Mense en kopwurms…

Die laaste paar maande in my lewe het gesorg dat ek belangrike lesse leer oor die lewe, mense en dinge.

Die eerste en mees belangrikste les is om nie met mense se lewens te speel nie, almal is maar emosionele wesens en almal sal veg as hulle bestaan bedreig word, dis alles maar net die feite van die lewe en hoe dinge werk.

Mense is interessante kriature op die beste van tye en is soms warm en soms koud. Wat maak mense tick? Wel verskillende goed is die beste antwoord waarby ek kan uitkom, vir party is dit seks, vir ander geld, vir ander mag, maar vir almal van ons is dit erkenning. Erkenning vir dit wat jy gaan doen, gedoen het of sommer net vir wat en wie jy is.

Ons het nodig om verseker te word van ons stand in die samelewing en waar ons inpas. Ek weet nie wat die rede is hoekom ek vandag so voel nie, dis maar net weer een van daai dae waar ek dink dis belangrik om te gesels met die mense in jou lewe en vir almal te verseker van hulle belangrikheid in die ekosisteem wat jou lewe is.

Soms doen ek maar dinge soos ek voel ek moet dit doen dis nie beplan nie, ek skryf soos dit in my kop inkom, ek weet baie mense het die afgelope tyd op my staatgemaak en ek weet as gevolg van omstandighede totaal buite my beheer, kon ek net eenvoudig nie almal gelukkig maak nie.

Dis die grootste teleurstelling wanneer jy mense teleurstel wat jy rerig nie wou nie en jy het nie beheer daaroor nie. Op die einde van die dag is daar net een persoon wat dit kan regstel en dit is jyself. Die beste wat jy kan doen is om te vertel wat aangaan en dan maar dinge in plek te stel om alles te probeer regmaak, meer as dit kan mens nie doen nie.

So gaan vandag en vertel vir die mense na aan jou waar pas hulle in jou lewe in!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Mense en kopwurms…

  1. Ina van Staden says:

    Dit is baie ware woorde. Jy, Danie, jul gesinne en ouers pas by my lewe in want al krap ons mekaar soms om het al jul van der Sandtjies ‘n groot rol in my lewe gespeel, en daarom is ek vir julle baie lief. Ek is so bly jy klink deesdae weer positief jy het my maar bekommerd gehad.