Springbokke en Idols

Elke jaar, min of meer die tyd gesels ons oor Idols, elke jaar die tyd lag ons en hoop ons dat daar die keer iemand Idols gaan wen wat moontlik werklik ‘n impak in die musiekbedryf kan maak….. en elke jaar word ons teleurgestel.

Wat is die groot verskil tussen ons Idols en Amerika se Idols, hoekom is daar soveel Amerikaanse Idols wat dit ‘maak’ en hier by ons maak nie eers die wenners dit nie en moet vorige wenners of top 10 deelnemers almal eventueel maar Afrikaans begin sing om ‘n bestaan te maak…

Heinz Winkler, Anke Pietrangeli, Karen Nortje, Jody, Jason Hartman en Saha Lee is almal vorige Idols wenners maar is absoluut nerens nie behalwe vir bietjie plaaslike sukses maar niks om oor huis toe te skryf nie. Hoekom is dit?

Ons het tog net soveel talentvolle mense in Suid-Afrika op ander gebiede as sang…. Ek dink die probleem in Suid-Afrika le nie soseer by die deelnemers nie, ek dink die probleem le by die beoordeellaars wat nie raakvat met die kiesproses nie.

Die enigste konstante “sterre” van Idols is Randall, Mara en Gareth, het hulle nie miskien te ‘groot’ geraak vir die reeks nie, is dit nie miskien tyd om heeltemal nuwe mense te kry om die talent raak te sien nie, het hierdie mense nie nou al ses jaar gehad om te bewys hulle kan talent raaksien nie? Die mislukking van die Suid-Afrikaanse Idols is indirek die mislukking van Randall en kie… en daarom gaan ons weer nie vanjaar ‘n Idol sien wat die wereld aan die brand gaan sing nie.

Dis nie ‘n kuns om diegene te sien wat glad nie kan sing nie, dis ‘n kuns om die gemiddeldes te herken met die potensiaal om groot te kan word, ek het nie ‘n vreeslike probleem met die top 100 nie, ek het n probleem met die wat twee uit vier stemme kry en wat net met bietjie skaafwerk BAIE groot kan gaan en die beoordeellaars se onvermoe om daai talent raak te sien.

So ja, nog ‘n jaar, nog ‘n crap Idols, wat is nuut?? Steve Hofmeyr se selferkende tweestryd met Mara, hy het dit op sy blog erken, beteken dat selfs hy kredietwaardigheid ingeboet het. Op Idols Ekstra gisteraand vertel hy vir ‘n volle vyf minute vir ‘n deelnemer hoe goed sy is en mooi sy sing, Mara stem ja en toe sy beurt kom om te stem se Steve nee, tot die ongeloof van Randall…

Idols? Blah, Blah, Blah, fishpaste, same old, same old…

Kris Allen -- So klink ‘n regte Idol (American Idol wenner)

Springbokrugby…. ai tog, wat ‘n teleurstelling. Om eerlik te wees die skrif was reeds einde verlede jaar teen die muur met die tragiese einde van die jaar toer deur Europa, die vertonings van die Stormers en die Bulls…. wat albei die huidige Springbokspan ‘n deeglike loesing sal gee, het ons ‘n vals gevoel van selfvertroue gegee.

Feit is, die bokke lyk vet oorgewig, spierpaleise, pretty boys en non-comitted… Dat daar fout is, is ‘n feit, dat de Villiers besig is om droog te maak met spankeuses en in sy denke oor die span is ‘n feit, dat een of twee sleutelspelers wat beseer is ‘n hengse verskil kan maak is ook ‘n feit, dink maar aan Fourie du Preez, maar dat van die senior spelers te veel gewig dra in die span, verskoon die pun, is net so waar.

Miskien moet die seniors nie meer toegelaat word om die span te kies en af te rig nie…

Ouens soos CJ van der Linde, John Smit, Victor Mattfield, Flip van der Merwe, Danie Rossouw, Pierre Spies, Ricky January, Jacqe Fourie en selfs Bryan Habana, lyk net eenvoudig ‘te’ groot en lomp en nie vlugvoetig genoeg nie, die Bokke lyk soos sumo wrestlers…

Kan ons dit omdraai, ek is bevrees nie in die drie nasies nie en nie met die huidige groep spelers en afrigtingspan nie… As ons wil saampraat in aanstaande jaar se wereldbeker gaan die koppe moet rol… maar nou ja, ons kan seker nie elke jaar wen nie, miskien het ons met die All Blacks ooreengekom dis hulle beurt want dis volgende jaar by hulle…

Op ‘n persoonlike noot, dinge sal die week meer duidelik word wat my toekoms in die Kaap aanbetref, ek gesels later in die week daaroor aangsien ek so bietjie later die week ‘n vinnige draai in Johannesburg kom gooi!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.