Die musiekbedryf…. vervolg!

Ek is besig om nog al my feite mooi agtermekaar te kry so wees asb. nog ‘n rukkie geduldig, ek plaas binnekort al die “feite”.

Die nuutste trend in die “oorspronklike” Afrikaanse musiekbedryf…. of sal ek se in die “oorspronklike” Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is….. ja wag vir dit…. een siel het aan die blink gedagte gedink om ‘n musiekrolprent met sangsterre te maak en raai wat gebeur, waar daar geen of hoogstens ‘n Leon Schuster movie elke jaar Desember verskyn het, het ons wonder bo wonder weereens danksy die mense met die tjekboeke wat so mooi na-aap die jaar sommer nie minder nie as mmm ek weet nie eers hoeveel musiekrolprente nie…

Jakkalsdraai, the Racist, Hannah of montanna of something, Susanna van Biljon en ja ook Liefling…. sommer vyf in ‘n ry, want dit het vir een gewerk so kom ons jump daai bandwagon en maak musiekrolprente dat die sop spat in plaas daarvan om ons eie ding uit te dink!

Solank daar een of ander spog uithanggeleentheid, verkieslik by ‘n trendy Fashion Cafe waar ons celebs hulle nuutste designer outfits kan afshow saam met die jongste aanhangsel aan die arm…. verkieslik tien tot vyftien jaar jonger as jy…

Nou ja ek skryf lustig voort aan my expose…. dis oppad!

Die naweek is weer groot rugby wanneer die Noord/Suid derby hervat word as die WP en die Bulle mekaar op Loftus pak, ek sien baie uit daarna! Die Blou Bulle Rugby Unie moet erkenning kry vir hulle inisiatief om meer as 67 kamaras by Loftus te installeer om die bullebakke, belhamels en dronkaards in toom te hou.

Ek het baie in my lewe rugby gaan kyk by Loftus toe ek nog in Gauteng gebly het, ek het op ‘n stadium besluit om nie meer te gaan nie oor al die dronk ouens wat daar uithang en jou ma, kinders en meisie vloek…. in daai volgorde…

Well done Bulle om te probeer om ontslae te raak van die belhamels en om te probeer die stadium ‘n familie plek te maak, die beste ondervindinge van enige jong kannetjie se lewe is daai rugbygames om jou helde in aksie te sien saam met jou pa.

Dis ongelooflik hoe breindood mense kan wees sonder om aan ander mense en veral kinders te dink nie!

Later

Wimpie

This entry was posted in Die lewe, mense en dinge. Bookmark the permalink.

One Response to Die musiekbedryf…. vervolg!

  1. Eugene says:

    website lyk bevok