Kaap…. my huis!

facebook

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Spesiaal vir al die FB verslaafdes onder julle!

Ek het ‘n heerlike naweek propvol werk en familie gehad, Wian is ‘n yster en het 41 nie uit nie met die kolf aangeteken teen ‘n ander skool, ek was gelukkig om so die laaste halfuur van sy beurt te sien, ek het ook tyd gehad om te lunch saam my dogter wat nou skielik besig is om te ontpop in ‘n beautiful jong dame….

Ek wens ek kon se alles in Wimpie – wereld is klopdisselboom, maar helaas ek is nog nie by daai punt nie. Een ding wat ek egter weer besef het is die Here het ‘n doel met elkeen van ons se lewens en hoewel ons dit nie altyd verstaan nie moet ons dit kans gee om te gebeur voordat ons dit sal verstaan…

Sondagaand saam my broer na ‘n gospelband, Harbourlight, by hulle kerk gaan kyk en hulle was net eenvoudig awesome, beter as 95% van die twak wat die Afrikaanse musiekbedryf byna daagliks in ons keelgatte afdwing…

Ek voel weer of daar ‘n doel is met my lewe, en hoekom ek in die Kaap is, een ding weet ek elke keer al hoe meer wanneer ek van Johannesburg af kom, dis nie meer my huis nie… Ek kan nie meer myself indink dat ek ooit weer daar sal kan bly nie, dis net nie meer wat dit eens vir my was nie.

Ek het harde bene gekou hier in die mooiste Kaap maar ek weet dis nou my huis en ek sal nie weer teruggaan Johannesburg toe nie, ek kan nie meer aanpas by die lelike dorpe en gejaagde lewe nie, ek begin na net twee dae onttrekkingsimptome kry en soek met alle geweld die see en die berg….

As mens nooit in die Kaap gebly het nie sal jy dit straks nie verstaan nie. Ja ek is klaar laid back en ja ek vermoed ek kan ook nie meer bestuur nie en daar is ‘n kans dat ek nou volkome geklimatiseer het, en ja ek dink Gauteng is plat en lelik en stowwirig en ja ek kry almal jammer wat daar bly, en ja ek is klaar ‘n Kaapse snob, so what!

Wian is siek, sukkel met ‘n oordrom wat byna gebars het, ek mis my kinders en gaan sodra ek meer gereeld geld kry, verskoon die optimisme, sorg dat ek hulle meer sien. Janine kom darem van volgende jaar af Kaap toe om te kom studeer en dan gaan ek baie van haar sien.

Ek het ‘n gevoel my broer hulle gaan ook voor die einde volgende jaar sak en pak in die Kaap wees… kom ons kyk maar.

Ek los jou met Dozi se woorde:

“As jy deur hel gaan moet jy net aangaan, hou aan beweeg jy sal wel deur dit kom nog voor die duiwel weet jy is daar”!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Kaap…. my huis!

  1. Ina van Staden says:

    More, dit is goed om te sien jy klink weer positief en optimisties.

    Ek dink ook jy het ‘n pragtige dogter. Hulle is kosbaar.