Griep

Snaaks hoe mens in ‘n kwessie van net ure siek soos ‘n hond kan raak!

Ek weet nie of ek my verbeel nie maar Griep deesdae is ‘n baie groter issue as in die verlede, dis asof dit net jou baie meer siek maak as in die verlede, nog nooit kon ‘n griep my vier dae aanmekaar in die bed hou nie, tot nou toe!

Dit tesame met ‘n goeie dosis bullshit, is besig om sy tol op my te eis en veroorsaak dat die eens lewenslustige Wimpie van der Sandt wat ek geken het, plek gemaak het vir iemand wat ek self nie so goed ken nie…

Quo Vadis?

Dis die vraag wat die week beantwoord moet word en deur niemand anders as myself gedoen kan word nie, tyd vir daadwerklike optrede het aangebreek, dit kan nie met nog ‘n week uitgestel word nie.

Terwyl ek met hierdie vraagstuk worstel, probeer ek gesond word!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.