Selfaangestelde direkteure by radiostasies… pasop!

My vorige inskrywing het so bietjie geraak aan Selfone en die rewolusie wat in die radio bedryf wag binne die volgende paar maande.

Verby is die dae van luisteraars wat na ‘n radiosatsie moet luister want daar is nie ‘n ander keuse nie…

Die koms van die internet het hierdie prentjie totaal verander en soos bandwydte by ons al meer bekostigbaar en vinniger raak, so is die speelveld ook gelykgemaak vir radiostasies in Suid-Afrika….

Die internet kan nie gereguleer word nie wat beteken enigeen kan sy eie radiostasie op die internet begin teen ‘n fraksie van die koste van ‘n outydse ‘radiostasie’.

Al wat jy nodig het is ‘n mikrofoon, rekenaar en ‘n mixer saam met ‘n diensverskaffer wat jou kan laat stream en jy is in besigheid.

Al wat Suid-Afrikaners van Internet radio weghou is duur en stadige bandwydte, maar dis iets wat besig is om te verander.

Nuwe motors oorsee is reeds besig om uit te kom met Internet compatible radios, wat beteken dat jy na enige radio stasie in die wereld kan luister. Podcasts maak dit moontlik om enige program op enige stasie, enige tyd in die wereld te kan luister.

Weg is die dae van streeksradiostasies soos Jackaranda, 94.7, KFM etc. As jy in Johannesburg na ‘n Kaapse stasie wil luister is dit so maklik soos programmeer net die URL in en daar gaan jy.

Dit kan natuurlik verrykende gevolge vir radiostasies se advertensie inkomste he…. skielik gaan sekere radiostasies nie meer net kan staatmaak op luisteraars want luisteraars in hulle streek kan niks anders opvang nie…. weg is die dae van “lewenslange” lede op gemeenskapsradiostasies se Raad van Direkteure en in is gelyke mededinging en kompetisie. Digitale radio is nog iets wat teen 2011 in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees wat ‘n horde nuwe frekwensies beskikbaar maak en die groot dinosorusse van die Suid-Afrikaanse radiobedryf, ‘n ordentlike run vir hulle geld gaan gee.

Hoewel digitale radio opwindend is, beteken dit nog steeds dat dit grootendeels gereguleer sal word en steeds nie die speelveld heeltemal gelyk sal maak nie.

Internetradio is dus die toekoms van radio as jy oop is vir kompetisie. Teen huidige bandwydte koste beloop dit so byna R4 per uur om na Internetradio te luister, wanneer bandwydte onbeperk raak gaan hierdie koste dramaties afneem.

connect-ipod-car-stereo2Dis reeds vandag moontlik om deur middel van die sogenaamde “smart phones” soos die Iphone, Blackberry, Nokia ens. op Audiostreaming na enige radiostasie wat op die net bekikbaar is te luister.

Jy kan dus nou sommer in jou kar luister waarna jy wil. My Iphone het ‘n Iphone docking station in my kar waar ek net my foon inprop en instel op enige stasie wat Audiostream op die Internet. Sommer in ‘n japtrap kan ek na Howard Stern in New York in my kar luister oppad werk toe in Kaapstad.

Selfs al het jy kar nie ‘n docking station vir jou selfoon nie, is dit so maklik soos kry ‘n FM modulator wat sommer by jou sigaretaansteker inprop en op ‘n frekwensie op jou radio ingestel word en daar gaan jy.

Wat beteken dit alles vir die radio bedryf….. wel dit gaan ‘n rewolusie in die radio bedryf veroorsaak en wakker besigheidsmanne gaan ‘n fortuin maak…. Daar was nog nooit ‘n beter tyd om jou eie radio stasie te begin as nou nie. Dink maar terug so 20 jaar toe CD’s uitgekom het en die outydse plate vervang het.

Dink aan die elektroniese media waar daar geen tydskrif in die wereld bestaan wat by die elektroniese internet blogger Perez Hilton kan kers vashou nie. www.perezhilton.com

Hilton het ‘n Internet blog wat skinder oor die rykes en bekendes en kry so gemiddeld 5 miljoen trefslae per dag! Hilton het geen uitgawe vir papier en drukwerk nie en het ‘n jaarlikse inkomste van so $30 miljoen per jaar! Nie sleg vir ‘n outjie met ‘n skootrekenaar in ‘n koffiewinkel iewers in New York nie…

Dieselfde gaan met radio gebeur en ek sien uit daarna. Suid-Afrika, kry julle reg vir die groot Radio rewolusie, dis voor die deur en dit gaan vir gewone luisteraars ‘n groot veskeidenheid keuse bied…. weg is die groot mense wat julle so aan die neuse rondgelei het met wat hulle dink julle wil hoor en met koste van radio advertensie wat buitensporig is want daar is eenvoudig net nie ‘n alternatief nie….dank Vader daarvoor…. en pasop alle “lewenslange, selfaangestelde direkteure” van gemeenskapstasies en die Primedia’s van die wereld…. goeie gesonde kompetisie is uiteindelik oppad en ek is van plan om op die voorgrond daarvan te wees, soos met verskeie ander dinge, waarvan ek julle ook in die nabye toekoms meer van gaan vertel…. Tegnologie is hier om te bly… dankie Vader daarvoor!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Selfaangestelde direkteure by radiostasies… pasop!

  1. Fokk says:

    …. goeie gesonde kompetisie is uiteindelik oppad en ek is van plan om op die voorgrond daarvan te wees, soos met verskeie ander dinge, waarvan ek julle ook in die nabye toekoms meer van gaan vertel….

    EK KAN NIE WAG NIE!

  2. platkuif says:

    nou is ek ook nuuskierig