Dis “do or die” week…

Ek sukkel tans met die begrip van daar is ‘n doel met alles, miskien is dit omdat ek nie op die oomblik heeltemal reguit kan dink nie en gevolglik nie die doel agter alles kan insien nie al wil ek ook hoe graag.

Alles was so bestem vir my om Kaap toe te gaan en alles het so in plek geval vir my om hier te wees dat ek werklik nie kan dink dat die enigste rede was vir my om alles wat ek besit te verloor nie. Dan word ek kwaad en verstaan nie hoekom dinge so moet uitwerk soos dit besig is om te doen nie.

Die week wat voorle is een van belangrike besluite wat ek gaan moet neem, niemand anders nie, something’s gotta give en ek persoonlik kan nie dit nog ‘n week sien aanhou nie. Ek gee dit nog ‘n week aangesien ek dink ek is dit aan myself verskuldig en dan is dit tyd vir ernstig besluite neem en ernstig stappe neem om te verseker dat ek darem nie heeltemal alles verloor in die lewe nie.

So as ek dalk nie die week so baie blog nie, weet maar net dis tyd vir belangrike besluite en ek het die tyd nodig om die besluite te neem wat ek moet.

Die sokker van die afgelope naweek was eenvoudig ongelooflik. Ek het van die begin van die toernooi gese Nederland gaan die beker wen en het reeds einde 2009 my Nederland ondersteunersbaadjie gekoop…. Die Hollanders se wedstryd teen Brasil was net eenvoudig skitterend, die tweede helfte van daai wedstryd het my op die rand van my stoel en die meeste van die tyd op my voete gehad. Ek begin dink sokker is baie meer opwindend as rugby!

Ditto vir die wedstryd tussen Ghana en Uruguay. Soveel drama kan jy in geen rugbywedstryd kry nie. Die Afrikane was baie ongelukkig en het nie verdien om so te verloor nie, maar dis die game, net soos die lewe…..nie altyd regverdig nie!

My voorspelling is ‘n final Sondagaand tudden Nederland en Duitsland en ek staan by Nederland om hulle eerste nostalgiese wereldbeker om baie nostalgiese redes, hier in Suid-Afrika te wen!

Dis do or die week….. in die wereldbeker….. en in die Kaap…

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Dis “do or die” week…

  1. Ina van Staden says:

    Sterkte Wimpie

  2. Danie says:

    Do is the ONLY option…”die” is not an option