Hoop…

When times are tough friends are few and foes aplenty…

Ek weet al die dinge van ek moet positief bly en en en en, maar soos ek gister vir iemand se, it’s only funny till it happens to you…

Dit het my die laaste tyd ook die tyd gegee om selfondersoek te doen en te probeer uitwerk hoekom sulke dinge altyd met my gebeur meer as met enigeen anders… wel ek het nie die antwoorde nie, as ek dit gehad het sou dinge baie anders gewees het as wat dit vandag is.

Die nice ding is dat dit volgens die wet van gemiddeldes nie altyd so kan aangaan nie en dat die wiel bietjie moet draai ook, die vraag wat niemand nog kon antwoord nie is hoe groot is die wiel en hoe lank gaan hy vat voor hy draai, en teen watter spoed draai die wetterse ding…

Ek het baie oor myself geleer die afgelope tyd veral oor wat dit vat om enige redelike mens te laat breek en wat dit vat om diep te kan delf en die beste uit jouself te kry en wat jou tollerance vlakke is…

Die probleem is egter as mens so diep oor die afgrond is dan kan jy nie ver genoeg opkom om te sien wat is aan die ander kant nie, jy is so besig om vure dood te slaan en te probeer oorleef dat jy nie meer weet watter kant toe nie. As mens nog jou lewe opgeoffer het is dit selfs moeiliker om weer op te staan en oor te begin.

Dis veral erg wanneer jy in ‘n omgewing is waar jy nie ‘n ondersteuningsstruktuur om jou het nie. Daar is nie iemand om mee ‘n bier te gaan drink en sommer net mee te gesels nie, jy moet alles alleen uitsorteer en jy moet alles alleen deurgaan en jy begin bande smee met mense en verhoudings bou met mense omdat jy net eenvoudig desperaat is om nie alleen te wees nie.

Ek verstaan dit van myself, waarskynlik beter as wat enigiemand anders dit doen, veral die laaste tyd…

Feit bly staan om hier uit te kom het mens al die ondersteuningstrukture nodig wat jy jou hande op kan le, as jy dit nie kry nie voel jy soos ‘n mislukking en sak jy al dieper in die verderf in.

Ek is lankal nie meer bitter nie, ek is lankal net moedeloos en weet nie meer watter kant toe om te draai nie, hoop is ‘n snaakse ding en as mens dit verloor het bly daar niks meer oor nie, so die belangrikste ding om aan vas te hou is juis dit, want dis al wat jou kan motiveer om aan te gaan…

So ja ek het nog hoop want sonder dit kan mens nie bestaan nie.

Don’t take away a mans hope…

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Hoop…

  1. Ina van Staden says:

    Wimpie ek wens ek was naby om jou net ‘n drukkie te gee. Jy moet sterk staan en moenie moed verloor nie. Ek weet hierdie kant is jou broer en moeder hard besig om jou in hul gebede te dra. Moedeloos en moed verloor is die duiwel se duurste stuk gereedskap. Ek dink aan jou.

    Liefde