My naam is Wimpie … en JA ek ken rugby!

Ek het Maandag belowe ek verduidelik so bietjie my filisofie rondom rugby met julle. Jy sien vir my was rugby baie meer as net ‘n spel….. van kleins af al, ek het van Graad 1 af, toe ek die juffrou ‘n wedstryd uitgesaai het in plaas van ‘n storie vertel, reeds ‘n groot liefde vir die game ontwikkel.

Feit is ek ken elke enkele rugbyspeler wat vir elke provinsiale span uitgedraf het van 1970 tot 1985 en daarna is ek ook nie te sleg nie… Probeer bietjie die ene en nee jy kan dit nerens op die internet google nie, maar die van julle wat rugby ken sal die span dadelik herken:

Chris Luther, Keith Thorreson, Pierre Spies, Christo Wagenaar, John Knox, Len Gerber, Tommy du Plessis, Johan Marais, Thys Lourens, Piet Greyling, Moaner van Heerden, Louis Moolman, Daan du Plessis, Willie Kahts, Nick Bezuidenhout….

Dis Noord Transvaal se Curriebekerspan soos hy grootliks gelyk het in die middel jare 70′s. Jy kan dit maar gaan google en as jy ‘n website vind met hierdie info op laat weet my ook waar want jy kan dit nie kry nie. Ek ken dit uit my kop uit want dis waarin ek belanggestel het vir die grootste gedeelte van my lewe.

Kan jy nog Ian Buchannan, Danny, Delport, Ian Robertson, David Smith, Ray Mordt onthou, weet jy dat hulle die kern gevorm het van Rhodesie se rugbyspan wat in die Curriebeker hulle tuiswedstryde in Bullowayo gespeel het?

Onthou jy Jackie en Dawie Snyman, Roy en Ian McCullum, Chris Pope, Peter Whipp, Hennie Bekker, Div Visser en Neil Huge, Robert Cockrell, almal die kern van WP se span. Dan was daar Salty du Rand, Corrie Pypers, Kevin de Klerk, Dave Frederickson, Paul Bayvel, Gerald Bosch, Polla Fourie almal Transvaal.

Ons kan aangaan oor die Vrystaat se Pikkie du Toit, Wouter Huge, Ross van Reenen, Hansie Dercksen, De Wet Ras, Barry Wolmerans, Hermanus Potgieter, Gerrie Germishuys, Edrich Krantz en Gysie Pienaar.

Dan was daar Wynand Claassen wat sy loopbaan saam met Tommy Bedford en Alfie Cox in Natal begin het wat destyds maar B-Afdeling gespeel het.

Oos Transvaal of die Rooi Duiwels het sterre opgelewer soos Skip Henderson, Boet Mulder (Japie Mulder se oom), Jan Els (Die amper Springbok wat uit die span gelaat is vir Errol Tobias om ‘n donker gesig in die span te kry) Ertjies Durrheim, Piet Stofberg, Danie Nortje, Boesman Wilkenson en Kleinboet Fourie.

Daar was spanne soos Noord-Oos Kaap, Suidwestelike Distrikte, Suidoos – Transvaal, Griekwaland-Wes en Suidwes-Afrika, man dit was die dae, rugby was koning en ek het elke span, speler, afrigter en skeidsregter uit my kop uit geken, ek het geweet watter spanne speel tien man rugby wie speel totale hardlooprugby, ek het tot die toerspanne wat hier kom speel het uit my kop geken, doen tot vandag toe nog.

Onthou jy nog Andy Lesie se All Black toerspan van 1976? Onthou jy manne soos Bryan Williams, Doug Bruce, Grant Batty, Bruce Robertson, Syf Going, Ian Kirkpatrick en Billy Bush?

Die onoorwinlike 1974 Leeus wat net een wedstryd op toer nie kom wen nie en dit was die 13 elk gelykop laaste toets teen die Springbokke?? JJ Williams, JPR Williams, Andy Irvine, McGeegan, Phil Bennett, Gareth Edwards, Willie – John McBride, onthou jy die opgestopte Leeutjie wat hulle altyd op die veld mee gehardloop het? Weet jy waar is die Leeu tans?

Dan praat ek nie eers van die 1981 betogertoer in Nieu Seeland waar die wedstryd teen Waikato na twee ure se betogings afgelas is en waar ek en my broer 4 uur die oggend voor die TV vasgenael was on die game te kyk wat toe nooit plaasgevind het nie.

