Om te staak…

Mense het sekere basiese behoeftes nodig om te kan lewe en seker die mees belangrikste ding wat mense maak “tick” is drome en hoop…. as jy dit van iemand wegvat dan vat jy sy lewe weg. Dis die hoofrede waarom ek nie sommer net veroordeel en kaalvuis onder al die stakers inklim nie, dis op die einde van die dag ook maar net mense wat moet lewe in ‘n wereld waar alles opgaan en duurder word en lewenskostes byna daagliks styg en byna onbekostigbaar word.

Wat tans besig is om in ons land te gebeur is op baie vlakke nie veel anders as wat met die Franse rewolusie gebeur het nie…. Die arm mense wat die werk doen en noodsaaklike dienste aan die gang moet hou is die mense wat kripeer van die ellende en die rykes word net al hoe ryker en iewers is daar ‘n punt waar die twee nie meer in harmonie met mekaar kan saamleef nie en dan kry jy groot probleme, veral wanneer gewone mense sien hoe hulle belastinggeld verduister word deur korrupte regeringsamptenare wat deur gewone mense verkies is…

Kom ons wees nou maar eerlik wie van ons kan met ‘n behuisingstoelaag van R850 per maand oor die weg kom?

Die teenoorgestelde is ook waar dat mense nie in poste soos die gesondheidsdienste met mede landsburgers se lewens kan dobbel ter wille van ‘n skamele R150 per maand nie. Wanneer mens in daai beroep ingaan weet jy tog dat jy nie miljoene gaan verdien nie en ek is seker vir die meerderheid verpleegsters en hospitaalpersoneel is dit nie ‘n beroep wat deur hulle gekiesĀ is nie, maar ‘n beroep wat wat HULLE gekies het.

Dis terselfdetyd teneerdrukkend om hierdie mense elke jaar te sien verarm…

Wanneer ryk mense met hulle gewone daaglikse lewe aangaan is dit moeilik vir hulle om te verstaan waaroor die bohaai gaan. Maar daar kom ‘n tyd in elkeen van ons se lewe waar ons afhanklik van hierdie selfde mense gaan wees, en waar al die geld in die wereld nie jou gesondheid vir jou gaan kan koop nie.

Dis vir my altyd lagwekkend om te sien hoe mense hulle rykdom vir hulself oppas en met niks en niemand wil deel nie, maar tog wanneer dit nie goed gaan met die gesondheid nie is almal maar te gretig om te betaal om gesond te word… dan is dit te laat…

Nou ja ek het maar net gevoel ek wil my deel bydra tot die hele debat.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.