Sokkerbekeer…. Robben bo Bakkies enigetyd!

Wel ek dink die hele land gaan so bietjie met ‘n sokkerbabalas sit die week…

Wat ‘n skouspel en almal se stoutste verwagtinge is oortref, moet se ek het nogal geniet dat die pers gedurende die toernooi weggebly het van sensasionele beriggewing oor misdaad, dat Beeld nie kom wag om weer vandag twee misdaadstories op die voorblad te he nie, is ‘n teken duidelik soos dagbreek dat die wittebrood verby is en dis weer business as usual…

Terug na die wereldbeker, daar sal seker baie nabetragting wees oor wat presies dit vir die land beteken het en hoeveel geld gemaak is en hoeveel nie. Feit bly staan uit ‘n PR oogpunt en met die reklame, positiewe reklame, wat oor Suid-Afrika gegenereer is, was die wereldbeker ‘n klinkende sukses en het ons gewys wat ons op die wereld se grootste verhoog kan regkry.

Die toernooi self het my op die punt van my stoel gehad en aan my gewys hoekom Sokker die grootste sport in die wereld was. My hart is seer omdat Holland nie gewen het nie, ek is al sedert die dae van Cruyff, de Boer, van Basten Rijkaard, Gullit, van Nistilrooy en van der Sa ‘n vurige ondersteuner van Nederlandse sokker.

Die eindstryd was tussen twee spanne wat ewe honger was vir sukses aangesien nie Spanje of Nederland van tevore die beker omhoog kon hou nie…. met soveel op die spel sou dit nooit ‘n mooi skouspelagtige wedstryd wees nie, dit sou altyd kliphard en sonder genade wees en dis presies wat die toeskouers en die ondersteuners gekry het…

Op die dag kon enigeen van die twee spanne gewen het en dit was dan ook eers in die laaste vier minute van ekstratyd wat Spanje die Hollanders op die kniee kon dwing, ‘n getuigskrif van die grootsheid van die oomblik en presies wat op die spel was….

Op die einde het Holland net soveel kanse gehad om te wen, Robben het twee kanse verbrou wat hy seker 8 uit 10 keer sou benut het, maar dis hoe dit gaan, niemand gaan seker vandag stry dat Spanje die trofee verdien het nie, as souspel is ek oortuig en is ek ook nou ‘n sokkerbekeerde!

Met die sokker het die begin van die drienasies aangebreek sonder dat mens werklik notisie geneem het, en ons is met ‘n bang terug na die aarde toe geruk… om jouself die titel van “beste span in die wereld” toe te teien moet jy meer doen as net daaroor praat….

Daar was ‘n hele facebook debat omdat ek gese het Bakkies Botha is ‘n vuilgat en hoort nie vir die Bokke te speel nie…. Onmiddelik het die eenoogige Bloubul ondersteuners onder my ingevaar, maar ek se altyd mens kan nie met die feite en die statistieke stry nie.

Bakkies se rekord lyk soos volg die laaste jaar…..April 2009: Vyf weke-skorsing vir gebruik van die elmboog teen Phil Waugh in Super14-wedstryd in Sydney. Ná appèl verkort tot drie weke.

Mei 2009: Uitgewys in Super14-wedstryd teen die Sharks. Vrygespreek.

Julie 2009: Geskors vir twee weke oor onwettige skoonmaak van ’n losskrum waarin Adam Jones beseer word.

Mei 2010: Uitgewys en vir vier weke geskors ná ’n kopstamp op Gio Aplon in ’n Super14-wedstryd teen die Stormers op Nuweland.

Julie 2010: Uitgewys en vir nege weke geskors vir kopstamp op die All Blacks-skrumskakel Jimmy Cowan.

Nou ja is dit die tipe speler wat jy wil he moet Springbokrugby verteenwoordig en waarvoor die groen en goud trui staan verneder met sy blatante vuilgatgeid….

Die werk wat deur manne soos Jannie Barnard, Danie Craven, Morne du Plessis, Naas Botha, Francois Pienaar en elke ander Springbok wat al daai trui aangetrek het gedoen is, word deur een poephol en ‘n jaar ongedaan gemaak…. ek is jammer, dis nie aanvaarbaar nie, Springbokrugby is groter as Bakkies Botha, die Bloubulle en enige ander entiteit/persoon…

Bakkies verdien om nooit weer die eer te he om daai Springboktrui oor sy kop te trek nie en klaar PUNT.

Die feit dat hy ‘n arrogante Bloubul is, is ‘n bysaak!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.