Kan jy onthou van die briljantheid van Naas, Botha, Divan Serfontein, Johan Heunis, Cqalla Scholtz, Jan Boland Coetzee en Jan Ellis om nie eers van ouens soos Morne du Plessis, Robbie Blair, Jan Schlebush of die du Plessis boeties te praat nie.

Ek het rugby ge-eet, geslaap en gedrink, ek weet dat WP die beker vyf jaar in ‘n ry gewen het en dat Noord-Transvaal in die 70′s die naaste daaraan gekom het toe hulle dit 4 keer in ‘n ry gewen het.

Na skool wou ek niks anders as sportjoernalis word nie en het Quintus van Rooyen, jy weet seker wie is hy ne! Rygbyskrywer van die Beeld en die amptelike houer van SA Rugby se statistiek, se assistent as statistiekhouer geword vir ‘n wyle, dit het behels om alle rugby te volg en telleings te dokumenteer en wie die punte aangesteken het, Klubrugby, skolerugby en provinsiaal en JA, internasionaal! 

Op daai vlak ken jy die ouens op die punte van jou vingers wat meer van rugby af weet as jy, die ouens wat meer geweet het as el was Neil Steyn, Quintus van Rooyen, Johan Volschenk, Andre Bester en miskien nog so ‘n handjievol manne wat baie ;langer as ek in die land was.

Jy weet jy weet alles wat daar te weet is wanneer die manne jou 2uur, drie uur of 4 uur in die oggend uit die kroeg uit bel om te vra wie was nou weer daai ou wat senter vir Transvaal gespeel het en toe seergekry het en toe nooit weer gespeel het nie? “Jy weet mos daai ou met die donker hare, buitesenter hy was langerig gewees, ek het vir die ouens gese as daar een ou is wat weet is dit jy en daar is ‘n hengse weddenskap daaroor aan die gang, kom nou Wimpie man wie was dit nou weer” Uhm dit was Heinrich Fuls…. “JA!!”

Okay dis hoekom ek rugby ken, dis hoekom dit nie iets is wat jy net weet omdat jy die Blou Bulle of die Vrystaat of die WP support nie….. dis kennis wat jy opdoen wanneer jy rugby eet, slaap en drink….

Ja fokker, ek ken my rugby, ek weet waarvan ek praat en jy wat skaars ses ouens in jou eie span ken wil my persoonlik kom aanvat en my vertel ek weet niks van rugby af nie…. Hehehe, ek gaan beter wees as dit en net glimlag, maar voor jy weer ‘n comment oor iets so heiligs soos rugby op ‘n openbare forum soos Facebook waag skryf….. Lees eers gou weer die stukkie hierbo en besluit hoeveel weet jy rerig van rugby af en skryf dan jou groot wyshede vir ons neer toe!

JA EK IS WIMPIE VAN DER SANDT, STUDENT VAN DIE SPEL RUGBY, EN JA EK KAN PRAAT WANT EK KEN RUGBY! AS JY IETS WIL WEET VRA MY VOOR JY DIT WEER DURF WAAG OM MY OP FACEBOOK TE VLOEK OOR JY BOGGEROL VAN DIE GAME AF WEET NIE!!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

9 Responses to My naam is Wimpie … en JA ek ken rugby!

  1. Danie says:

    Om nie eers te praat van al die trane wat ons al gestort het met die sing van volksliedere voor n toets, of wanneer die bokke verloor het nie. Jip…mooi gestel so Fu*&^ them all !!

  2. Fokk says:

    Sjoe Wimpie – jy ken waaragtig jou Rugby my ou!!!!!

    EK stem saam met Danie hierbo: “mooi gestel so Fu*&^ them all !!”

  3. Morras says:

    En dan se hulle ouens wat hul rugby ken support die bulle…. K@K man hul support PROOOOOOOVVVVIIIINNNNNCCCCEEEE !!!!!!!

  4. platkuif says:

    fantasties,as iemand met ‘n groot kennis van rugby kan jy my dalk help met die antwoord op hierdie netelige vragie….wat de fok soek januarie nogsteeds in die bokke se match 22?

  5. Fokk says:

    Platkuif – vir presies dieselfde rede hoekom jou grootste held (Earl Rose) vir die Lions speel…..

  6. Griffel says:

    Sal ek nou ‘n paar bekendes hier raaklees.

    Goed gestel Wimpie ;)