Huil help nie…

Ek weet ek blog min deesdae maar ek is seker daar is maar min van julle oor wat nog my blog volg en dis goed so ek verkies om bietjie ‘n laer profiel te he en myself te vind in hierdie warboel wat ons die lewe noem!

Dinge gaan maar rof aan die kant en alles is nie net maanskyn en rose nie, inteendeel, ek kan juis bietjie doen met rose en maanskyn hehe.

Anyway ek is nie ‘n quitter nie en is nie van plan om sommer net tou op te gooi nie.

Ek wens ek kan alles wat die laaste vyf maande fout gegaan het verduidelik en aan die wereld bekend maak, maar soms is dit maar net beter om die houe te vat en net aan te gaan, ek is by ‘n punt in my lewe wat ek eintlik maar ‘n veer voel oor wie wat dink en se, solank ek weet wie en wat ek is en wat rerig aangaan is dit maar reg so!

Kom ons volstaan maar net met die feit dat ek lewe, ek aangaan, en dat ek nie van plan is om op te gee en terug te trek JHB toe nie. Ek is hier en moet net eenvoudig dinge maak werk, dis al.

Eendag vertel ek dalk die storie, dis ‘n interessante een…

Lekker naweek, mag die Bokke en die WP almal wen die naweek!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.