die band en die choreografie van uitstaande gehalte!

images10Dan gee mens nie om, om R150 op te dok vir die show nie, mens gee ook nie om as jy 15 minute in ‘n ry staan om in te kom nie en jy kan verstaan die die venue vol was….

Hoekom is ons dan tevrede met die kommin rubbish wat ons kunstenaars aan ons afsmeer? Hoekom pak ons die sale vol om te sien hoe iemand aan ‘n mikrofoon hang en maak of hy/sy saamsing met een of ander karaoke track wat ‘n direkte vertaling is van een of ander Skandinawiese of Duitse folksong!

Wel ek is gatvol en gaan dit nie meer doen nie, ek is jammer, alle Afrikaanse musiek van nou af is geban in my huis en van my Iphone af. Ek gaan nie meer die mense ondersteun wat my intelligensie onderskat en snert in my keel wil afdwing nie, ek is jammer!

Dis my eie persoonlike gevoel en dis dit, ek is klaar met hierdie bedryf tot die bedryf die tree van goedkoop ondeursigtige snert, baby warra warry bokkie kak gegee het na iets wat ek actually op trots kan wees.

Ek is jammer maar dis dit, dis die waarheid, net soos dit waar is dat die gay gemeenskap die bedryf run. Ek is glad nie bevooroordeeld teenoor gay mense nie dis hulle grondwetlike reg om gay te wees, ekis nie gay nie en dis ook my reg om nie te wees nie.

Wanneer die gay mafia egter die hele bedryf run en bepaal wie tree waar en wanneer op en wie kry kontrakte en en en en …. dan ruk ek my gat in ‘n krul en weier ek om verder deel daaraan te he. En ek is seker ek is nie al mens in die land wat so voel nie!

As almal wat soos ek voel net se basta tot hiernatoe en nie verder nie, sal die wereld ook ‘n beter plek wees, maar tipies Afrikaner is almal te slapgat om dit te doen! Ek se dis tyd vir ‘n rewolusie in die Afrikaanse musiekbedryf, en dis nou die tyd! Hou die spasie dop!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Terug en op die oorlogspad!

  1. Sue Pienaar says:

    Ek stem 110% met jou saam. Die twak wat die kunstenaars sing is vir my net een te veel! Die publiek hang mos almal aan Huisgenoot se lippe en glo elke druppel twak wat die geagte tydskrif opdis! G’n wonder die selle mense hang die rooi-rokkie-op-’n-pondokkie-met-’n-stokkie – kunstenaars aan nie!

    Dit sal goed wees as jy hierdie kamma-kunstenaars ontbloot. Ek steun jou!