Die sluier oor die Afrikaanse musiekbedryf…. gelig!

Nou ja as jy gister hier ‘n draai gemaak het sou jy gesien het ek het ‘n paar veranderinge laat aanbring aan my webwerf. Dankie Jaco.

As jy hou van wat jy sien, stuur my ‘n epos en ek sal jou met hulle in kontak sit!

Donderdagaand gaan maak ek toe vinnig ‘n draai by die Barnyard teater hier in Bellville om die absolute 80′s show te gaan kyk….. met vyf sangers…. en ‘n vol band!

Die feit dat hulle musiek so uit my era gesing het, het natuurlik heelwat daarmee uit te waai gehad dat ek die show terdee geniet het, maar die sangers was kookwater en die band ook!  Al vyf die kunstenaars wat gesing het sou die top 10 Idols laat bloos het en hulle sou sweerlik van eerste tot vyfde geindig het in die realiteitsprogram.

Ek is natuurlik die afgelope paar weke met my eie boikot van Afrikaanse musiek besig en dis omdat dit ‘n kulspul is van talentlose sangers en sangeresse wat nie een op ‘n verhoorg hoort nie, maar hulle bemarkingspanne hoort op die wereldkampioenskap van bemarkers!

Ek is van plan om ‘n expose te skryf oor Afrikaanse “kulkunstenaars” wat liedjies oorsee gaan leen, en net bloot in Afrikaans vertaal, of Afrikaanse woorde skryf vir sulke liedjies en dit aan die publiek afsmeer, en ons is tog te gretig om die gemors te koop en dan vergaan ware kunstenaars van die ellende en miskenning in hulle eie land.

Ek gaan jou so bietjie vertel wat gaan agter die skerms aan in ons musiekbedryf…. vertel van die gay mafia wat die vermaaklikheidsbedryf in die land beheer, ek gaan jou vertel hoe drie…. ja drie ‘kulkunstenaars’ dieselfde liedjie opneem, dis nou dieselfde wysie…. met drie verskillende stelle woorde, van drie verskillende platemaatskappye…

Ek gaan dinge bekend maak wat jy nie gaan glo nie!

Bottomline is jy kan nie bekostig om die ware geskiedenis van Afrikaanse musiek hier op my webwerf mis te loop nie. So bly net waar jy is, die volgende paar weke lig ek bietjie die sluier oor die siekte wat ek die Afrikaanse musiekbedryf noem!

Ons gaan kyk wie call die shots, die ware wie is wie, hoe kry mense dit reg om miljoene rande se gratis advertensies te kry, en hoe word die mededinging net eenvoudig deur mense in magsposissies by radio en tv kanale verpletter.

Is jy nuuskierig? Wel boekmerk hierdie webwerf en vertel jou vriende hiervan, so bietjie later die week dan begin ons sommer met die storie van die drie verskillende weergawes van “Dis Verby”, “as jy wil” en “eine Stern”….

Kom kuier weer…. jy sal wil!

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

4 Responses to Die sluier oor die Afrikaanse musiekbedryf…. gelig!

  1. Hou van jou logo en new look Wimpie! About time iemand praat oor die SA Afrikaanse musiekbedryf se “mafia” kaskenades. Ek lees graag.

  2. Gert James says:

    Jis Wimpie

    Ek weet presies wat jy bedoel met die “kulkunstenaars”. Ek was verpletter toe ek ‘n musiekvideo van 2 redelike prominente SA afrikaanse kunstenaars raakloop, dit terdee geniet het (soveel so dat ek die blerrie video download en speel vir elkeen wat sy voete in my huis sit) net pm ‘n week later uit te vind dat die hele stuk musiek ge-copy is van een of ander Skandinawiese groep in of ander moer koue land…net met Afrikaanse lirieke. Ek boikot nou daai twee kunstenaars…geheel en al.

    Ek wil natuurlik nie name noem nie want netnou is dit dalk twee van die kunstenaars wat jy wil uitlig.