Tyd vir herlaai…

Wel my naweek kuiertrjie in Gauteng het toe amper in ‘n week uitgedraai, aanvanklik kon ek nie verstaan wat die doel van die oefening was nie, maar vandag verstaan ek beter, ek was gedaan en uitgemergel en moes myself gaan vind, afskakel en tyd saam my familie spandeer om weer die baterye te herlaai…

Ek is terug in die Kaap wat baie van sy bekoring die laaste paar weke (maande) vir my verloor het. Ek het nooit gedink ek sal so iets se nie maar somsĀ  wanneer dinge nie gaan soos jy wil he dit moet nie haal jy jou woede soms onregverdiglik teen die omgewing waarin jou omstandighede plaasvind, uit…

Gelukkig het my broer ‘n verstandige kop op sy skouers is is minder geneig as ek om emosioneel na dinge te kyk. Ek raak baie gou emosioneel betrokke by dinge wat vir my na aan die hart le en dit wat ek die laaste paar maande deur is, is baie emosioneel en na aan die huis… ek vertel tog eendag die storie, maar vir nou is dit elke soldaat vir homself en is oorlewing die eerste en enigste prioriteit, die oorlewing van myself en my mense…

Dankie Danie ek het lekker gekuier by julle dankie vir die woorde van bemoediging en dat ek altyd maar altyd op julle knoppie kan druk en weet dat dit die absolute laaste uitweg sal wees.

Ek mis my kinders geweldig baie en elke totsiens se is erger as die vorige een, miskien is dit omdat ek tans nie op ‘n goeie plek in my lewe is nie, ek troos my daaraan dat die somer na elke winter tog weer sy verskyning maak en dat daar mense is wat vir my omgee en wat wil he ek moet ‘n sukses van alles maak….. net so is daar natuurlik altyd diegene wat wens jy maak dit nie….

Dis juis dit wat my in die verlede so gemotiveer het wat die keer ontbreek, ek gee net eenvoudig nie meer om wie wat se nie. My eie oorlewing vir die mense rondom my wat op my staatmaak is al wat saakmaak op die stadium, ons sal aanhou veg tot die einde weet dit maar en weet daar is nog baie baklei oor in hierdie outjie…. die fat lady het nog nie begin sing nie!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Tyd vir herlaai…

  1. Danie says:

    Nou Praat jy !! Never give up, and never say die, en niemand mors met n Van der Sandt nie ! Onthou ons is altyd hier, net n oproep of vlug ver.