Selfone verander Radio!

Ek wonder soms wat het ons gedoen in die dae voor selfone, ja ek is oud genoeg om die selfoonlose dae te onthou…

Selfone het ons lewens so ingrypend verander dat ek soms wonder of dit ‘n goeie ding is. Iemand se nou die dag vir my ek het jou gebel en jy antwoord nie jou foon nie. Wel miskien is daar ‘n rede vir dit. Miskien het ek nie my foon by my gehad nie, miskien was ek besig of miskien wou ek net eenvoudig nie die ding antwoord nie.

Ek dink nie daar was enige tyd in die mens se geskiedenis wat daar al ooit so ‘n aanslag op ‘n mens se privaatheid was soos nou die geval is nie! Selfone, Facebook, Twitter alles en almal wil 24 uur per dag weet waar jy is en wat jy doen, saam wie jy dit doen of hoe jy dit doen.

Waar het jy al ooit gesien ‘n ding soos ‘n selfoon kan iemand se maniere so aantas soos dit ons s’n doen. Ek staan nou die dag in ‘n winkel en die assistent is besig om my te help toe haar selfoon lui en sy so waar die vet my net daar los om haar foon te beantwoord, wie het dit al ooit etiket gemaak dat jou selfoon belangriker is as iemand wat daar by jou, in jou winkel en voor jou staan??

Ek dink ‘n selfoon is ‘n noodsaaklike euwel, maar ek dink ook dit moet nie alles oorheers en veroorsaak dat jy anti-sosiaal raak nie, okay ek weet ek het al met my foon in geselsskap gesit en facebook en ek weet dis simpel….

Selfone en tegnologie is besig om alles te verander soos ons dit ken en baie binnekort gaan die hele musiekbedryf dramaties verander en die radiobedryf is volgende.

Ek skryf volgende week oor presies hoe selfone die radiobedryf soos ons dit ken ingrypend en dramaties vir altyd gaan verander!

Tot dan

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Selfone verander Radio!

  1. Fokk says:

    Ja Wimpie, ek is eens met jou siening oor selfone!

    Ek pes dit as mense my kontak en heel “snotty” ‘n boodskap los omdat ek DURF waag het om nie my selfoon te antwoord nie.

    Ek gebruik slegs my selfoon as hulpmiddel en as jy my nie op kantoor op my landlyn kry nie beteken dit mos ek is nie op kantoor nie – so moenie my pla nie, want ek is dalk in hin vergadering, ‘n besoek by my “proctologist” of kuier dalk by my skelmpie…..

  2. Danie says:

    Hallelujah jyt dit uiteindelik besef ! Die goed maak my siek. Selfone, saam met casinos en lottery is een van die hoofoorsake vir Suid-afrikaners se verarming. Mense spandeer tussen R500 en R4000 per maand op selfone. Weet jy hoeveel mense skuld niks op hul selfoonrekeninge, maar hul munisipale rekenings (water en ligte) is agterstallig met soms tot R 20 000 ! Dis n groot euwel en mens kan glad nooit meer ontspan nie, want selfs as hy af is stres jy oor hoeveel boodskappe daar gaan wees. Dis ook nog iets om ons status mee te meet. Ekt n Mercedes en n Aplle i-phone vs. Ekt n BMW en n Blackberry.